1 minute read

What to see in De Wildt Grace Valley

Mag ons u voorstel aan Grace Valley, geleë te pad 59, De Wildt. Dit is ‘n oord vir mense van min of geen inkomste nie, bv SASSA begunstigdes. Ons verskaf verblyf en etes aan ons inwoners. Ons huisves in die omgewing van 50 mense. Meeste van die mense is bejaardes, maar daar is ook jonger mense asook gestremde persone.

Die wat kan, betaal R1250 per maand, wat hulle kamer en etes insluit, asook enige ander voorsiening wat ons kan doen. Daar is ook jonger mense, vir wie ons probeer help om werk te kry en op hulle voete te bring.

Advertisement

Baie van ons mense het nie meer familie nie of stel hulle families nie meer in hulle belang nie. Hulle vind dan ‘n nuwe familie by Grace Valley.

Ons verkies om nie na Grace Valley te verwys as ‘n “shelter” nie, ons beskou dit meer as ‘n geestelike hospitaal, waar ons mense kan oplig en bemoedig. Ons hoofdoel by Grace Valley is om mense nader aan die Here te bring deur God se genade en liefde aan hulle te probeer uitleef. Ons het ook op die oomblik ‘n internasionaal erkende Bybelstudie wat aangebied word vir diegene wat daaraan wil deelneem. Die belangstelling in die Bybelstudie is vir ons verbasend en so bemoedigend, want dit dui vir ons aan dat ons die doel bereik wat die Here vir ons gegee het.

Grace Valley het op 1 Junie 2017 sy deure oopgemaak en kan ons net getuig van al die wonderwerke van voorsiening wat die Here aan ons gedoen het. Ons is natuurlik baie afhanklik van skenkings, spesiaal kos skenkings, maar God antwoord werklik- waar gebede.

Rina Bester

Ons doel by Grace Valley is om die woorde van Mattheus 25 : 35 - 40 uit te leef, waar Christus vir ons sê dat as ons ‘n honger persoon voed, vir hulle kleding gee, vir hulle in die gevangenis gaan besoek, dat ons dit direk vir Christus self doen.

Alhoewel ons Christelik-gebasseerd is, is enige persoon van enige agtergrond welkom by Grace Valley. Ons het ook ‘n webwerf www.gracevalley.co.za. U is ook welkom om enige tyd Grace Valley te kom besoek en self te sien wat die Here by ons doen. Ons kontak nommers is 074 048 5548 (Camilla) / 071 367 6307 Danie.

This article is from: