50
DIE BONTEBOK
Wes Bolandjag-tak te bedank vir almal se bydrae om van ons vereniging ‘n groot sukses te maak. Sonder ‘n ywerige bestuur wat nie huiwer om hul kant te bring nie, en lede wat skietaktiwiteite bywoon, kan geen vereniging voortbestaan nie Die volgende aktiwiteite is die ghong skiet op 17 April op die skietbaan, wat ‘n lekker uitdaging is en die 5 skoot groepering
skiet met 2 of 4 jaggewere op 15 Mei wat sommer ook ‘n goeie geleentheid bied om gewere reg te kry vir die jagseisoen. Ons vertrou dat almal gesond sal bly en dat die 2021 jagseisoen ‘n beter een sal wees as die vorige jaar. Vriendelike groete Kobus Van Niekerk en Bestuur
Kobus Van Niekerk - Voorsitter
M
et die nuwe jaar in volle swang en vol uitdagings wat die aanbied van skiet aktiwiteite betref, is besluit om die intertak skiet tussen Wes Bolandjag en Weskus tak uit te stel tot verdere kennisgewing. Ons het wel die veldskiet op 20 Februarie aangebied en ook die onlangse Chasa baanskiet op 06 maart 2021. Die gemiddelde aantal deelnemers vir die twee skiete was 25, wat toon dat die getalle af is teenoor die 35 plus lede wat normaalweg deelneem. 2020 is afgesluit met die Tyro handwapen en Chasa kleiduif skiet wat op 05 Desember 2020 op die Plaas Kleinbegin van Braam Marais in die berge buite Citrusdal aangebied is. Die skiet was goed verteenwoordig en die omgewing is baie mooi. Daar word beplan om ‘n toekomstige veldskiet daar aan te bied, aangesien die terrein met natuurlike bos en klowe perfek is daarvoor. Ons jaarvergadering word op 16 Maart in die rolbalklub op Moorreesburg gehou en ons nooi almal uit om die vergadering by te woon met ‘n lekker ete na afloop van die verrigtinge. Terwyl ons op die vooraand van ‘n jaarvergadering staan wil ek van die geleentheid gebruik maak om die bestuur van Wes Bolandjag en die lede wat gereeld ons skiet aktiwiteite bywoon
Pa en seun/dogter groepe saam met ‘n paar van die “ou manne” wat aan die kleiduif skiet deelgeneem het. Die jong klomp word van kleins af aan sportskiet blootgestel om te verseker dat die sport bly voortbestaan
Wenners van die Chasa kleiduif skiet op 05 Desember 2020 op die plaas kleinbegin met hul sertifikate saam met die voorsitter. Matt Relihan (middel agter) het die baan opgestel en ‘n puik skiet aangebied.