
1 minute read
Graad 7’s gaan veldskool toe
from DW Nuus April 2023
Die graad 7’s van Laerskool Vissershoek het vanaf 13 tot 16 Februarie die klaskamers van ons pragskool verruil vir die veld en natuur. Sediba Kwêle is ‘n prentjiemooi bestemming net buite Beestekraal.

Advertisement






Almal het heerlik baljaar in die modder en in die swembad en moes planne beraam om die hindernis- en literiabaan se struikelblokke op te los. Hulle het geleer om saam te werk in ‘n groep en dat aggressie jou niks in die sak bring nie.
Baie van die graad 7’s het hulle grootste vrese oorwin en met die zipline afgegaan en muur geklim. Daadwerklik ‘n uitdaging vir elkeen! Maar hulle is trotse vissies wat kan getuig dat hulle dit gedoen het.
Die aande was spesiaal: ‘n nagmars het hulle van al die veld en sterre geleer en ‘n lantern bekruip was iets nuut....’n uitdaging om stil te bly! Maar die beste van alles was die kos. Dankie vir die sjef - dit het sommer gemaak dat hulle (amper) heeltemal van hul ouers vergeet het.
Vir elke graad 7 Vissie was dit vet pret en ‘n ondervinding wat hul vir die res van hul lewens sal onthou.