
3 minute read
DIE LAASTE RIT
from DW Nuus April 2023
Hester Louw
Hierdie is nie my eie skryfwerk nie. Ek weet nie eens wie die oorspronklike outeur is nie. Maar dit het my diep geraak en daarom deel ek dit graag:
Advertisement
Ek was al redelik moeg toe die dame se oproep vir ‘n huurmotor inkom. Ek het na die adres gekyk en gewonder wat daartoe aanleiding gee dat sy in so ‘n buurt woon. Dit was skoon maar armoedig. Ek het stadig gery tot ek haar huisnommer gekry en voor die hekkie stil gehou het.
Ek het die stoeptrappies opgegaan en die klokkie gelui, Na ‘n paar minute het ek weer die klokkie gelui ... toe hoor ek dit ... stadige voetstappe en iets wat sleep.
Die voordeur het oopgegaan en ek het gesien dat alles in die huisie met lakens toegegooi is. Die ou dame het omgedraai ... ‘n oomblik lank in die huis gekyk en toe die deur toegetrek.
Ek het die ou nylon tassie wat sy by haar gehad het geneem en dit in die motor gelaai en die deur vir haar oopgehou.
Sy het my haar bestemmingsadres op ‘n stukkie papier oorhandig en in my gedagtes het ek alreeds die kortste en vinnigste roete uitgewerk toe sy my vra of ons net by die strand langs kan ry ... Ek het haar gesê dis nie die kortste pad nie en sy het geantwoord dat sy nie omgee nie ... sy is nie haastig nie ... Die adres op die stukkie papier was die van ‘n terminale versorgingsoord ... Die dokter het my net 3 weke gegee en ek wil net die see weer eenkeer sien.
Ek het haar afgeneem strand toe. Sy het haar skoene uitgetrek en ons het ‘n kort entjie op die strand gestap waar sy haar voete deur die sand gesleep het en toe ry ons na nog ‘n paar geboue ... Die kerk waar sy en haar man getroud is en waaruit hy ook jare terug begrawe was. Die park waar haar trou foto’s geneem was. Die gebou wat eers ‘n ysskaatsbaan was waar sy en haar man ontmoet het.
Soos wat ek met haar gery het en sy haar hele lewe met my gedeel het, het die moegheid uit my liggaam gesypel. Ek het haar lewe met haar gedeel ... Al die gelukkige tye wat sy gehad het en ook die hartseer tye ...Toe ons laat middag by haar bestemming opdaag, het die deurwag op haar gewag ... en terwyl ek die tassie uit die motor laai, het hulle haar op ‘n rystoel laat sit.
Wat skuld ek jou ... wou sy weet? Niks het ek geantwoord ... Maar jy moet ook lewe was haar antwoord ... Daar is ander kliënte het ek haar verseker. Ek het na haar gestap en haar ‘n stywe drukkie gegee ... Sy het my hand vasgegryp en dit styf vasgehou ... Dankie dat jy ‘n ou dame se hart so gelukkig gemaak het vandag.
Ek was bewoë en baie emosioneel en het vertrek en die res van die dag kon ek net nie aan die werk kom nie. Ek het gewonder wat sou gebeur as ‘n haastige of ongeduldige persoon haar vandag gaan oplaai het ... En toe besef ek dat ons lewens so gejaagd geword het, dat ons nie meer tyd het om die mooi dinge raak te sien of te ervaar nie ... ‘n Eenvoudige rit deur die stad het hierdie ou vroutjie se hart verbly ... En dit het my hele uitkyk op die lewe verander ...
Hoeveel mense ontmoet ons elke dag, ons weet nie van die seer oor ‘n verlore kind nie ... Ons weet nie van die pyn en hartseer wat diep verberg word nie ... Ons weet nie van die vreeslike prognose wat hulle lewenstydperk verkort nie ... Nee ons lewe by mekaar verby.
Net vir vandag ... Kom ons kyk om ons rond en sien wie het ‘n drukkie nodig ... of miskien ‘n gebed ... of miskien net ‘n rit deur die laan van herinneringe ... en ons moet net luister. Ons kan ‘n verandering maak in iemand se lewe ...
As pasgebore baba is ek te dom om te verstaan van GOD
As ‘n peuter is ek te klein om aan GOD te dink
As ‘n kleuter is my ma en pa my hero en weet ek van GOD maar dink nie baie aan Hom nie.
As ‘n kind is ek te besig om aan GOD te dink
As ‘n tiener is ek te verlief om aan GOD te dink
As volwassene is ek te veel bekommerd om aan GOD te dink. As ‘n oumens is ek te siek om aan GOD te dink.
As ‘n sterweling is dit te laat om aan GOD te dink. Ons lewe nou, ons weet nie wat die toekoms vir ons inhou nie. Of ons nog môre hier is of nie. Die dood wag nie dat jy al jou afsprake eers klaar maak nie. Ek en jy is een “tree” van die dood af. Ons het nou die tyd om nog jammer te sê en alles te aanvaar in jou lewe. Onthou my tyd en jou tyd en my planne en jou planne is nie GOD se tyd en planne nie.
Gaan sit en dink gerus na hieroor, maar geniet ‘n wonderlike en geseënde dag en mag jy in 2023 genoeg tyd hê vir vriende en familie om saam met hulle dit te ervaar.
Indien dit ons laaste rit is, geniet elke oomblik daarvan. Pas julle mooi op en moet nie vergeet hoe spesiaal julle is nie.
Lekker en geseënde dag vol Jesus-liefde