1 minute read

VLU Brits-bedrywighede

Next Article
Netfiksbaldag

Netfiksbaldag

“Gee om en vat hande” was die die tema van die studierigting Kuns en kultuur se vergadering op die 10 de Mei 2023. Die VLU Brits-tak het hande gevat met die FAK.

Die vergadering het plaasgevind in die pragtige tuin van Mnr Hennie en Mev Adrien Briel op die R511 net aan die suidekant van die N4. Mnr Briel is die beskermheer van die Transvaalse Burgeroorlog Monument en die Karee Vredesboom. Mnr Barry Muller, projekorganiseerder van die FAK kultuurnetwerk in Gauteng en Noordwes, sê ons erfenis is van kardinale belang en moet ten alle koste bewaar word. Die gemeenskap moet ons taal en kultuur beskerm.

Advertisement

Min Suid-Afrikaners weet dat die Transvaalse Republiek ‘n burgeroorlog gehad het. Die Transvaalse Republiek was in 1860 in vier verskillende streke verdeel. ‘n Rusie het ontstaan tussen die Volksleer en Staatsleer vir die posisie van President. M.W. Pretorius, destydse President van die Vrystaat, het as vredemaker opgetree terwyl die gevegte aan die gang was by die Krokodilrivier, Swartkoppies en Zilkaatsnek. Die latere President Paul Kruger het `n wapenstilstand bewerkstellig tussen die twee partye en hulle het dae lank in die skaduwee van die Kareeboom onderhandel tot die formele vredesverdrag in 1864 onderteken is. Dit het alles op die geskiedkundige ou Brielfamilieplaas Hartbeesfontein plaasgevind. Die plaas is nog steeds in die besit van die Briel-familie. In samewerking met die FAK het die VLU Brits-tak `n tuintjie aangeplant rondom die monumentjie wat in 1961 deur mnr Eric Louw, destydse minister van buitelandse sake, onthul is. Dit was vir seker ‘n dag om te onthou. Indien u in daardie geweste verby ry, doen die moeite en stop vir ‘n paar minute by die monumentjie. Dit was verstommend om te sien hoeveel VLU-lede nie bewus was van die bestaan van die Transvaalse Burgeroorlog Monument nie.

This article is from: