
1 minute read
What to see in De Wildt Options Hair and Beauty
from DW Nuus Jun 2023
Jenny Ferreira van Options Hair and Beauty van Schietfontein De Wildt (oorkant Freeway afrit nr 43) het haar haarkapper loopbaan begin in Hartbeespoort waar sy by die bekende Lizette de Preez van Sophisticate haarsalon gewerk het (Lizette is ‘n skoondogter van Nanna en Frans de Preez, voormalige inwoners van Vissershoek).
Sy was ook n finalis in die finaal van die vakleerling van die jaar kompetisie waaraan meer as 5000 deelnemers deelgeneem het in 1996 waar sy onder die top 5 geëindig het.
Advertisement
Na voltooiing van haar vakleerlingskap het sy in 1999 haar meestersgraad in Haarkappery met goud geslaag en het sy die salon op Schietfontein geopen - eers baie klein, net ‘n klein vertrek en ‘n eenmansaak, waar meeste van die plaaslike mense haar leer ken het.
Jenny hou haarself op hoogte met die nuutste modes en verwikkellinge in die haarbedryf deur jaarliks kursusse by te woon .
In 2012 het Jenny die salon vergroot met meer dienste wat gelewer kan word.
Sy het tot onlangs toe saam Sunet Vermaak van die Hannon-span (Hannon Botha) in Centurion gewerk, waar sy by hul salon gaan uithelp het en meer kennis opgedoen het.
Jenny geniet haar werk en het ‘n passie vir mens en dier. Met haar meestersgraad kennis van hare en jare se ondervinding in die bedryf kan sy enige styl stileer vir mans, dames en kinders, dit
Rina Bester
maak nie saak wat die modeneiging is nie.
Die salon bestaan tans uit:
Jenny: Haarkapster
Yvonne: skoonheidsdeskundige Lamelle produkte
Ilse: ‘microneedling’
Madelein: naels (slegs Maandae)
Die salon werk slegs op afsprake, maar kontak ons gerus en kom drink ‘n koppie koffie en ontmoet ons.
Salon besprekings: Dinsdae tot Saterdae 0724177704
Skryf In Vir Tlu Sa Se Jongboer Van Die Jaar
Dit is weer tyd vir die JONGBOERE van die land om hulle slag te wys. Skryf nou in vir
TLU SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie 2023 deur ‘n e-pos te stuur aan enige van die volgende adresse

Jannie Raath - jannieraath@yahoo. com
Ronnie Schilling - r.schilling@live. co.za
Lynette du Plessis - sentraal@tlu. co.za
Hoofkantoor - sekretaresse@tlu. co.za