
1 minute read
‘n Boer maak ‘n plan
Daar word van iemand wat vindingryk is gesê: “Dis nou iemand wat ’n plan kan maak,” en daar word meesal sonder huiwering na ‘n vrou verwys as dié een wat die vermoë het om vinnige en slim maniere te vind om probleme te oorkom.
Maar moet nooit die vindingrykheid van die boer onderskat nie. Dis hoekom hy vir hom ‘n pasmaat, ‘n unieke wese met gawes en talente, as lewensmaat ingespan het. Saam is hulle beter! Veral as hulle aan dieselfde juk trek.
Advertisement
Om vindingryk te wees beteken om nuttige en unieke oplossings in uitdagende situasies te kan skep. Dink aan vindingryke mense as “vol hulpbronne”, of gereedskap om met oplossings vorendag te kom. Hulle pas goed aan by nuwe of moeilike situasies en is in staat om kreatief te dink. En wat noem jy ‘n “resourceful” persoon? So ‘n persoon is aktief, avontuurlustig, aggressief, helder, bekwaam, kreatief, ondernemend, vernuftig, intelligent, vindingryk, talentvol, bekwaam, slim, oorspronklik, vinnig, skerp, waaghalsig. Hiervan het ons genoeg in De Wildt. Dit klink vir my soos die mense van ons kontrei.
Die vraag is, is ons landbouers, plot bewoners of boere, en het ons ‘n stem? Tans word landbou hoofsaaklik in twee verskillende tipes verdeel, nl geïndustrialiseerde landbou en bestaanslandbou. En in De Wildt het ons meesal Marginale boere, dis nou boere wat minder as 1 tot 2 hektaar grond bewerk. Kleinboere is die wat 2 of 4 hektaar grond bewerk. Semi-medium boere is die wat 4 tot 8 of ‘n bietjie meer hektaar grond bewerk.
Die ryke verskeidenheid boere en hul kundigheid vertel sy eie verhaal. Hier is groot en klein veeboere. Hier is saai, gras en blom boere. Hier is hoender- en byeboere. Hier is neut-, granaat- en vrugteboere. Hier is wildsboere, kwekerye, ‘n vleisverwerkingsfasiliteit en selfs ‘n brouery. Daarbenewens het ons kontrei al die ander vermaak en onthaalgeriewe wat ‘n mens kan begeer.
Die ou spreekwoord is: “Eendrag maak mag!” Behalwe De Wildt Helpmekaar Maatskappy is daar ook die De Wildt Boerevereniging wat die belange van die “boere” op die hart dra en ‘n stem het wat dmv die TLU tot op die hoogste vlakke gehoor word. Die vraag is: sit jy op jou eie mishoop en kraai sonder of met gemengde welslae? Maak ‘n plan! Kom deel jou vindingrykheid met jou mede boere van die omgewing en maak ‘n verskil deur jou ondersteuning en betrokkenheid. Ons sien uit na jou meelewing.