1 minute read

KOBIE BEDERF SENIOR BURGERS MET VALENTYNSETE

Advertisement

Kobie Opperman van Kobie se Plekkie, het op 23 Februarie 2023 weer die senior burgers van De Wildt bederf. In die Desember 2022 uitgawe het ons berig van die heerlike senior burger ete waarmee sy almal bederf het.

Dié keer was dit ‘n Valentynsete. Almal is vooraf versoek om hulle in rooi te tooi.

Kobie het almal verwelkom en soos gewoonlik weer ‘n paar trane gepik, (so het ons haar deur die jare leer ken en vir haar lief geword, want sy het eintlik ‘n baie klein hartjie).

Hanna Scribante het haar bedank vir haar onbaatsugtige liefde vir haar medemens, haar omgee en gasvryheid.

Johan Venter Finansiële Adviseurs het al die bestanddele geborg en Kobie het soos gewoonlik vrou alleen al die kos voorberei, ‘n heerlike boerekos ete met malvapoeding.

Christa Fourie en Patricia van Niekerk het haar help opskep. Almal het heerlik saam gekuier.

Ou vriende het mekaar weer gesien en nuwe vriende is gemaak. Baie dankie Kobie! Jy word waardeer.

This article is from: