1 minute read

De Wildt Boerevereniging-duifjag

Ten spyte van ‘n triestige, mistroostige dag , met reën aan en af, was De Wildt Boerevereniging se haelgeweer duifjag van 25 Maart wel ‘n sukses.

Ons boere was egter baie bly oor die reën.

Advertisement

Phil Louw en Jacques Fourie was al van voor 06:00 af daar en het die gure weer getrotseer om die voornemende jagters in te wag.

Van 12:00 uur af het van die bestuur van De Wildt Boerevereniging ‘n vleisie op die kole gegooi en tussenin lekker gekuier.

Dankie aan Kobus Prins vir die gebruik van sy sonneblomlande en vir die sny van die gras rondom die lande . Elke jaar se duifjag is vir baie entoesiastiese manne ‘n hoogtepunt op hulle kalender.

De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 15 Augustus 2023 te De Wildt

4x4 Natuurpark se graslapa om 18:30 vir 19:00

VERKOPING!

Oortollige meubels en ander huishoudelike toerusting weens Manie Lemmer se verhuising.

Besigtiging 24 Junie 2023 om 09:00

Verkoping 1 Julie 2023

Afrit 129 op die R513

Wasmasjiene Brandkluis

Lugverkoeler Verwarmers

Verskeie meubelstukke en nog meer

Kontak 072 089 9127

This article is from: