1 minute read

Die ontstaan en vorming van die Magaliesbergreeks (3)

Next Article
Sybok se halfkroon

Sybok se halfkroon

Ons het in Augustus 2022 en Oktober 2022 uitgawes van die blad die eerste artikels in hierdie reeks geplaas. Nou kom die interessante deel van die hele vormingsverhaal van die Magaliesbergreeks.

Na die vorming van die Pretoria-groep, het toestande diep onder die oppervlakte van die aardkors ontwikkel in so ‘n mate dat ‘n baie belangrike gebeurtenis plaasgevind het. Druk van vreeslike groot omvang binne die aardkors het plaasgevind en reuse hoeveelhede gesmelte magma tussen die sedimentêre vlakke van die Transvaal- sekwensie inforseer.

Advertisement

Ongeveer 65,000 vk km vloeibare rots is neergelê onder die antieke meer en oor die volgende 30 miljoen jaar het dit gestol in twee reuse stukke soliede rots, van die grootste van sy soort in die wêreld. Slote en krake is gevul met hierdie vulkaniese massa op sy pad oor en tussen die vlakke van skalie en kwartsiet. Die verskeidenheid vulkaniese rots wat deur hierdie gebeurtenis gevorm is word die Bosveld-kompleks genoem. Dit bevat dan ook ‘n groot hoeveelheid minerale rykdom soos chroom, vanadium, tin en yster.

Die invloed van hierdie gesmelte magma het egter die ouer Transvaal-sekwensie verswak en verdeel wat daartoe bygedra het dat die middel van die sedimentêre lae ingesak het. Stukke rots van duisende meters dik het gekraak en weggeraak in die gesmelte massa-moeras. Op die rande van die antieke meer het die kante van die rots na bo uitgesteek en het ‘n bergreeks gevorm.

Op die suidelike rand het die vier stadia van die Pretoria-groep afsonderlik uitgebreek in parallelle riwwe waarvan die hoogste die Magaliesbergreeks is. Die boonste oppervlaktes het die noordelike hange gevorm. Hierdie oppervlak was die naaste aan die hitte van die magma en het die kwarsiet gesmelt en weer gekristalliseer in groot korrelagtige kristalle. Hierdie strukture is bekend in die noordelike hange. So het endemiese plante hulle dan ook aangepas om in die gekristalliseerde gruis voort te bestaan.

Die Daspoort-kwartsiet is fyner kristalle, omdat dit verder van die hitte af weg was met die opbreek van die Pretoria-sekwens. Nog verder suid word die Time Ball Hill-kwartsiet gevind wat vandag ‘n gebroke reeks rantjies en koppies is.

Al die ongebroke riwwe toon dus ‘n eenvormige insakking van 20 grade tot 30 grade wat, soos voorheen genoem, opstaan soos borde op ‘n droograk met hul rande van kwartsiet na bo. Doleriet en kwartsiet vorm die vyfde laag.

This article is from: