1 minute read

Borskankerspesialis spreek VLU Brits-tak toe

Aprilmaand was gesondheid die prioriteit by die maandvergadering van die VLU Brits-tak. Die tak was bevoorreg om die internasionaal gerekende prof Carol-Ann Benn as spreker te kon verwelkom.

Prof Benn is n socius van die kollege van chirurge met spesialisering in bors- siektetoestande. Sy is professor in chirurgie aan die Universiteit van die Witwatersrand en die stigter van die “Breast Health Foundation” wat die weg baan vir die bevordering van vrouegesondheid en die opheffing van die vrou in die gemeenskap.

Advertisement

Sy is ook die stigter van die “Netcare Breast Care Centre “ by die Milpark hospital in Johannesburg; die enigste internasionaal geakrediteerde eenheid in Suid Afrika.

Prof Benn lê klem op die belangrikheid van vooropsporing aangesien dit lewens kan red. Suid Afrika het die hoogste persentasie van borskanker in die wêreld en 30% het `n familie geskiedenis. Gereelde selfondersoek is van die uiterste belang en `n openhartige gesprek met jou geneesheer is noodsaaklik.

Onthou net, mans kan ook borskanker opdoen.

This article is from: