
1 minute read
REST FOR SURE CARE HOME
Rest For Sure care home geleë te Afrit 14 De Wildt, (voorheen Ever Green) is tien maande gelede deur Carien Gobey oorgekoop.
Intussen het hulle hard gewerk aan opknappingswerk aan al die geboue en verbeterings is aangebring en die plek vang deesdae dadelik jou oog as jy daar inry. Rest For Sure maak voorsiening vir ouer persone asook vir enige ander ouderdomsgroep. Kamers en woonstelle is beskikbaar vir persone wat self versorgend is, enkellopendes of vir pare.
Advertisement
Daar kan ook drie etes per dag voorsien word. Verder is daar 24 uur versorgingsfasiliteite.
Die personeel is vriendelik en goeie diens word gelewer.
Sondae om tien uur word daar ‘n kerkdiens deur ‘n pastoor gehou.
Dr Keith Michael van The Junction Medical Practice maak elke week ‘n draai daar om na die pasiënte om te sien.
Op 24 Desember 2022 is al die inwoners en van hulle familie op ‘n Kersete trakteer. Daar is vir 100 persone, personeel ingesluit reggemaak.
Twee skape en 20 hoenders is op die spit gebraai en heerlike bykosse is in die kombuis gemaak.
Die inwoners en personeel is almal gratis trakteer, slegs die gaste moes iets betaal.
Vir enige navrae kontak Carien by 072 675 9282.
Leerderveiligheid Soggens By Laerskool Vissershoek
Besorgde personeel en ouers van leerders van Laerskool Vissershoek wil graag aan die gemeenskap wat die pad voor die skool gebruik, ‘n versoek rig om ‘n veilige spoed daar te handhaaf.
Hoewel die skool eers om 07: 25 begin, word leerders al so vroeg as 06:15 voor die hekke afgelaai.
Hierdie is ongelukkig ook die tyd wat baie van ons inwoners op pad werk toe is, en dikwels is mense haastig. Smiddae sluit die skool om 14:00 en dan is daar weer baie verkeer voor en rondom die skool se ingange. Hoë spoed in die skoolsone verhoog die kanse op ongelukke en al is die spoedperk 40 km/h, wil ons tog die padgebruikers versoek om selfs nog stadiger te ry ter wille van ons leerders se veiligheid. Baie dankie vir u begrip!