DW Nuus April 2023

Page 5

April 2023 Jaargang 32 No 2 Webtuiste: www.dewildtnuus.co.za Lots of specials every month! 0763157688
Foto: John Wesson

LIEF EN LEED

Ons meegevoel met diegene wat leed ervaar het. Beterskapwense aan dié wat siek is. Dan is ons ook bly saam met dié wat lief ervaar het.

Oorlede

Siek

Louis Steyn is in ‘n trekkerongeluk beseer en gehospitaliseer

De Wildt Nuus 2 April 2023 Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne in swart en wit R 665.00 Halfblad binne in swart en wit R 385.00 Kwartblad binne in swart en wit R 290.00 Agste blad binne in swart en wit R 200.00 Klein in swart en wit R 115.00 ADVERTEER IN DE WILDT NUUS 082 879 6969 Lief en leed 2 Redaksiebrief 3 Kobie se Valentynsete 4 Hondsdolheidinentings 5 Seisoene van verandering 5 EMS Chaplaincy & Trauma Support 6 Die laaste rit 7 DWBV-nuus 8 DWBV-nuus 9 Magaliesbergreeks (4) 10 What to see in De Wildt 11 Soms verlang ek sommer 11 Laerskool Vissershoek-nuus 12 VLU Brits hou Kersfees in Maart 13 History of Pomegranate 14 INHOUDSOPGAWE
se moeder
• Sumia Lemmer
is oorlede
• Annelie Coetzer se tannie is oorlede
• Deonette Bezuidenhout
• Peet Bezuidenhout

REDAKSIELEDE

Hanna Scribante - Voorsitter 083 417 4699

Suzette Pëtersen - Sekretaresse 081 780 0426

De Wildt Helpmekaar Maatskappy

Adéle du Toit - 071 843 8185

Douw van Wyk - 079 424 7411

Elmien Botha - 082 899 7417

Suzette Pëterson - 081 780 0426

De Wildt Boerevereniging

Hanna Scribante - 083 417 4699 Phil Louw - 082 335 5910

Addisionele lede

Jan Lemmer - 083 256 8266

Rina Bester - 071 110 6907

Laerskool Vissershoek

Lee-Ann Rossouw - 073 817 0323

Drukker: APK Wonderboom

De Wildt Nuus

Bankbesonderhede:

ABSA spaarrekening

9235498972

Verwysing:

DWN + advertensienaam

Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za

Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite.

Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp:

Suzette Pëterson - 081 780 0426

Advertensie-ontwerp: R100

Veranderings op bestaande advertensies: R50

ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR

Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue.

Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

Liewe lesers

Die jaar is al weer tot by die kwart merk en herfs is hier met die winter kort op sy hakke.

Lees gerus Phil Louw se “Seisoene van verandering.”

As ons na die artikels en al die foto’s kyk, was dit sedert die Februarie uitgawe van De Wildt Nuus ’n bedrywige tyd op De Wildt.

Dankie aan almal vir hulle opofferings en barmhartigheidsdiens.

De Wildt Boerevereniging het ‘n geslaagde eerste vergadering einde Februarie gehad.

Kobie Opperman het die senior burgers van De Wildt met ‘n Valentynsete bederf.

Op 16 en 17 Maart het die staatsveeartse De Wildt se honde en katte weer gratis kom inent teen hondsdolheid en sommer die 5-in-1 inspuiting gegee asook ontwurming gedoen.

Die Noordwes Vroue Landbou Unie (VLU) Brits-Tak het ‘n baie geslaagde

25 ste Platina-streekkonferensie op 15 Maart gehou.

Neeltje Louw, voorsitster van VLU

Brits-tak en ‘n inwoner van De Wildt het vir ons ‘n berig oor die konferensie geskryf en sy gaan voortaan vir ons artikels oor hulle werksaamhede stuur vir ons blad.

Laerskool Vissershoek se graad 7‘s was veldskool toe en elke leerder het lewenslange herinneringe saam teruggebring.

By Grace Valley is dit elke dag bedrywig.

‘n Woord van dank aan almal wat bydraes gelewer het vir plasing in hierdie uitgawe asook aan al die adverteerders.

Die volgende De Wildt Nuus sal DV begin Junie 2023 verskyn.

Stuur asseblief vir ons nuusgebeure, interessante artikels en advertensies voor of op 17 Mei 2023.

Mooi loop tot Junie 2023.

Hanna Scribante namens die redaksie

Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511

* Algemene bejaardesorg

* Alzheimers

* Verpleegkundige gedurende kantoorure

* 24h Versorging en toesig

* Skoon, netjiese en veilige omgewing

* Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar

Kantoor - 082 395 1475

Matrone - 072 767 9500

De Wildt Nuus 3 April 2023
REDAKSIEBRIEF CARE CENTRE SORGSENTRUM SANDSTONE
ADVERTEER IN DE WILDT NUUS
Besoek Sandstone Sorgsentrum op Facebook

KOBIE BEDERF SENIOR BURGERS MET VALENTYNSETE

Kobie Opperman van Kobie se Plekkie, het op 23 Februarie 2023 weer die senior burgers van De Wildt bederf. In die Desember 2022 uitgawe het ons berig van die heerlike senior burger ete waarmee sy almal bederf het.

Dié keer was dit ‘n Valentynsete. Almal is vooraf versoek om hulle in rooi te tooi.

Kobie het almal verwelkom en soos gewoonlik weer ‘n paar trane gepik, (so het ons haar deur die jare leer ken en vir haar lief geword, want sy het eintlik ‘n baie klein hartjie).

Hanna Scribante het haar bedank vir haar onbaatsugtige liefde vir haar medemens, haar omgee en gasvryheid.

Johan Venter Finansiële Adviseurs het al die bestanddele geborg en Kobie het soos gewoonlik vrou alleen al die kos voorberei, ‘n heerlike boerekos ete met malvapoeding.

Christa Fourie en Patricia van Niekerk het haar help opskep. Almal het heerlik saam gekuier.

Ou vriende het mekaar weer gesien en nuwe vriende is gemaak. Baie dankie Kobie! Jy word waardeer.

De Wildt Nuus 4 April 2023

Hondsdolheidinentings

Die jaarlikse inentings teen hondsdolheid het hierdie jaar op 17 en 18 Maart by die Jopie Fourie terrein plaasgevind. Ons dank aan die staatsveeartse wat die twee dae ‘n totaal van 1091 honde en 126 katte ingespuit het. Die honde het ook ‘n 5-in-1 inenting gekry en wanneer daar beskikbaar was, het die honde en katte ontwurming ook gekry. Die veeartse het heen-en-weer gery saam met eienaars wat hulle kom oplaai het om by die huise te gaan spuit. In sommige gevalle is daar 25, 54 en selfs soveel as 84 honde en katte by een perseel gespuit. Veral katte is soms moeilik om te vervoer en ons is die veeartse baie dankbaar dat hulle wel bereid is om in die gerief van die diere se veilige omgewing die inspuitings te gaan doen. Hondsdolheid is ‘n dodelike siekte vir diere sowel as mense. Indien die feit dat daar sowat ‘n maand gelede ‘n uitbraak van hondsdolheid in Hammanskraal omgewing was in ag geneem word, besef mens hoe tydig hierdie inentings was. Sodoende is ‘n groot hoeveelheid honde en ‘n paar katte vir die volgende jaar veilig en die eienaars van die diere is heelwat koste gespaar. Ons dank aan Elize Meyer wat as skakelpersoon die kontak met die staatsveeartse is vir die reëlings van die twee dae. Baie groot dankie aan Jeffrey van Schietfontein-vulstasie en -winkel, en Kobie Opperman van Kobie se Plekkie vir die skenkings van die twee dae se middagetes vir die veeartse en die ander werkers. DWHM het gesorg vir albei dae se drinkgoed en iets om te eet saam met koffie of tee. Ons glo volgende jaar doen ons dit weer.

Seisoene van Verandering

Wie sou dit verstaan, hierdie seisoene van die lewe wat deur jou lewe loop? Net soos seisoene kom en gaan en herfs en winter op lente en somer volg, so vloei generasies oor van die een na die ander. So breek seisoene volgens verwagting aan, maar soms is daar onverwagte ryp, winters wat groot skade kan aanrig. Net soos daar vier seisoene in die natuur is, ervaar ons innerlike natuur ook vier seisoene. Lente is die seisoen van nuwe begin. In die somer kweek ons die vrugte van ons nuwe begin. In die herfs haal ons die vrugte van ons pogings in, insluitend geleenthede om erkenning te ontvang en waardeer te word vir ons prestasies. In die winter rus ons, en ontdek ons ons ware self. Sonder die winter kan ons nie in die lente intrek nie.

Wanneer die natuur haar seisoene verander, lyk die skof moeiteloos, voorspelbaar en onvermydelik. Die nuwe seisoen benader en die ou een keer terug. Net soos die natuur nie in ‘n enkele seisoen vir ewig bly nie, so bly ons lewe nie dieselfde nie. Iemand skryf: Soos die slim Boek sê, is daar ‘n tyd vir alles onder die son. Tyd vir werk, tyd vir rus. Tyd vir huil, tyd vir lag. Tyd vir treur, tyd vir fees vier. Tyd vir plant, tyd vir oes. Tyd vir kaalvoet loop en tyd vir dik kouse of pantoffels. Tyd om op te hou verskonings maak en iets nuuts te probeer! Ek het klaar geval, dis tyd vir opstaan. Ek het tyd geneem om te tob en wonder en kommer. Nou is dit tyd vir iets anders. Dalk is dit tyd om die boek te skryf wat jy nog altyd wou. Of die prent te verf. Of die koek te bak. Nou is daar tyd vir dit wat jy nog altyd wou doen maar nie kon nie. Ja, ek weet, nie alles nie. Ons kan nie reis nie, maar raai, ek kan so lank op lees oor die plekke waar ek wil gaan en dit begin beplan. Dalk sommer net in my denke reis en elke oomblik geniet. My eie avonture saam stel en die smake in my mond rond rol. Dis tyd om te vergeet wat agter my lê en my uit te strek na dit wat voor my is. Elke seisoen het sy eie bekoring. Geniet elke oorgang jaar na

jaar na jaar totdat jy die huidige seisoene verruil vir die onveranderlike seisoen van ewigheid. Leef voluit totdat die laaste seisoen aanbreek en wees dankbaar vir al die seisoene, die smeltkroes waardeur jy moes gaan, wat deel van jou lewe en belewenisse was.

Dankie aan ons

en hul ondersteuners

De Wildt Nuus 5 April 2023
Voorblad in kleur R1265.00 Agterblad in kleur R1125.00 Volblad binne in kleur R 950.00 Volblad binne swart en wit R 665.00 Halfblad binne swart en wit R 385.00 Kwartblad binne swart en wit R 290.00 Agste blad binne swart en wit R 200.00
081 780 0426
Phil Louw
Kontak
adverteerders

EMS Chaplaincy & Trauma Support Emotional & Medical Support

Our main objective

Provide primary and secondary victims of accidents, crimes, natural disasters and trauma scenes a workable structure from where they can limit their perception of threat by giving them useful and accurate information, relevant to their crisis, including physical help and trauma support. Assistance, help and support mainly apply to, but is not limited to, the following areas of operation: - On-scene support for primary and secondary victims.

- Debriefing and post-scene referrals to professional service providers for treatment – where and when needed.

- We will always put the interests of the victim/s and confidentiality first, and will treat each individual with respect.

- Response to critical incidents, death notifications, crisis intervention, grief - pastoral counselling, pastoral crisis intervention, biblical instruction, family support, funerals and memorials.

Pastoral (general ministry), emergency emotional & physical on-scene support and assistance to all EMS, FDP, LEO and support services.

All our first responder members are experienced members who serve as volunteers, trained to a professional standard and are involved with ongoing training. Website: https://emschaplaincy.wixsite.com/emscts Facebook: EMS Chaplaincy & Trauma Support page EMS Chaplaincy & Trauma Support devotions

De Wildt Nuus 6 April 2023

DIE LAASTE RIT

Hierdie is nie my eie skryfwerk nie. Ek weet nie eens wie die oorspronklike outeur is nie. Maar dit het my diep geraak en daarom deel ek dit graag:

Ek was al redelik moeg toe die dame se oproep vir ‘n huurmotor inkom. Ek het na die adres gekyk en gewonder wat daartoe aanleiding gee dat sy in so ‘n buurt woon. Dit was skoon maar armoedig. Ek het stadig gery tot ek haar huisnommer gekry en voor die hekkie stil gehou het.

Ek het die stoeptrappies opgegaan en die klokkie gelui, Na ‘n paar minute het ek weer die klokkie gelui ... toe hoor ek dit ... stadige voetstappe en iets wat sleep.

Die voordeur het oopgegaan en ek het gesien dat alles in die huisie met lakens toegegooi is. Die ou dame het omgedraai ... ‘n oomblik lank in die huis gekyk en toe die deur toegetrek.

Ek het die ou nylon tassie wat sy by haar gehad het geneem en dit in die motor gelaai en die deur vir haar oopgehou.

Sy het my haar bestemmingsadres op ‘n stukkie papier oorhandig en in my gedagtes het ek alreeds die kortste en vinnigste roete uitgewerk toe sy my vra of ons net by die strand langs kan ry ... Ek het haar gesê dis nie die kortste pad nie en sy het geantwoord dat sy nie omgee nie ... sy is nie haastig nie ... Die adres op die stukkie papier was die van ‘n terminale versorgingsoord ... Die dokter het my net 3 weke gegee en ek wil net die see weer eenkeer sien.

Ek het haar afgeneem strand toe. Sy het haar skoene uitgetrek en ons het ‘n kort entjie op die strand gestap waar sy haar voete deur die sand gesleep het en toe ry ons na nog ‘n paar geboue ... Die kerk waar sy en haar man getroud is en waaruit hy ook jare terug begrawe was. Die park waar haar trou foto’s geneem was. Die gebou wat eers ‘n ysskaatsbaan was waar sy en haar man ontmoet het.

Soos wat ek met haar gery het en sy haar hele lewe met my gedeel het, het die moegheid uit my liggaam gesypel. Ek het haar lewe met haar gedeel ... Al die gelukkige tye wat sy gehad het en ook die hartseer tye ...Toe ons laat middag by haar bestemming opdaag, het die deurwag op haar gewag ... en terwyl ek die tassie uit die motor laai, het hulle haar op ‘n rystoel laat sit.

Wat skuld ek jou ... wou sy weet? Niks het ek geantwoord ... Maar jy moet ook lewe was haar antwoord ... Daar is ander kliënte het ek haar verseker. Ek het na haar gestap en haar ‘n stywe drukkie gegee ... Sy het my hand vasgegryp en dit styf vasgehou ... Dankie dat jy ‘n ou dame se hart so gelukkig gemaak het vandag.

Ek was bewoë en baie emosioneel en het vertrek en die res van die dag kon ek net nie aan die werk kom nie. Ek het gewonder wat sou gebeur as ‘n haastige of ongeduldige persoon haar vandag gaan oplaai het ... En toe besef ek dat ons lewens so gejaagd geword het, dat ons nie meer tyd het om die mooi dinge raak te sien of te ervaar nie ... ‘n Eenvoudige rit deur die stad het hierdie ou vroutjie se hart verbly ... En dit het my hele uitkyk op die lewe verander ...

Hoeveel mense ontmoet ons elke dag, ons weet nie van die seer

oor ‘n verlore kind nie ... Ons weet nie van die pyn en hartseer wat diep verberg word nie ... Ons weet nie van die vreeslike prognose wat hulle lewenstydperk verkort nie ... Nee ons lewe by mekaar verby.

Net vir vandag ... Kom ons kyk om ons rond en sien wie het ‘n drukkie nodig ... of miskien ‘n gebed ... of miskien net ‘n rit deur die laan van herinneringe ... en ons moet net luister. Ons kan ‘n verandering maak in iemand se lewe ...

As pasgebore baba is ek te dom om te verstaan van GOD

As ‘n peuter is ek te klein om aan GOD te dink

As ‘n kleuter is my ma en pa my hero en weet ek van GOD maar dink nie baie aan Hom nie.

As ‘n kind is ek te besig om aan GOD te dink

As ‘n tiener is ek te verlief om aan GOD te dink

As volwassene is ek te veel bekommerd om aan GOD te dink. As ‘n oumens is ek te siek om aan GOD te dink.

As ‘n sterweling is dit te laat om aan GOD te dink. Ons lewe nou, ons weet nie wat die toekoms vir ons inhou nie. Of ons nog môre hier is of nie. Die dood wag nie dat jy al jou afsprake eers klaar maak nie. Ek en jy is een “tree” van die dood af. Ons het nou die tyd om nog jammer te sê en alles te aanvaar in jou lewe. Onthou my tyd en jou tyd en my planne en jou planne is nie GOD se tyd en planne nie.

Gaan sit en dink gerus na hieroor, maar geniet ‘n wonderlike en geseënde dag en mag jy in 2023 genoeg tyd hê vir vriende en familie om saam met hulle dit te ervaar.

Indien dit ons laaste rit is, geniet elke oomblik daarvan. Pas julle mooi op en moet nie vergeet hoe spesiaal julle is nie.

Lekker en geseënde dag vol Jesus-liefde

De Wildt Nuus 7 April 2023

Reis saam na NAMPO

Nuwe pampoenrekord!

De Wildt Boerevereniging beplan om DV Donderdag 18 Mei 2023 ‘n bussie na NAMPO te reël. Die vervoer en hekgeld se kostes sal ingesluit wees.

Die van u wat nog nie by NAMPO was nie het baie gemis. NAMPO bied die grootste landbou-uitstalling in die suidelike halfrond aan.

Tydens die rit soontoe en terug word daar ‘n hond uit ‘n bos uit gekuier.

Ou vriendskapsbande word weer hernu en nuwes word gesmee. Hoe meer mense gaan, hoe goedkoper sal die koste wees.

Die bussie sal van De Wildt af vertrek.

Die plek waarvandaan en die tyd hoe laat, sal nader aan die tyd deurgee word.

Die van u wat belangstel om te gaan kontak asseblief vir:

Gertjie Davel: 082 376 1645 of Hanna Scribante: 083 417 4699

Die Goliat van Gat Pampoenfees van 2023 het op 11 Maart by die Pretoria Boeremarkterrein in Silverton plaasgevind. Wykus Lampbrecht se wenpampoen van 890 kg was ‘n nuwe rekord. Baie geluk aan Wykus en sy span.

2023 TLU SA Jongboer-konferensie

Hierdie konferensie met die tema hoop, is op 17 Maart te die Voortrekkermonument gehou.

Die jongboer-komitee vir 2023 is:

Voorsitter: Clemens Senekal

Onder voorsitter: Miekie Genis

Sekretaresse: Desire Janse van Rensburg (nie op foto nie)

Addisionele lede: Neels Uys, (nie op foto nie), Jacques Fourie, en Bennie Genis.

Geluk aan Jacques Fourie, (links) bestuurslid van De Wildt Boerevereniging wat vir die tweede jaar op dié bestuur gekies is.

De Wildt Nuus 8 April 2023

DE WILDT BOEREVERENIGING SE EERSTE VERGADERING VAN 2023

De Wildt Boerevereniging se eerste vergadering van 2023 het op 28 Februarie te De Wildt 4x4 se grasdaklapa plaasgevind.

Voorsitter Phil Louw het vir Kobus Oosthuizen gevra om hierdie keer nie net met gebed te open nie, maar om vir die lede ‘n boodskap te bring.

Kobus se boodskap:

Kobus noem dat as mens met vriende praat, kom hy agter, dat selfs hy, praat nodig het om mens te motiveer.

Hy het gevra hoe ons deesdae voel?

Is ons vol moed en is ons selfversekerd?

Nee, hy dink nie so nie.

Ons voel verlate, depressief, bang en ons twyfel.

As ons so voel, is daar net een ding wat ‘n verskil kan maak en dit is om met die Here te praat.

Hoe hou ons op twyfel? Moses het getwyfel, hy het allerhande verskonings gemaak. Gideon het getwyfel. As ons al die mense wat getwyfel het uit die Bybel uithaal sal dit baie dunner wees.

Dink maar aan Thomas. Daar is egter een ding wat twyfel oorwin en dit is gebed.

Maar, voordat ons bid, hoe lyk ons verhouding met God, ons Verlosser? Hy behoort nie aan ons nie. Hy is nie daar om ons wense (gebede) uit te voer nie. Ons behoort aan Hom. Hy het

ons GEKOOP (vrygekoop) uit ons sonde met Sy bloed. Het ons al ons lewe oorgegee aan Hom? Stap ons die pad saam met Hom, of dink ons dit is Hy wat saam met ons moet stap . Indien ons al onsself en ons lewe oorgegee het aan Hom, dan kan ons ons Vader vra, want Hy sê in Psalm 50:15 “Roep my aan in die dag van benoudheid, Ek sal jou uithelp, en jy sal My eer.”

Nou kan ons uitroep na God en glo dat hy ons sal help.

Dink aan die pa met die kind wat vallende siekte gehad het: In Markus 9:23 sê Jesus vir hom, “as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.”

In vers 24 roep die vader van die kind uit en sê: “ek glo, Here, kom my ongeloof te hulp! “

Ons kan ook uitroep na God, Hy sal ons ongeloof te hulp kom. Die Here beantwoord altyd ons gebede, maar nie altyd op die manier wat ons dit wil hê nie.

Dikwels wil die Here ons op ‘n plek bring wat ons nie eers aan dink nie! Kom ons word nie moedeloos nie, maar bid en vertrou die Here en dit sal reg uitwerk.

Kom ons spreek lewe oor ons lewe, ons werk, ons huisgesin, familie en ons land. Ja, selfs oor Eskom en die regering.

Markus 11:24: “Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in gebed vra, glo dat julle dit al het en dit sal vir julle so wees.”

BEKENDSTELLING VAN NUWE PRODUK SPLITEQ M3T

Gertjie Davel het ons gasspreker Sanet de Klerk bekendgestel.

Sanet het die wonder produk M3 aan die vergadering bekendgestel.

M3 is ‘n Suid-Afrikaanse produk waarop 17 jaar navorsing gedoen is.

Hierdie produk maak die werking van water beter. Dit werk op alkaliese of suur water.

Dit is ‘n meerdoelige produk wat reg oor al die industrieë, asook huishoudelik gebruik word en is getoets en gesertifiseer.

M3 is ekonomies, nie giftig, nie vlambaar en nie korrosief nie. Dit kan selfs gedrink word.

Dit kan onder andere gebruik word as:

* ‘n Benatter vir chemiese produkte op plante.

* Emulgator: los vette, olies en ghries op van alle oppervlakke af.

* Blus vure baie vinniger en makliker. Veldbrande (1% oplossing), voertuigbande (3% ).

* Het verkoelings eienskappe wat die vuur help blus.

* Dit verminder tot 30% van die gebruik van chemiese produkte.

M3 kan nie skoon gebruik word nie, dit moet water by hê. Sanet het M3 prakties gedemonstreer, selfs op ‘n band wat brand. Sanet kan gekontak word by: 079 686 3096.

De Wildt Nuus 9 April 2023

Die ontstaan van die Magaliesbergreeks (4)

Die Karoo-sekwensie, die Dwyka-gletservorming – 345 miljoen jaar gelede.

In die eeue wat volg, vind erosie plaas, wat die landskap naastenby in ooreenkoms plaas met sy huidige vorm. Daar was egter voor dit ‘n tydperk van honderde miljoene jare van bedekking deur bewegende ys. In die noorde was die ys redelik dun en het die Soutpansberge moontlik bo die ys uitgesteek. Die Magaliesbergreeks daarenteen was onder die ys.

Soos die gletseragtige plate stadig suidwaarts beweeg het, het dit nie net grond en rots saamgeneem nie, maar ook die landskap geskuur en geskaaf. Hierdie skuuragtige konglomeraat het voortdurend meer en meer puin saamgesleur oor die oppervlakte van die landskap en dit glad geskuur.

Die effek op die Magaliesbergreeks was baie groot. Die hoë kwartsiet-kruine is weggeskuur. Om dus nou die prentjie te voltooi, het ons dus ‘n sogenaamde Sponslaag (grond) heel bo op al die verskillende lae wat gevorm is. Die samestelling van die sponslaag is die gevolg van ysgletsers, wind en water wat verskeie minerale opgebreek en gekorrodeer het om fyn partikels te vorm saam met plant- en fossielreste.

Om dus die hele proses van duisende miljoene eeue saam te vat, kyk ons na ‘n yslike groot binnelandse meer wat laag op laag gevorm word vanaf die Swartriflaag, opgevolg deur ‘n Dolomieten Chert-vormende laag, wat weer op sy beurt deur ‘n Skalie- en Kwartsietlaag volg.

Intussen breek die boom van die meer as gevolg van ‘n magma-uitbarsting en hitte en druk veroorsaak die uitstoot van die verskillende lae na die suide, waar die Doleriet- en Kwartsietlae die Magaliesberg-, die Daspoort- en die Time Ball-reeks vorm.

Soos borde in ‘n droograk!

Die interessante is dat ons as gevolg van die vorming nou ryk minerale aan die noordekant van die Magaliesbergreeks kry, ook baie kwartsiet- en sandneerslae.

Aan die suidekant kry ons weer skalieklip en klei, asook fyner kwartsiet en sand. Vandaar die steenwerke met hul kleistene aan die suidekant en veral in die Moot-areas.

Ook die plantegroei het hul aangepas by die omstandighede. Daaroor miskien eendag meer.

Bibliografie:

1. De Beer. B.K.,1975, Agter die Magalies, Johannesburg, Postma Publikasies.

2. Carruthers.V.,1990, The Magaliesberg, Johannesburg, Southern Book Publishers.

3. Nel. L., 2004, Anderkant die Magalies, Brummeria, Kontreiboeke.

4. Viljoen. M.J. & Reimold.W.U. 1999, An Introduction to South Africa’s Geological and Mining Heritage, Randburg, Mintek.

5. https://af.wikipedia.org/wiki/Magaliesberg.

6. https://us.search.yahoo.com/magalies mountain+origin+download.

De Wildt Nuus 10 April 2023

What to see in De Wildt

Grace Valley

Mag ons u voorstel aan Grace Valley, geleë te pad 59, De Wildt. Dit is ‘n oord vir mense van min of geen inkomste nie, bv SASSA begunstigdes. Ons verskaf verblyf en etes aan ons inwoners. Ons huisves in die omgewing van 50 mense. Meeste van die mense is bejaardes, maar daar is ook jonger mense asook gestremde persone.

Die wat kan, betaal R1250 per maand, wat hulle kamer en etes insluit, asook enige ander voorsiening wat ons kan doen. Daar is ook jonger mense, vir wie ons probeer help om werk te kry en op hulle voete te bring.

Baie van ons mense het nie meer familie nie of stel hulle families nie meer in hulle belang nie. Hulle vind dan ‘n nuwe familie by Grace Valley.

Ons verkies om nie na Grace Valley te verwys as ‘n “shelter” nie, ons beskou dit meer as ‘n geestelike hospitaal, waar ons mense kan oplig en bemoedig. Ons hoofdoel by Grace Valley is om mense nader aan die Here te bring deur God se genade en liefde aan hulle te probeer uitleef. Ons het ook op die oomblik ‘n internasionaal erkende Bybelstudie wat aangebied word vir diegene wat daaraan wil deelneem. Die belangstelling in die Bybelstudie is vir ons verbasend en so bemoedigend, want dit dui vir ons aan dat ons die doel bereik wat die Here vir ons gegee het.

Grace Valley het op 1 Junie 2017 sy deure oopgemaak en kan ons net getuig van al die wonderwerke van voorsiening wat die Here aan ons gedoen het. Ons is natuurlik baie afhanklik van skenkings, spesiaal kos skenkings, maar God antwoord werklik-

waar gebede.

Ons doel by Grace Valley is om die woorde van Mattheus 25 : 35 - 40 uit te leef, waar Christus vir ons sê dat as ons ‘n honger persoon voed, vir hulle kleding gee, vir hulle in die gevangenis gaan besoek, dat ons dit direk vir Christus self doen.

Alhoewel ons Christelik-gebasseerd is, is enige persoon van enige agtergrond welkom by Grace Valley. Ons het ook ‘n webwerf www.gracevalley.co.za. U is ook welkom om enige tyd Grace Valley te kom besoek en self te sien wat die Here by ons doen. Ons kontak nommers is 074 048 5548 (Camilla) / 071 367 6307 Danie.

SOMS VERLANG EK SOMMER …

Wie het al ooit daardie vae hunkering, ‘n seer ag-ek-wens-toggevoel ondervind? Sommige dae is hierdie gevoel onkeerbaar sterk en borrel dit oorweldigend diep vanuit my binneste – soos ‘n swaar vloed waarteen jy maar net magteloos kan veg. Weinig mense is in staat om hierdie begrip te definieer. Verlange is per slot van sake ‘n abstrakte begrip. My verlange is nie ‘n uitvloeisel van ‘n traumatiese belewenis nie. Maar tog… die gevoel is onmiskenbaar deel van my bestaan. Hierdie gevoel van hunkering word gewoonlik voorafgegaan deur ‘n reeks kenmerke wat onbetwisbaar soos ‘n windkous of termometer die geleidelike styging van my gevoel aandui. Eers voel dit asof my hart saamtrek en styf teen my borskas vasgepen word. Dit word opgevolg deur ‘n versnelling van my hartklop en dan eindelik die gevoel self: daardie gevoel van magteloosheid, ‘n begeerte om jou hande onbeskaamd uit te strek en te reik na iets moois, iets wat naamloos is, maar tog bestaan. Op ‘n ander dag is ek weer vol bravade – sterk en gepantser teen alle gevoelens. As ek dan op so ‘n dag aan my nietigheid en onsekerheid van die vorige dag dink, kom dit so belaglik voor, dat ek dit summier verwerp en myself voorneem dat dit nooit weer sal gebeur nie.

Ek verwar egter nie ‘n doodgewone verlange met my ‘’ander’’ gevoel nie. Almal verlang tog na hulle ouers as hulle weg is – hierdie verlange kan ook manifesteer as ‘n verlange na ‘n plek.

Ek verlang ook na die Karoo waar ‘n mens die peperbome kan ruik en waar vaal bergspitse ‘n gesprek met die son voer. Hierdie verlange is brandend soos die growwe wit sand tussen my tone op ‘n agtermiddag waar die son gaan stilstaan het. Bowe alles in my allesoorheersende verlange gesentreer om ‘n Utopia van Volmaaktheid.

As hierdie gevoel stadig maar seker weer kop-intrek en my gevoel van ontoereikendheid vervang met ‘n maskerade van ‘’ekis-dood-tevrede-dankie’’, dan onttrek ek my traak-my-nieagtig en sê soos gewoonlik: ‘’ag, soms verlang ek sommer…’’

De Wildt Nuus 11 April 2023

Graad 7’s gaan veldskool toe

Die graad 7’s van Laerskool Vissershoek het vanaf 13 tot 16 Februarie die klaskamers van ons pragskool verruil vir die veld en natuur. Sediba Kwêle is ‘n prentjiemooi bestemming net buite Beestekraal.

Almal het heerlik baljaar in die modder en in die swembad en moes planne beraam om die hindernis- en literiabaan se struikelblokke op te los. Hulle het geleer om saam te werk in ‘n groep en dat aggressie jou niks in die sak bring nie.

Baie van die graad 7’s het hulle grootste vrese oorwin en met die zipline afgegaan en muur geklim. Daadwerklik ‘n uitdaging vir elkeen! Maar hulle is trotse vissies wat kan getuig dat hulle dit gedoen het.

Die aande was spesiaal: ‘n nagmars het hulle van al die veld en sterre geleer en ‘n lantern bekruip was iets nuut....’n uitdaging om stil te bly! Maar die beste van alles was die kos. Dankie vir die sjef - dit het sommer gemaak dat hulle (amper) heeltemal van hul ouers vergeet het.

Vir elke graad 7 Vissie was dit vet pret en ‘n ondervinding wat hul vir die res van hul lewens sal onthou.

De Wildt Nuus 12 April 2023

VLU Brits hou Kersfees in Maart

Die 25ste konferensie van die Platinastreek van die Noord Wes Vroue Landbou Unie het op Woensdag die 15de Maart in die Neline Swartsaal van die N.G. KERK Krokodilrivier plaas gevind. 125 Eregaste, afgevaardigdes en waarnemers het die konferensie bygewoon en was deur die lede van die gasvroutak Brits ontvang en onthaal.

Die saal was opgetower om by die tema van die dag” Kersfees in Maart” aan te pas. 150 Papier engele met toewyding deur die lede van Brits-tak gevou en versier het die tafels en verhoog verfraai en San Pieterse het die lang blomstingels van die Agave Americana opgetower in `n tipiese Afrika Kersboom, weg van die gebruiklike denne en wattesneeu. Die konferensie is geopen deur Ds Werner Venter van die Nederduits Hervormde Kerk Schoemansdal na aanleiding van Sagaria 12 verse 9-14.

Die konferensie was amptelik geopen deur die President van die Noord Wes Vroue Landbou Unie, Gerda Swart. Sy het ook `n groete boodskap namens die hoofbestuur oorgedra. Cindy Coetzee. President van die SAVLU, was een van die eregaste en het die groete van die oorkoepelende organisasie wat al die provinsies en Namibië (behalwe Kaapland) verteenwoordig oorgedra. Wat `n voorreg was dit om haar te ontvang. Groete boodskappe was ook gelewer namens die ander twee streke van Noord Wes nl. Ver Wes- en Sonneblomstreek. Wannie Scribante van TLUSA het namens die boeregemeenskap gepraat en Hanlie Schoeman namens Die Dameskring.

Die geleentheidspreker vir die oggend was Dr Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting. Dr Langner het ons tema vir die jaar “Bewaar ons omgewing “uitgelig. Hy het ons aangemoedig om na ons eie kosbaarhede om te sien want nie die staat of enige ander staatsafhanklike instansie of organisasie gaan dit doen nie. Betsie Putter het namens Brits-tak aan Dr Langner onderskeidelik `n Witolien en Vanwykshout - die twee bome van die jaar - geskenk om by die Voortekkermonument aan te plant.

Na teetyd was die gewone administratiewe deel van `n jaarvergadering afgehandel soos die goedkeuring van die notule van die vorige konferensie, finansiële verslag en voorsittersverslag.

Verona Loots was herkies an vise-voorsitter van die streek.

Petra van Vuuren het die gehoor laat skaterlag met die vertellings wat sy as gaskunstenaar van die dag aan die gehoor voorgedra het.

Een van die hoogtepunte van die dag was die besoek van Noordwes Vroue Landbou Unie se skrywer van die jaar, Elsa Winckler, aan die tak al die pad van Bettysbaai af. Sy het die gaste een en ander oor haar skryfwerk vertel. Wat `n voorreg. Die prysuitdeling was die hoogtepunt van die dag. Brits se lede het met etlike pryse weg gestap o.a. in die afdeling skilderkuns was die eerste vier plekke deur Brits opgeraap. Annelie Coetzer (De Wildt ) verdien die 1ste prys, Fia v d Merwe 2de, Louise Herbst 3de en Christelle Buys 4de. Met die blommerangskikkings was al die eerste pryse in elke afdeling Brits inskrywings. Ita Viljoen het met haar skryfkuns “niemand het dit verwag nie…” die eerste prys in die skryfkuns afdeling met 98% behaal en terselfdertyd het sy daarmee ook die trofee vir die Mees Uitstaande artikel by die konferensie verdien.

Neeltje Louw voorsitter van Brits-tak het die trofeë vir die beste voorsittersverslag, die meeste lede verwerf en die tak met die

meeste punte by die konferensie ontvang. Brits-tak se punte totaal was 3347, 1263 punte meer as hulle naaste teenstander Marikana. Die trofee vir die beste skakelverslag was toegeken aan Christelle Buys, skakelbeampte van Brits-tak. Brits-tak het laatmiddag huis toe gegaan met die wete dat die 25ste konferensie van die Platinastreek van NWVLU `n groot sukses was.

De Wildt Nuus 13 April 2023
Annelie Coetzer Annelie Coetzer se kunswerk

HISTORY OF POMEGRANATE

Do pomegranates have a history?

It is said that pomegranate benefits were known to man since the ancient ages. Precisely why it finds mention in the Quran and the Bible.

Goddess of Harvest by tricking her to eat six pomegranate seeds. This makes her stay in the Underworld for six months each year, during which, the earth is deprived of its fertility.

The medieval marvel

Around Renaissance, this fruit of Persian origin travelled across the globe, inspiring writers and impressing artists. The French have named grenade, the hand-tossed weapon, after the pomegranate, because of the similarity between the fruit’s seed scattering property and the working of the weapon.

However, the history of a pomegranate is like the fruit itself. Just like the numerous seeds inside, its history is a collection of many historical incidents from across the world.

From the Promised Land to Greek myth

In Biblical tales, the fruits’ benefits have been well documented. The scouts presented it to Moses to symbolise the fertility of the Promised Land.

It also features in Greek mythology. In the story, Hades, the God of the Underworld, kidnaps Persephone, the

Pomegranates inspired Chaucer, Homer and Shakespeare too. The pomegranate features in many of their texts. Early sartorial texts reveal the influence of the pomegranate and its royal red colour led to the colour of many Italian fabrics, especially those from the Renaissance period. The greatest reverence for the fruit has been displayed by the Spanish, who put it in their National Emblem. There is a school of thought that believes that the fruit originally grew in China, during 100 BC, at the time of the Han dynasty. Later, pomegranates reached Italy where they got the name of Punic Apple, having taken the route through Carthage or Punic. Pomegranates are known as a symbol of health and prosperity across cultures. It is a part of Persian weddings where it is placed in a basket over the ceremonial cloth to represent a prosperous future. Pomegranates are a part of wedding ceremonies in Turkey, Crete and China too.

Fun facts about pomegranate

The pomegranate is a fun fruit. Read through the facts below and find out why:

Super seedy fruit

There can be more than 1,000 seeds in a pomegranate! Are you taller than a pomegranate tree?

A pomegranate tree can grow up to 15 feet in height and live for as long as 100 years!

The holy pomegranate

The Hindus perceive the pomegranate as a symbol of fertility and prosperity.

Can I tempt you?

Many believe that Adam was tempted by a pomegranate and not an apple. It is one of the oldest fruits known to man.

Sweet without calorie

A glass of pomegranate juice is sweet yet it contains less than one gram of protein and fat.

De Wildt Nuus 14 April 2023
De Wildt Nuus 15 April 2023 Beskikbaar Februarie 2023
De Wildt Nuus 16 April 2023

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.