Mei/May 2022 Jaargang 31 No 2
Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za
Freeway is now an Overland franchise Supermarket
Lots of specials every month!
Contact Alberto 0763157688
2
De Wildt Nuus
Mei 2022
Mei 2022
3
De Wildt Nuus
INHOUDSOPGAWE Lief en leed 3
‘n Klipgooi weg 11
Redaksiebrief 4
TLU Jongboer-konferensie 12
Begraafplase in De Wildt
Pyn en ly(ei)ding en littekens
5
13
De Wildt neem afskeid van Manie Lemmer 6
Die Magaliesberggebied 15
Animal disease outbreaks
7
VLU nuus
16
Wat is noodhulp? 8
VLU nuus
17
DWBV nuus 9
Laerskool Vissershoek-nuus
18
DWBV nuus 10
Margaret Roberts Herbal Centre
19
LIEF EN LEED Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan diegene wat siek was of nog is. Dan is ons ook bly saam met diegene wat lief ondervind het.
Oorlede
In die hospitaal
Caroline Roux se moeder is oorlede Pierre Kotze (oudinwoner) Lee-Ann Rossouw se vader
Tannie Annetjie vd Merwe Linda Labuschagne Judy Schoeman
4
Mei 2022
De Wildt Nuus
REDAKSIEBRIEF
REDAKSIELEDE Hanna Scribante - Voorsitter 083 417 4699 Suzette Pëtersen - Sekretaresse 081 780 0426 De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adéle du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk 079 424 7411 Elmien Botha -082 899 7417 Suzette Pëterson - 081 780 0426 De Wildt Boerevereniging Phil Louw – 082 335 5910 De Wildt VLU Elma Human - 082 500 4066 Addisionele lede Jan Lemmer 083 256 8266 Rina Bester – 071 110 6907 Laerskool Vissershoek Lee-Ann Rossouw – 073 817 0323 Drukker: APK Wonderboom 012 527 0513 Wonderboom@apk.co.za
De Wildt Nuus Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam . Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Suzette Pëterson - 081 780 0426 Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.
Liewe lesers Reen, reën Lieflike reën… Ja, ons was die afgelope somerseioen baie geseënd met lieflike reëns en ons harte en die natuur het gejubbel. Die herfs is amper verby en die winter is op hande. Helen Steiner Rice skryf in haar gedig “Soos die natuur het die siel ook seisoene” die volgende: Voel jy soms swartgallig, hartseer en bedruk, En verlang jy na sorgvryheid, vreugde en geluk? Dan vra jy ook seker dikwels waarom, Daar sulke ou triestige dae moet komWaarom die lied in die hart stil moet raak Vra dan vir God om dit duid’lik te maak En Hy sal in Wysheid en liefde verklaar: “die siel het seisoene net soos die jaar, Sy herfs wanneer alle groeikrag kwyn, Voor die winter met ysige asem verskyn; Maar dan kom die lente vol lewe en hoopGevolg deur die somer in groeivog gedoop. En o, hoe vertroostend, as ons kan verstaan Dat die siel nes die natuurdeur seisoene moet gaanTye van droogte en tye van reënDie goeie reëns het gemaak dat die veld buitengewoon geil gegroei het en die brandseisoen met veldbrande is op hande. Ons doen asseblief ‘n beroep op die hele De Wildt gemeenskap, tref asseblief voorsorg, sny die gras om julle huise, sny brandbane om julle plekke en maak voorbrande. Kom ons vat hande en werk saam. Die nuwe De Wildtnuus redaksie het op 31 Maart vir die eerste keer vergader. Ons is opgewonde oor die entoesiasme, positiwiteit
en goeie gees wat daar geheers het. Ons verwelkom vir Suzette Piëtersen en Lee-Anne Rossouw, die 2 nuwe lede. Rina Bester is ‘n ou hand, wat al in Desember 2000 saam Annie van der Watt die De Wildtnuus vir ‘n paar jaar hanteer het. Phil Louw is ook weer terug nadat hy ‘n paar jaar gelede op die redaksie gedien het. Jan Lemmer, Adele du Toit, Douw van Wyk en Elna Human was die afgelope paar jaar deel van die redaksie. Maart 2022 De Wildtnuus: Daar was redelike goeie kommentaar oor die Maart uitgawe. Groot asseblief! Ons kyk ons oë seer vir pos. Soos daar al vorige kere gesê is: Hierdie is die spreekbuis vir De Wildt se inwoners. Idees, kritiek – positief en negatief, interessante nuus, belangrike datums ensovoorts is baie welkom. “Eendrag maak mag”, en as ons as gemeenskap betrokke kan raak en mekaar beter kan leer ken, is die stryd halfpad gewonne. Ons sê dankie aan ons adverteerders. Daar is 4 adverteerders wat al sedert die negentiger jare adverteer. Nel Apteek te De Witslaan Brits het in 1993 al begin adverteer. Hulle het toe al gratis in die De Wildt en omgewing afgelewer. Deesdae is dit die Arrie Nel Apteekgroep met 5 apteke . Baie dankie aan julle. Easy Build de Wildt adverteer ook al sedert 1993 ononderbroke. Dankie Julle. GG motordienste adverteer sedert 1998. Dankie Gawie. Freeway adverteer al sedert 1994, alhoewel dit van eienaars verwissel het. Dankie Alberto. Die volgende De Wildtnuus verskyn in Augustus 2022 en die sperdatum vir artikels en advertensies is 15 Julie. . - Hanna Scribante nms Redaksie
Dankie aan ons adverteerders en hul ondersteuners Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit
R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00
Nuwe De Wildt Nuus Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam
Maart/March 2022 Jaargang 31 No 1
Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za
Freeway is now an Overland franchise Supermarket
Lots of specials every month!
Contact Alberto 0763157688
Mei 2022
5
De Wildt Nuus
Begraafplase in De Wildt Linda Bester Die GGSA (Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika) loods ‘n projek om alle plaasbegraafplase te dokumenteer, aangesien grafte gevandaliseer of vernietig word. Dit word op die eGGSA-webwerf geplaas. Op saterdag 26 Maart 2022 het van die Noord-Transvaalse taklede De Wildt besoek. By afrit 59 is die grafte in algehele verwaarlosing en moes hulle skoonmaak om foto’s te kon neem. Van die graftskrifte kon glad nie gelees word nie en ander slegs gedeeltelik. Daar is ongeveer 31 grafte. Van die vanne is Fourie, Horn, Groe-
newald, Booyse, Roets en O’Kelly. By die Lutherse Sendingbegraafplaas daar naby (langs die M21) is die grafte van sendelinge van die Lutherse Genootskap. Die grafte is die van onder andere Niebuhr, Danzfuss en ‘n kind Sylvia Taillard. Daar is ook ‘n Oberholzer begrawe. Op ‘n later stadium sal die begraafplase wat nog nie op eGGSA verskyn nie, ook gedoen word. Grondeienaars waar ou grafte is, word uitgenooi om met Linda Bester by 072 349 1697 kontak te maak sodat die grafte besoek en gedokumenteer kan word.
De Wildt – Wat is daar om te sien en doen / What to see and do? Rina Bester
Prickly Friends Prickly Friends is a small family run business and opened their doors to the public on 19 March 2022. Trading hours Thursday to Saturday 09.00-16.00 Sunday 10.00-14.00 Please call to open gate. Any other days available by appointment. Join Prickly Friends for a visit filled with Cacti, succulents, pots and lots of family friendly fun. We showcase our most beautiful plants suited for every garden and every home and have a R10 corner and if you just want to come and have a look feel free. Kids can come and pot their own plant to take home. Beautiful pots and stained glass will be available for purchase. Contact us on email - apricklyfriend@gmail.com or WhatsApp - 072 632 4336 Directions: Plot 32 Patryshoek AH Look out for banners on the M17 and R513. Road 158 from the R513 near the Sasol, Hornsnek
Kobie se Plekkie Kobie se Plekkie op die R513 langs die Bek se Plek het ‘n bekende baken geword op De Wildt en is sinoniem met gasvryheid en lekker kos. Kobie is Woensdag tot Sondag oop met heerlike wegneemetes en boerekos op Sondag. Elke Vrydag is daar ‘n spesiale aanbod op die vetkoek naamlik koop enige twee vetkoeke en kry ‘n gratis gewone vetkoek saam. Op die eerste Woensdag van die maand is daar ‘n spesiale aanbod op pizzas naamlik koop 2 x 25cm pizzas van jou keuse vir R120 en kry n 1 x 20cm pizza gratis. Stop gerus vir ontbyt en lekker koppie koffie en ondersteun plaaslik. Peuselborde op bestelling ook beskikbaar. Navrae en bestellings Kobie Opperman 0764828513
6
De Wildt Nuus
Mei 2022
De Wildt neem afskeid van oom Manie Lemmer Op inisiatief van Sandy Roberts, is daar onder leiding van die nuwe De Wildt Nuusredaksie op 12 Maart 2022 ‘n geselligheid by die Margaret Roberts Herbal Centre vir oom Manie en tannie Marie Lemmer gereël. ‘n Huldeblyk toekenning is aan oom Manie oorhandig as blyk van waardering vir sy uitstaande toewyding en onbaatsugtige diens aan die gemeenskap oor die afgelope 30 jaar. Oom Manie en tannie Marie is voorspoed toegewens met die nuwe fase in hulle lewe en die lewensreis wat vir hulle voorlê. Hulle gaan DV die volgende paar maande in Bloemfontein deurbring. Dankie aan Sandy vir die heerlike koek en muffins wat sy gebak het. Oom Manie het die koek gesny en almal het daarna heerlik gesmul en koffie of tee gedrink terwyl daar saam gekuier is.
Oom Manie laat ‘n groot leemte in De Wildt... Kobus Oosthuyzen Ons het in 1983 ons intrek geneem in De Wildt en het De Wildt leer ken met oom Manie. De Wildt en Manie Lemmer en tant Sannie was sinoniem. Hul was die gom wat De Wildt aan mekaar gehou het. Oom Manie was die kampvegter vir De Wildt en sy mense. Enige persoon wat iets snaaks wou doen moes eers by oom Manie verby kom. Oom Manie was een van die stigters van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy wat oor die jare heen baie vir De Wildt en sy mense gedoen het. Hulle het gesorg dat De Wildt die landelike omgewing tot nou toe gebly het. Hy het al die jare as direkteur gedien en dit was vir ons ‘n voorreg om saam met hom te kon werk as die destydse Delta Zero. Daarmee saam was oom Manie die redakteur van die De Wildt Nuus en was hy die groot dryfveer agter die nuusblad. Saam met hom was tant Sannie wie baie artikels vir De Wildt Nuus geskryf het. Ons het oom Manie leer ken as ‘n persoon wie se woord sy eer was, hy was absoluut betroubaar, eerlik en opreg, hy boesem vertroue in, is hardwerkend ens. Hy was ‘n groot steunpilaar in die gemeenskap. Nou begin ‘n nuwe seisoen in oom Manie se lewe. Ons is dankbaar dat ons oom Manie lewendig verloor en dat ons hom en tant Marie, sy pragtige nuwe vrou, die beste en mooiste toekoms saam kan toewens. Mag hulle nog baie jare saam gespaar bly en die lewe ten volle geniet. Oom Manie laat ‘n groot leemte in De Wildt en hy sal vir seker gemis word. Ons glo nie daar is iemand wat alleen sy skoene sal kan volstaan nie. De Wildt sal nooit weer dieselfde wees sonder hom nie. Oom Manie Lemmer, ons groet jou, mag die Here jou ryklik seën.
Mei 2022
De Wildt Nuus
7
ANIMAL DISEASE OUTBREAKS IN FEBRUARY 2022 African swine fever Four new outbreaks of African swine fever (ASF) were reported this month, all in the Randfontein state veterinarian area and situated within a 10km area of each other. Investigations were unable to pinpoint the route or source of virus introduction since none of the affected farmers had bought new stock recently nor reported feeding swill. This area generally has many small-scale pig keepers, and there is concern about the levels of environmental contamination. All sites had no biosecurity measures in place and variable infrastructure for keeping pigs. Highly pathogenic avian influenza H5 There were four new outbreaks of highly pathogenic avian influenza (HPAI H5) reported during February, two each in wild birds and poultry. Environmental faecal samples collected from Egyptian geese by the Vaal dam and swabs from a sick white stork at Bon Accord dam tested positive for H5 influenza type A. The white stork sample was later confirmed as HP H5Nx. The pathotype of the samples from Vaal could not be determined due to low levels of RNA. An outbreak of HPAI H5N1 was confirmed at a large backyard poultry flock near Evaton. The birds became suddenly ill with high mortality. Although no new introductions were recorded, the owner reported buying feed at an auction and bringing back the remaining chickens that did not sell at auction a week
earlier. Another backyard poultry farmer near Fochville reported high mortalities which were confirmed to be due to HPAI H5N1. The deaths occurred in the adult chickens which were allowed to range freely outside and not the younger chickens being raised indoors. Lumpy skin disease The number of reported vector-borne animal diseases being reported is starting to increase. Six new outbreaks of lumpy skin disease (LSD) were reported in cattle during February. One outbreak near Soshanguve, City of Tshwane, affected 10 out of 20 cattle. The herd was not vaccinated, and the farmer had no knowledge about the disease. He was advised to euthanase 2 calves that were severely ill, separate and treat the other sick cattle supportively, and vaccinate the remaining healthy cattle. A single case of LSD was detected in a bovine at ARC-OVR, in Onderstepoort. It developed severe disease and subsequently died. PCR tests confirmed LSD. The rest of the herd is being vaccinated for LSD and their temperatures are being monitored daily. Another four outbreaks of LSD occurred, which were spread out in the Germiston state vet area. Two were near Nigel, one near Vanderbijlpark, and one in Midvaal. None of these herds were vaccinated and the owners were advised on LSD management and prevention.
8
Mei 2022
De Wildt Nuus
Wat is noodhulp? Noodhulp of eerstehulp is die noodbehandeling van beserings. Volgens die SafeTech noodhulpopleidingshandleiding word noodhulp vir drie redes toegepas: Om ‘n persoon aan die lewe te hou, om te voorkom dat ‘n besering of toestand vererger en om spoedige herstel te bevorder. Kardiopulmonêre resussitasie (KPR) (of die algemene naam – hartmassering) is ‘n belangrike vaardigheid wat deel van noodhulp vorm. Wat moet in my noodhulp sakkie wees vir die huis? • Wondreinigers (ontsmettingsmiddel) soos Dettol of Savlon • Gaas om wonde mee skoon te maak • ‘n Skêr • ‘n Tangetjie, om skerp voorwerpe uit die vel te trek • Twee paar mediese handskoene • Haakspelde • Driehoeksverbande • Rolverbande • Kleefverband (pleister) • Pleisters van verskillende groottes • Salf vir brandwonde • Antiseptiese salf
• Medikasie om koors af te bring • Pynpille • Antihistamien vir allergiese reaksies • Maagmedikasie teen krampe of diarree • Opgevoude ruimtekombers (space blanket) om pasiënt warm te hou
Noodnommers: 112 vanaf selfoon 10177 Nasionale nood nommer
Ambulansdienste in ons omgewing HEMS NetCare 911 ER24 BestCare Ambulans Diens ProMed Ambulans Diens Fun-Cure Ambulans Diens
082 695 1240 082 911 084 124 082 402 1416 066 292 6614 079 626 1175
MENSE IS STRES Dr Marius Potgieter (Kruiedokter en pastorale berader)
Die grootste bron van allerlei ongesteldhede en siektes is nie die fisiese aspekte nie maar emosioneel-geestelik. Hiervan is stres in al sy vorme sekerlik die gevaarlikste oorsaak van ongesteldheid en siektetoestande. Dit veroorsaak selfs ‘n verswakte immuunstelsel wat mens makliker vatbaar maak vir vyandige virusse en bakterieë!
Medemense en stres:
Stres word meestal deur medemense en/of die samelewing veroorsaak. Hoe beter jy met ander oor die weg kom, hoe minder stres sal jy ervaar. Daar is enkele riglyne wat kan help: • Leer om ander mense onvoorwaardelik te aanvaar – dit is een van die kernpunte van liefde (en nie gevoel nie). Alle ander mense is anders as jy en daarom sal ‘n mens altyd ruimte vir verskille moet maak; soms is daar kleiner verskille, soms groter verskille. Dat ons mekaar kan aanvul is egter een van die wonderlike aspekte van mens-wees – daarom moet ons verskil want mense wat dieselfde is kan nie “aanvul” nie maar wel “aanval”! • Tree altyd met respek op teenoor alle mense – en jy sal respek terugkry. Wees bewus daarvan dat alle mense se optrede beïnvloed word deur hulle agtergrond asook hulle positiewe of negatiewe ervarings: die grootste krimineel het ‘n geskiedenis wat hom en sy optrede beïnvloed het. Moet dus nie ander se optrede of houding sien as noodwendig ‘n reaksie op jóú nie. • Daar is mense wat jou in die verlede seergemaak of ernstig benadeel het. Dit het tot woede en bitterheid gelei. Miskien
is daar nog steeds ‘n wrok teen iemand in jou hart. Dit maak ‘n mens fisies siek. So ‘n wrok kan nie die seer wegvat nie en ook nie die betrokke persoon terugbetaal nie. Dit is net soos iemand wat gif drink en dink dat sy vyand sal dood gaan!
Vergifnis as medikasie:
Die enigste reaksie wat ‘n verskil kan maak en wat weer vir jou vrede kan gee, is om te vergewe. Dit beteken nie om iets goed te keur nie, en ook nie om goed oor so iemand te voel nie. Dit beteken egter om iets as afgehandel te bekou en nie vergelding te eis nie; ‘n mens besluit om nie as regter op te tree nie maar dit aan God, wat die harte ken, oor te laat. Dit kom daarop neer dat ‘n mens die “rekening” opskeur en nie betaling eis nie. So het God met ons gemaak. Hy het ons rekeninge (wat onbetaalbaar groot was) teen die kruis vasgespyker en Jesus daarvoor laat betaal. Uit dankbaarheid doen ons dit teenoor ander mense sodat ons opreg kan bid “vergewe ons ... soos ons ook ander vergewe”. Maak gerus ‘n lysie van mense uit jou verlede wat jy onthou jou seergemaak of kwaad aangedoen het. Skryf net hulle voorletters in jou joernaal. Ondersoek jou hart en indien jy gehoorsaam wil wees (en die resultaat van innerlike vrede en daarmee saam gesondheid wil ervaar), sê vir die Here waarvoor jy elkeen van hulle vergewe en bedoel dit. As jy die insidente onthou en oor die betrokke mense dink, herinner jouself (en die vyand, die bose) daaraan dat jy hulle vergewe het. Die vergeet kom eers met die loop van jare, maar om vergifnis te gee is ‘n keuse en is onmiddelik.
Mei 2022
9
De Wildt Nuus
PAMPOENFEES Goliat van Gat
Die TLU SA Cullinan Boere-Unie se jaarlikse Goliat van Gat Pampoenfees het hierdie jaar op 19 Maart by TLU SA se Pretoria Boeremark plaasgevind. Hierdie jaar se wen pampoen was swaarder as verlede jaar se rekordpampoen, Johanna wat 790kg geweeg het. Dit was ‘n kollosale pampoen, genaamd Barbie en het die skaal op 846kg getrek. Dis gekweek deur Wykus Lampbrecht van Meyerton. In die tweede plek was Dirk Smal se 242 kg pampoen en in die derde plek Jackie Smal s’n van 229 kg. Pampoen Barbie is op 8 April opgesny, verwerk en die pitte is geoes. Die pampoen is geskenk vir liefdadigheid.
TLU SA groet en verwelkom Ná byna twee dekades in die diens van TLU SA en voor dit 36 jaar se diens in die Suid-Afrikaanse Weermag, het gen. maj. Chris van Zyl besluit dit is tyd om die diens aan Suid-Afrika aan die volgende geslag te oorhandig. “Dit was ’n besonderse blootstelling wat nie vir almal beskore is nie,” het gen. maj. Van Zyl oor sy 45 jaar in diens van ons land gesê. “Dit was aanvanklik beslis ’n groot uitdaging en aanpassing om by TLU SA te begin werk na die weermag. Ons almal werk egter vir ’n belangrike saak en dit is verseker dat al die uiteenlopende persoonlikhede mekaar vind vir die groter doel waarmee ons by TLU SA besig is. Alle inwoners van ons land moet betrokke wees en daarom is organisasies soos TLU SA van kardinale belang. Die huidige stand van sake beteken een boer se lot, raak ook die lot van sy buurman.” Hy voeg by: “Raak betrokke. Dit is nodig dat Suid-Afrikaners oor kritieke kwessies uit een mond praat. Elke organisasie het sy plek, maar oor dringende kwessies moet ons saam praat.” Met die groet van gen. maj. Van Zyl, verwelkom TLU SA vir dr. Gawie Lötter en Mauritz Lombard. Dr. Lötter het jare se ondervinding in die Suid-Afrikaanse Weermag. Hy het die weermag as kolonel verlaat en daarna in die akademiese wêreld as professor in strategiese kommunikasie sy stempel afgedruk. “Elkeen van ons is bewus van die talle uitdagings wat die Suid-Afrikaanse boer tans in die gesig staar. Ons wat nog kan en oor die vermoë beskik om die boer te help en te ondersteun, hetsy deur die voorsiening van tydige en akkurate inligting, ondersteuning, motivering, advies en goeie oop eerlike kommunikasie, het die plig, as die geleentheid hom voordoen, met lojaliteit en passie so te doen. Hierdie pos maak spesifiek daarvoor voorsiening. Om die lede van die TLU SA se belange te verteenwoordig en te bevorder is die primêre funksie van hierdie pos. Hiervoor het ek ‘n diepgewortelde begrip en passie aangesien ek op ’n plaas groot geword het, en ek glo, ek verstaan. Om in hierdie pos te dien, word die geleentheid geskep om in elke boer en sy gesin se lewe ’n verskil te maak. My persoonlike leuse is: In ondersteuning en samewerking, is ons krag!” het dr. Lotter gesê. Mnr. Lombard het ook in die Weermag spesialis ondervinding opgedoen en uitgetree met die rang van lt. kol. Hy het ook as regspraktisyn gepraktiseer. “Na die jare wat ek as prokureur praktiseer het, bied die pos by TLU SA aan my die uitdaging om ’n sinvolle bydrae tot die gemeenskap te maak deur die belange van die landbou en in besonder die boer, te koester en te bevorder. Ek sien uit daarna om die boerderygemeenskap te dien met my kennis en ondervinding en glo dat ek ’n sinvolle bydrae kan lewer,” het mnr. Lombard gesê.
Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00
10
De Wildt Nuus
Mei 2022
DE WILDT BOEREDAG 8 APRIL 2022 Die sprekers en demonstrasies was van uitstaande gehalte. Ons was egter net teleurgesteld dat nie meer mense dit kon hoor nie. Dominee Thom Schutte het op ‘n baie gepaste wyse geopen. Hy lees die enkele vers van Hosea 14:6 “Sal ek vir Israel wees soos die dou?” Vir Israel is dou baie meer werd as reën. Hulle kry gemiddeld slegs 50 mm reën maar 350 mm dou per jaar. Die dou is vir hulle dus baie meer werd as die reën. Die dou is dit wat die lewe gee vir Israel. Sonder die dou verdroog alles. Ons moet dou wees vir ons naaste en in ons gemeenskappe. Ons moet saamstaan anders sal ons nie oorlewe nie.
Meneer Wannie Scribante, het almal verwelkom en die borge en uitstallers bedank. Meneer Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder het die uitdagings waarteenoor ons te staan kom uitgewys. Hy het ook beklemtoon dat gemeenskappe moet handevat en saamstaan. Meneer Willie Clack, onder andere nasionale voorsitter van die Veediefstalforum en Ondervoorsitter van die nasionale Rooivleis Produsente Vereniging het die veediefstal situasie in ons land opgesom en ook die uitdagings van die huidige bek-en -klouseer uitbrake bespreek. Meneer Phil Rawlins het op sy kenmerkende manier baie waardevolle inligting vir die kleinveeboer, veral oor skape deurgegee en verskeie aspekte prakties gedemonstreer. Phil lewer die volgende dienste: Dragtigheidstoetse waar die dier met ‘n sonar geskandeer word. Algemene gesondheid soos doseer en spuit, stert en onthoring, asook die knip van kleinvee se hoewe ens. Hy kan gekontak word by 072 370 3278. Clearbeam se Nextorch taktiese flitse: Hierdie flitse het ‘n 5 jaar waarborg, is waterdig en is skokbe-
stand. Meneer Werner van der Westhuizen is die verspreider en hy het die flitse bekendgestel en gedemonstreer. Hy gaan in die aande uit na mense se huise om dié produk te demonstreer en kan gekontak word by 082 670 3269. CPI Security:
Meneer Dirk Botes van CPI security het die SPOTBOT bekend gestel. ‘n Enkele SPOTBOT kan tot ‘n maksimum van 8 CCTV kameras hanteer. Die sagteware herken ‘n mens of ‘n voertuig in die kamera beeld en sal slegs dan alarm maak. Dit kan dus tot 99% van vals alarms uitskakel. CPI security is in Safari sentrum in Brits en spesialiseer in veiligheidstoerusting. Dirk kan by 083 321 1495 / 0105959702 gekontak word. Dankie aan al die borge: André Kock & Seun /Son BK Veilingskrale Brits vir die beskikbaarstelling van hulle fasiliteite, asook vir die druk van die pamflette en die skenking van die botteltjies water. Arwald treilers vir die skenking van die skaaphanteringsraamwerk wat op die vendusie opgeveil is. Noordwes Koöperasie vir die skenking van veevoere en veemiddele wat op die vendusie opgeveil is, asook vir hulle uitstalling. Tal-Tec vir hulle kontant donasie asook hulle uitstalling. Dankie aan die ander uitstallers: Brits Pale POMGRA Pomegranates deur Okelbo Boerdery: Granaatsap, granaatpitte , vars granate: Kontak Elmien by 082 899, 7417. Dankie aan Steve Horn vir die hou van die veiling. Dankie aan Jacques Fourie, De Wildt Boerevereniging bestuurslid vir die reëlings asook die verkryging van die borge en uitstallers. Dankie aan al die ander helpers.
De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 10 Mei 2022 te De Wildt 4x4 om 18:30 vir 19:00
Mei 2022
11
De Wildt Nuus
Life so good, living is better
‘n Klipgooi weg
As I’ve aged, I’ve become kinder to myself, and less critical of myself. I’ve become my own friend. I have seen too many dear friends leave this world too soon; before they understood the great freedom that comes with aging. Whose business is it if I choose to read or play on the computer until 4am or sleep until noon? I will dance with myself to those wonderful tunes of the 60 and 70’s, and if I, at the same time, wish to weep over a lost love .. I will. I will walk the beach in a swimsuit that is stretched over a bulging body, and will dive into the waves with abandon if I choose to, despite the pitying glances from the jet set. They, too, will get old. I know I am sometimes forgetful. But there again, some of life is just as well forgotten. And I eventually remember the important things. Sure, over the years my heart has been broken. How can your heart not break when you lose a loved one, or when a child suffers, or even when somebody’s beloved pet gets hit by a car? But broken hearts are what give us strength and understanding and compassion. A heart never broken is pristine and sterile and will never know the joy of being imperfect. I am so blessed to have lived long enough to have my hair turning grey, and to have my youthful laughs be forever etched into deep grooves on my face. So many have never laughed, and so many have died before their hair could turn silver. As you get older, it is easier to be positive. You care less about what other people think. I don’t question myself anymore. I’ve even earned the right to be wrong. So, to answer your question, I like being old. It has set me free. I like the person I have become. I am not going to live forever, but while I am still here, I will not waste time lamenting what could have been or worrying about what will be. And I shall eat dessert every single day (if I feel like it).
Ek wil begin deur ‘n klip in die bos te gooi. Soms, net soms, is iets ‘n klipgooi weg, altans dit is wat mense jou wil wysmaak. M.a.w. dit wat jy wil hê, sê hulle, is binne jou bereik, dis net ‘n armlengte weg. Maar is dit werklik so eenvoudig soos om net jou hand uit te steek en siedaar jou begeerte, jou wens, of jou behoefte is bevredig? Maar dalk is om ‘n klip innie bos te gooi eerder soos ‘n raaiskoot, ‘n waagstuk. Mogge troffe en jou probleem is opgelos, dit is as alles goed verloop, want andersins bly dit wat jy op gehoop het steeds buite jou bereik. Niemand weet vir seker wat die ware reik van daardie armlengte is nie. Gooi ‘n mens ‘n klippie in ‘n dam water dan kring die rimpel effek wyer en wyer en wyer uit totdat dit in die niet verdwyn. Dit is heelwat verder as ‘n klipgooi weg. En daarmee saam verdwyn ‘n mens se drome dikwels ook omdat dit in die oneindigheid geruisloos saam met die rimpels wegraak. Wat in die begin ‘n klipgooi weg sigbaar en dalk bereikbaar was se reikafstand word al groter en algaande al hoe meer onbereikbaar. So iets kan ‘n mens laat klippe kou. Soos wat die hoop kwyn, so verdwyn die droom ook dikwels. Dan vervaag die gedagte dat deur ‘n klip in die bos te gooi eintlik bedoel is om ‘n probleem uit te lig terwyl alles blykbaar goed verloop. Maar as dit wat ‘n klipgooi weg is nie reg geteiken en getref word nie, dan kan die swaarkry jou klippe laat kou. En om groot klippe klein te maak is genadelose werk. Dis soos om baie fisiese straf te verduur. Maar as iemand hierdie klip vir jou uit die pad uit rol, die meulsteen van jou nek help afhaal, en jou las saam met jou begin dra, dan bewys hy of sy jou nie net ‘n guns nie maar word hulle jou vennoot met ‘n gedeelde visie en ‘n gedeelde las. Is dit nie deel van ons roeping nie? Om net ‘n klipgooi weg te wees van hulle wat jou nodig het.
Phil Louw
Phil Louw
12
De Wildt Nuus
Mei 2022
TLU SA Jongboer-konferensie Die 2022 Jongboer-konferensie op 10 Junie vind plaas by die geskiedkundige Voortrekkermonument met Jake Stols as spesiale gasspreker. Ander sprekers sluit in Jacob van der Merwe (Diversifikasie), Dawie Brits (2021 Jongboer van die Jaar) en finansiële kenners Johan Kotze en Kobus Oberholster. Die tema van die konferensie is: Diversifiseer Jou Boerdery Praktyk. Volgens Henna du Plessis, TLU SA Jongboer-komitee voorsitter, was dit nog nooit vantevore so duidelik soos nou nie dat Suid-Afrika jongboere broodnodig het vir vooruitgang. “Suid-Afrika kan nie sonder jongboere voortbestaan nie, daar is geen manier nie. Landbou het die afgelope paar jaar – ten spyte van alles – gegroei en dit is danksy die deursettingsvermoë van die land se boere, ook die jongboere,” het Du Plessis met oortuiging gesê. Om die geleentheid by te woon moet belangstellendes teen 1 Junie 2022 RSVP deur die registrasie blad https:// www.tlu.co.za/jongboere/ of by ledesake@tlu.co.za “Ek glo ons gaan wegstap van die konferensie nadat ons lekker gepraat het oor gemeenskaplike uitdagings. Die sprekers sal ons motiveer. En ons gaan weet dat die jongboer ons land uit die huidige moeilikheid sal kry,” het Du Plessis gesê.
Die jaarlikse TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie het ook begin. Gedurende die week van 11 Julie 2022 sal beoordelaars die finaliste op hul plase besoek waarna die wenners met TLU SA se kongres op 7 September bekend gemaak sal word. Elke streek moet self drie finaliste aanwys. “Ons is opgewonde oor die pryse wat met groot dank vanaf verskeie borge vir hierdie kompetisie verkry is en sal besonderhede daarvan tydens die Jongboer-konferensie bekend maak. Die toekoms van landbou is gesetel in die hande van die volgende geslag boere en daarom is dit vir ons ‘n baie belangrike kompetisie,” het Du Plessis bygevoeg. Vir meer besonderhede oor die TLU SA Jongboer-konferensie en -kompetisie besoek https://www.tlu.co.za/ jongboere/
Mei 2022
De Wildt Nuus
13
Pyn en ly(ei)ding en littekens Phil Louw Pyn en lyding is onvermybaar, en pyn sal daar altyd wees. Lyding is jóú keuse. As ‘n mens net daaraan dink dan kry ‘n mens maklik ‘n beklemming om jou hart. Want ons leefwêreld is vol pyn en lyding. En hoe meer ons daaraan dink hoe moeiliker word dit om hierdie emosionele gedagtes uit jou kop uit te verban. Pyn en lyding. Dié twee word soos vinkel en koljander saam in sinne gebruik. Dis amper sinoniem. Tog, hoe langer ‘n mens daaroor tob, dan “marineer” die gedagte en dit knaag en knaag aan ‘n mens totdat jy uiteindelik besef daar is ‘n alternatief. Daar is pyn en lyding en daar is pyn en leiding. Pyn is ‘n normale reaksie op die dinge wat in die lewe gebeur. Dit is ‘n wond. Dit is seer. Gebroke verhoudings veroorsaak pyn. Trauma veroorsaak pyn. Verlies veroorsaak pyn. Wêreldgebeure veroorsaak pyn en lyding. Op die oog af kan mense hulle deesdae maklik op die wipplank tussen werkloosheid, hongersnood, swaarkry en lyding bevind. Die vraag is dus nie of ons pyn gaan hê nie. Die vraag is wat ons daarmee doen. Dra ons dit saam? Laat ons toe dat dit ons lewe oorheers? Of gebruik ons dit om te leer, om taai te word, immuniteite op te bou teen pynlike situasies wat hul weer in die toekoms kan herhaal. Slaan ons as gevolg daarvan dalk ‘n nuwe rigting in? Help ons eendag iemand wat in dieselfde bootjie as jy is of was? Laat pyn ons opgee of opstaan? Laat ek toe dat my pyn in lyding verander? Met ander woorde koester ek die wonde só dat dit nooit gesond word nie en ‘n blywende wond is? Of is daar ‘n moontlikheid dat my pyn vir my leiding kan gee sodat ek ‘n nuwe
plek in my lewe kan ontdek en daarmee saam ‘n nuwe en sterker ek? Dit herinner aan dié storie. “Wat het dáár gebeur oom?” vra kinders by aanskoue van ‘n indrukwekkende litteken aan ‘n man se nek. Hy wat reeds drie nekoperasies ondergaan het. Dan spot hy met groot oë en ‘n dramatiese stem: “My kop het ‘n paar jaar gelede morsaf gebreek en dit is waar die dokters dit weer vasgewerk het.” Littekens is sigbare getuienisse van fisieke pyn wat in die verlede lê. Dit is nog sigbaar, maar jy kan daaroor praat en daaraan raak sonder dat dit nog seermaak. Die vel by ‘n litteken is dikker en sterker as wat dit voor die besering was, want jy is sterker as jou wond eers gesond is. Ek weet nie watter wonde jy het nie. Ek weet nie hoe groot en hoe diep dit is nie. Elkeen van ons verskil en ons wonde en genesingstyd verskil ook. Mag jou wonde van pyn en lyding jou ook na ‘n beter plek lei. En nou? Wat maak ‘n mens hiermee wanneer jy weer afwaarts spoed op hierdie wipplank wat afwaarts wip, en jy besef jy gaan jou daar onder weer ordentlik stukkend val. Vertrou dat hierdie keer daar iemand sal wees om jou weer boontoe te kan lei. Iemand wat jou littekens van vorige veldslae ken en vir jou iets kan beteken terwyl jy aan jou nuwe wonde en seer werk. Jesus se pyn en lyding aan die kruis het vir ons die weg gebaan om volkome genees te word. Deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Daarom kan ons as verloste sondaars in hierdie gebroke wêreld, met al sy pyn en lyding, deur Sy leiding met dankbaarheid leef en werk. Amen – dit is so.
14
De Wildt Nuus
Mei 2022
Mei 2022
De Wildt Nuus
15
Die Magaliesberggebied (1) As mens begin oplees en kyk na die Magaliesberggebied, is dit eintlik verstommend watter interessante stukkies en brokkies inligting mens kan versamel juis oor die bekende bergreeks wat hier deur ons eie De Wildt-gebied loop. Dit is miskien ‘n goeie idee om uit verskillende hoeke na die Magaliesberggebied te kyk om sodoende ‘n groter prentjie vir onsself te skep. Voor die koms van die Blankes, dui bronne vir ons daarop, dat noord en suid van die Magaliesberg aan die begin van die 19de eeu, die gebied bewoon was deur die Bakwenas. Hulle was bekend as die “Krokodil-mense” omdat hulle die krokodil as totemdier gehad het. Hulle was ‘n welvarende stam wat in groot ommuurde stede gewoon het. Hul huise was goed en netjies gebou met oorhangende grasdakke. Die sendeling Campbell, volgens bronne, was die eerste blanke wat in 1820 met die Bakwenas kontak gemaak het. Hulle word deur hom in sy geskrifte die Boqains genoem. Gedurende 1825 stuur Silkaats sy spioene uit die toentertydse Oos-Transvaal, tans Mpumalanga, om die gebied by die Magaliesreeks te verken. Hy beweeg gedurende die tyd met al sy besittings uit die hedendaagse Ermelo-omgewing in ‘n westelike rigting. Hy bereik die Kashanberge (Magaliesberg) en vestig hom hier om sodoende sy strooptogte uit te voer. Aanvanklik was sy blyplek by Wonderboompoort, maar skuif later na die huidige Silkaatsnek. Later skuif hy nog verder met sy mag na die Marikana-omgewing. Wes van Silkaatsnek is daar hoë kranse waarvandaan hy teregstellings van veroordeeldes laat plaasvind het deur hulle daar af te gooi. Die Bakwenas is deur Silkaats oorrompel en hul stede is verbrand. Die jong manne en vrouens is deur hom weggevoer om as draers van die buit op te tree. Enige weerstand is op wreedaardige wyse met moord gestraf en alle stede verwoes en afgebrand. Beskry-
wings van die wreedaardige wyses wat gebruik was om die Bakwenas uit te moor, word beskryf in geskrifte. Met die besoek van Moffat aan die gebied in 1829, het hy slegs op murasies en geraamtes afgekom. Die oorblywende Bakwenas wat gevlug het en die moord oorleef het, het hulle huise in wilde vyebome gebou en selfs op pale om hulle te beskerm teen die roofdiere. Bibliografie: 1. Becker, P. 1962,Path of Blood. Longmans Green & Co, Londen. 2. De Beer, B.K.1975, Agter die Magaliesberge. Postma Publikasies, Johannesburg. 3. Deparment of Native Affairs, 1953, The Tribes of Rustenburg and Pilansberg district by P.L. Breutz. Ethnological Publications. No. 28, Government Printers, Pretoria.
Soutpan (Tswaing-krater) en omgewing
Sowat 40 km noord-wes van Pretoria op die Soutpanpad, wat by Onderstepoort verbyloop, vind ons ‘n reuse groot krater van sowat 1.13 km in deursnee. Vir jare het wetenskaplikes gereken dat dit ‘n vulkaniese uitbarsting is. Dit is egter later bewys dat dit wel deur ‘n meteoriet veroorsaak is. Nadat talle ontledings gedoen is, is vasgestel dat die verskillende rots- en grondlae ‘n duidelike impakdeformiteit toon. Die impak is gevorm deur ‘n meteoriet wat teen hoë spoed die aarde daar getref het. Hoë drukking en ‘n temperatuur van sowat 10,000 grade C het die rotslae waarteen dit gebots het, uniek vervorm. Die vermoede is dat die meteoriet ‘n deursnee van 30-50 m gehad het. Die slag van die impak moes oorverdowend gewees het en winde van tot 1,000km/h het verwoesting gesaai onder plant en dier. Enige bome en plante binne ‘n radius van 20-30 km is platgevee. Alle lewende wesens het 100% longskade opgedoen en verwoesting sover as 40 km van die impak is enorm. Die relatiewe “jong” krater is sowat 220,000 jaar oud. Dit is amper rond met ‘n rand van sowat 60m. Dit was tot in die 1950’s ‘n bron van sout wat binne die pan gemyn is. Soutpan is een van die besbewaarde meteorietkraters in die wêreld en is daar reeds baie navorsing gedoen op die krater en omgewing. In die vroeë 1860’s het die ZAR die streek waar Tswaing geleë is, begin opdeel in plase vir landboudoeleindes. Die krater self was die middelpunt van een so ‘n plaas wat dan ook Zoutpan genoem is. Plase soos Kromkuil in die noorde, Stinkwater in die ooste, Rietgat in die suide en Klipgat en Winterveld in die weste het ontstaan. Gedurende die 1890’s is Zoutpan oor uitgemeet en het die noord-oostelike gedeelte ontstaan met die naam Uitspan. Zoutpan en Uitspan het geval onder die Pretoriase magistraatsdistrik en het ook vier reserwe-gebiede vir swart inwoners
ingesluit. Die vier gebiede het weer geval onder die jurisdiksie van vier kapteins, nl. Andries Maubaan, Zwartbooy, Sjambok en Hans Makapaan. Daar was sendingstasies in die vier gebiede onder meer by Hebron in die suid-weste, Jericho in die noorde en Wallmannsthal verder oos, wat later ‘n belangrike rol gespeel het in die stigting en vestiging van Ga-Rankuwa en Mabopane. Dit is dus duidelik dat Soutpan ook sy rol gespeel het in die geskiedenis van ons nabye omgewing. ‘n Besoek aan die Tswaingkrater kan waarlik ‘n interessante uitstappie wees om mens ‘n idee te gee van die impak wat die meteoriet op die omgewing gehad het. Bibliografie: 1. Nel, L. 2004, Anderkant die Magalies; Die wêreld van die Wonderboom, Brummeria, Kontreiboeke SA BK. 2. De Jong, R.C., 1995, A Short History of the Settlement around Tswaing, National Cultural History Museum, Pretoria.
16
Mei 2022
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
Konferensie 2022
Na 2 jaar se aanlyn-aanbiedings, het ons dit baie geniet om weer ‘n heerlike konferensie by te woon. Soos altyd was alles keurig en die dames baie deftig! Die tafelruikers uit vetplante saamgestel, het almal aan die gons gehad… Op die foto is van links agter, Trysie Coetzee, Lilian Bierman, Martie Marx, Petrina v Niekerk, Elma Human, Mary Ann du Preez, Sanet Hills, Carlien Retief, en voor, Joan Jonker en Felicity van Eeden.
Ons tak groei!
Lilian Bierman is ‘n juweel van ‘n vrou! Sy was vir ‘n geruime tyd die voorsitster van die Holmdenetak (Standerton) in Mpumalanga en gooi haar volle gewig nou by ons in. Baie welkom! Ons nooi dames uit die De Wildt-omgewing om jou vrouwees te kom uitleef by die VLU. Deur nuwe vaardighede aan te leer, kreatief te wees en deur interessante aanbiedings, kan daar ‘n nuwe wêreld vir jou oopgaan! Gaan kyk gerus op Facebook wat ons doen!
Mary Ann du Preez is ons trots! Mary Ann du Preez is by die afgelope konferensie verkies tot die nuwe vise-voorsitster van die Jakarandastreek. Dis ‘n groot eer en ‘n wonderlike prestasie. Ons is trots op jou, Mary Ann! Mary Ann se skoonma, het haar 38 jaar gelede aan die VLU bekend gestel en sy het aan verskeie takke behoort, soos wat hulle getrek het deur die jare. Mary Ann het in 1990 by De Wildt-tak aangesluit en het in verskeie ampte op die bestuur gedien en is tans ons baie bekwame en entoesiastiese voorsitster. Sy het vanaf 2019 op die Jakaranda bestuur gedien, en is gereed om ‘n positiewe bydrae as vise- voorsitster in die streek te maak.
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS Voorblad in kleur - R1265 Agterblad in kleur - R1125 Volblad binne in kleur - R950 Volblad binne swart en wit - R 665 Halfblad binne swart en wit - R385 Kwartblad binne swart en wit - R 290 Agste blad binne swart en wit - R 200
Mei 2022
17
De Wildt Nuus
Elma Human - Skakelbeampte
Knip-knip deur die lewe ‘n Skêr is so ‘n nederige objek, maar een van die items wat ons heel dikwels gebruik! Dink maar aan die soorte skêre in en om jou huis… Gewone knipskêr, borduurskêr, naelskêrtjie, honderversorgingskêr, snoeiskêr, mediese skêr, naaldwerkskêr en haarsnyskêr. Die oudste skêre dateer uit 400 vC en is deur die antieke Egiptenare ontwikkel. Twee brons- of ysterplate was met ‘n geboë metaalplaat aanmekaar geheg en was ‘n “spring scissor”genoem. Dieselfde konsep het deur die eeue behoue gebly en ons skaapskêr en naaldwerkrafelknipper is voorbeelde daarvan. Die patent waar die 2 lemme op ‘n middelpunt aan mekaar vasgemaak is, en dan oor mekaar beweeg op die punte, was ongeveer 100vC deur die Romeine ontwerp en is ook deur China, Japan en Korea gebruik. William Whiteley & Sons (Sheffield) Ltd het amptelik in 1760 skêre in Engeland begin vervaardig en gaan vandag nog steeds daarmee voort. Die bekende Fiskars-skêre, wat steeds te koop is, was reeds in 1649 al in produksie. China, wat reeds in 1663 skêre vervaardig het, was die vervaardigers wat die langste ononderbroke skêre in die wêreld geproduseer het. Hulle voer ongeveer 7miljoen skêre jaarliks uit. Daar is in elke huis ‘n spesiale skêr… in Mary se huis is daar ‘n “moordskêr”… as jy aan daardie skêr raak, is daar moord!
Oorlede •
Hannatjie Koekemoer het vir ons ‘n uitstalling van haar skêreversameling kom wys en interessante feite oor die skêrbedryf met ons gedeel.
CARE CENTRE SORGSENTRUM
SANDSTONE Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511
* Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar Besoek Sandstone Sorgsentrum op Facebook
Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500
HIGH QUALITY COMPOST AVAILABLE PER m³ OR IN 30dm³ BAGS WE DELIVER IDEAL FOR GARDEN, LAWN AND AGRICULTURE VISIT OUR WEBSITE AT www.floraRsa.co.za OR PHONE US AT
079 896 0032
18
De Wildt Nuus
Mei 2022
Bee Save kuier by Laerskool Vissershoek Yolanda van Bee Save het ons Vissies van Graad R tot 3 kom toespreek oor die lewe van ‘n by. Bee Save is ‘n organisasie wat opvoedkundige aanbiedings oor bye doen. Ons bye word bedreig en almal moet help om hulle te beskerm.
Mei 2022
De Wildt Nuus
19
MARGARET ROBERTS HERBAL CENTRE Sandy Roberts A little History ….In late 1981 Margaret Roberts moved to road 16 in De Wildt and rented the lower portion of raw, undeveloped land from the homeopathic doctor living there at the time. In 1982 the Margaret Roberts Herbal Centre was formed. Over the next 35 years, Margaret and her daughter, Sandy Roberts together created beautiful herb gardens and herbal products for health and healing which drew the attention of people first nationally and then worldwide. It is Margaret that introduced herbs to South Africa in a way that they would be understood, grown and used organically in everyday life in homes around South Africa. This journey she began on a remote farm outside Rustenburg in 1959 as a young farmer’s wife and physiotherapist. With no resources or finances she started working at the Rustenburg Hospital, but after her son was born with severe asthma that medication could not treat, Margaret focused her life on using healing herbs and growing everything on the farm organically. It is because of this journey that Margaret was awarded a Laureate award from University of Pretoria for being the first organic farmer of food and herbal medicine in SA. Her life of herbs later continued in De Wildt after Margaret’s divorce when she needed to restart her career again. Margaret began a nursery, building gardens and creating a range of medicinal herbal and botanical products to sell. This was unheard of in the Brits, Harties and De Wildt area at that time but she persevered by going national. Margaret and Sandy produced beautiful healing, healthy herbal products on the farm which soon got the attention of Woolworths. The Margaret Roberts name became a household necessity for many people for 25 years in Woolworths of its contracts time span. Margaret wrote over 40 Books on herbs and indigenous plants, and in the later years Sandy not only did the photographs but co-wrote the books with Margaret. After the sudden passing of Margaret in March 2017, Sandy continued the fascinating Indigenous Healing Plants book that they were writing together. It was launched at the Herbal Centre on 1 July 2017 on Margaret’s 80th Birthday as a tribute to her. This was one of Margaret’s favourite books to write with her beloved South African plants she was fascinated by. Well-illustrated, Indigenous Healing Plants is colourful and easy to read, this is ONE of South Africa’s treasures, as you turn the pages you will be inspired by the beauty, the uses and the medicinal value of each of South Africa’s indigenous healing plants, which are literally on our doorstep. Would it not be wonderful to make our own remedies for health
and healing straight from the veld? As foraging has become both fashionable and vital to food supplementing, these pages will fill you with wonder of what is easily accessible and how important organic, naturally grown plants are for one’s health. From the marogo amaranths and the giant baobab, to the fragrant rosescented geranium and the pesky black jack you will be filled with awe as to the value of each one. It is because of these amazing plants that Sandy finds her inspiration to add to the existing ranges by growing, harvesting and producing healing food, bath and skin products for their herb shop at the Margaret Roberts Herbal Centre. The Centre It is also famous for being the origin and home of 2 of the Margaret Roberts Lavenders, Ginger Rosemary and High hopes basil which were all cultivated and grown by Margaret for the green industry and for gardeners across the world. These plants all took Margaret over 15 years each to develop fully. As a plant breeder this was not only a difficult journey but one of intense dedication and passion for plants especially used for the butterfly and bee gardens, essential oils and healing teas. More unusual plants are available at their little nursery. It is this legacy that inspires Sandy to continue with dedicated hard work. One needs to walk the healing herb gardens and enjoy the fragrance and tranquillity that allows you to truly relax. This starts the healing process and stress release. Of course an outing to the Herbal Centre is never complete without browsing through the fragrant shop, walking the Labyrinth, a visit to the little chapel and thereafter a delicious herb tea or lunch at the restaurant, not to mention visiting our heritage seed bank, the first in South Africa. Visit us at the Margaret Roberts Herbal Centre De Wildt 071 161 6441 Open every Wednesday to the public 08:30 - 16:00 and the first Saturday of every month. R20 Entrance fee for cars. www.margaretroberts.co.za
20
De Wildt Nuus
Mei 2022