1 minute read

NAMAKWA-TAK

Next Article
SENTRAAL-TAK

SENTRAAL-TAK

Braham de Swardt - Voorsitter

Advertisement

2020 was seer sekerlik die onaktiefste jaar wat NAMAKWA TAK nog gehad – Die hele Covid pandemie het maar ons beplanning erg in die wiele gery en gemaak dat ons werklik baie min aktiwiteite aangebied het. Hopenlik is 2021 ‘n beter jaar.

Een van ons aktiwiteite was ‘n ‘Ghong challenge’’ – Dit was ‘n unieke dag met selfs ‘n bewegende ghong wat op ‘n spoor geloop het, en die manne redelik laat les opse het..

Ons het ook saam met die plaaslike Landbou vereniging ‘n gekombineerde dag gehad met landbou tentoonstellings asook ons gewilde KLEIDUIF skiet wat weereens aangebied is deur Matt Relihan. Met die betrokkendheid van die Landbou vereniging het ons dit goedgedink om die skiet by Maskam Brewing Centre, ‘n plaaslike Restaurant en venue op ‘n plaas buite die dorp aan te bied, om sodoende meer mense te trek en om ook dalk nuwe mense aan die kleiduif sport bloot te stel. Ek en my bestuur wens al ons lede ‘n gesonde en raakskiet jaar verder toe. Gong skiet Wenners vlnr Evan Lategan (3), Carel Maritz (1), Sybrand Laubscher (2))

Kleiduif skiet deelnemers staan nader vir lekker haelgeweer skiet

This article is from: