
7 minute read
STELLA DOEN HAAR HONDE MATRIEK
by Die Bontebok
deur: dawid rossouw
Stella word oefen en geniet die oop ruimtes op Rondebosch Common
Advertisement
Dit vat nou wel nie twaalf jaar nie, genadiglik tog nie, net so twee jaar, om ʼn Labrador retriever op te lei tot hulle ten volle funksioneel kan werk. Ek het ver en wyd gesoek om vir Stella te vind. Sy is van ʼn stamboom vol werkende Labradors. Beide haar ouers verdien hulle brood (vleis eerder) deur vir ʼn professionele jagter te werk. Hy het haar pa uit Skotland ingevoer waar hy op sy beurt van ʼn field trials familie afstam. Dit alles beteken dat ek geweet het ek kry ʼn hond wat skerp gaan wees met baie potensiaal. Maar nes met ʼn vlymskerp mes, moet mens versigtig wees, want sny jy verkeerd met hom dan maak jy hom stomp.
Die eerste jaar van opleiding verg gereelde kort oefensessies en ek reken ek het so om en by vyf dae ʼn week daarby uitgekom sedert ons Stella (Rossouw) in Januarie 2020 gekry het. Aanvanklik was sy in kwarantyn omdat daar ʼn katgriep epidemie in Kaapstad was en sy eers al haar inentings moes kry voor sy met veiligheid uit ons agterplaas gelaat kon word om met ander honde en mense kennis te maak. Natuurlik was dit net betyds vir ons (mense) se Covid19 pandemie level 5 inperking en kon Stella ook tot in Junie weer nêrens gaan nie. In die streng grendeltyd moes ons natuurlik in die agterplaas oefen, daarna, onder level 4, vroegmôre buite op UCT se sportgronde en op Rondebosch Common, wat beide naby genoeg was om van die huis af te stap. By Welgelegen se ou Kaaps Hollandse opstal, het ons die meeste van die bevele ingeoefen en op die Common kon Stella ander honde en mense leer ken. Deesdae wei almal se honde daar, nie meer hulle perde en osse nie. Vir swem oefening was UCT se dam die ideale plek. Ek dink Stella het meer tyd op UCT se kampus spandeer as wat die regte studente in 2020 gedoen het. Om haar gewoond te maak aan skote wat klap was maklik so lank ons dit met papiersakke wat bars gedoen het en broodplanke teen mekaar geklap het, maar met .22 blanks het dit moeiliker geraak om plekke te vind waar die mense nie aanstoot neem nie. Vir die regte haelgeweer knal moes ons natuurlik uitry Philadelphia toe om op die plaas te gaan oefen. Gelukkig het die inperkings betyds daarvoor verslap. Uiteindelik dink ek die omgekrapte jaar van Covid het my ʼn guns bewys deur my meer tyd te gee om met Stella te werk.
tot sy dit amper foutloos kon doen, maar daar was geen voëls betrokke nie. (Spreekwoordelik het ek haar al die verskillende “moves” van die dans geleer, maar apart van mekaar en dit nooit agtermekaar gesit en die musiek gespeel nie.) Sy het byvoorbeeld geleer om te sit wanneer die skoot klap, maar as ʼn totaal onafhanklike oefening. Sy het geleer om te sit en wag tot ek die bevel gee om iets te gaan haal. Sy het nog nooit gesien dat ʼn vlieënde voël uit die lug geskiet word nie. Sy het dus geen verbintenis tussen skiet, voël wat val, en hardloop om dit te gaan haal gemaak nie. Wanneer al hierdie, en heelparty ander, bevele mooi ingeoefen is, dan breek jou hond se eerste GROOT toets aan – ek vergelyk dit met matriek eksamen.
As dit verkeerd loop, dan is dit bitter moeilik om hulle weer op die regte spoor te kry. So, mens huiwer en twyfel of jou hond gereed is daarvoor, want jy weet as jy dit te vroeg doen kan dit baie van jou harde werk ongedaan maak. Stella het onlangs 1 jaar oud geword en dis gewoonlik wanneer hulle gereed is. Sy is natuurlik nog nie naastenby klaar geleer nie. Daars nog sowat ʼn jaar daarvan wat voorlê, maar daardie tweede jaar van opleiding is heeltemal anders as die eerste, want dan het hulle reeds die konneksie gemaak tussen die dinge waarvan ek hierbo gepraat het en jy kan hulle dit nooit weer ont-leer nie. In rekenaar taal - die eerste jaar installeer jy die sagteware en in die tweede jaar leer hulle om dit te gebruik. Maar uiteindelik kan mens nie langer huiwer nie en moet jy en jou hond, want dis werklik julle albei wat getoets word, dit waag en eenvoudig aan die diep kant inspring en matriek gaan skryf.
Duiwe skiet! Dis die maklikste van al die voëls om jong honde aan werklike voëls bekend te stel, want jy bly op een plek staan terwyl die duiwe na jou toe aangevlieg kom en dis makliker om te beheer en te voorspel wat gaan gebeur. Die stoppellande is ook lekker kaal en dis nie te moeilik om die duiwe te vind nie. Die week of twee voor die groot dag gebruik jy ʼn duif wat vroeër geskiet is en wat jy in ʼn ou sokkie gedruk het om die hond aan ʼn duif se reuk gewoond te maak, sodat dit darem nie heeltemal onbekend gaan wees nie. Duiwe het baie los vere en die hond kry amper altyd ʼn hele bek en neus vol vere as hulle een optel en terugbring. Sommige jong honde verstik daarin en weier dan volstrek om

Stella kou die matte flenters maar pleit onskuldig

weer ʼn duif op te tel. Op die manier verhoed jy dan ook dat dit die hond afsit van duiwe. Op die groot dag is dit die beste om iemand anders die skietwerk te laat doen sodat jy op jou hond kan konsentreer en seker maak dat alles reg verloop. Skiet was David se werk. Bok jagters sal verstaan as ek sê dat dit is asof jy en jou hond tot dusver net op die skietbaan na papier teikens geskiet het, en nou staan jy skielik met ʼn reuse koedoebul in die teleskoop en jou hart klop in jou keel. Honde kry ook bokkoors, of eerder voël-koors. Dis presies waarom jy dit so wil manipuleer dat alles reg en rustig verloop, want daardie eerste kennismaking met die werklike ding laat so ʼn sterk en permanente indruk dat jy dit moeilik agterna kan verander. Jy maak seker dat die hond dadelik sit as die skoot klap, mooi kan sien waar die duif val, wag vir ʼn paar sekondes voordat jy die bevel gee om te “bring”! Hulle mag NOOIT die vaagste idee kry dat hulle sommer net mag hardloop en gaan optel wanneer die voël val of wanneer hulle wil nie. Dis waarom hulle vir eers nog aan ʼn lang leiband is, net vir ingeval hulle ooropgewonde raak en skoon van al hulle lesse vergeet. Jy maak ook dood seker dat jy hulle slegs stuur om ʼn duif te gaan haal wat maklik is om te vind en wat bykans onmoontlik is om te mis, want jy wil sukses verseker. Na ʼn paar sulkes aanvaar hulle dat daar altyd iets sal wees as jy hulle stuur om te gaan haal.
Dis presies wat ek, David en Stella daardie Saterdag in November gedoen het in Durbanville se heuwels. Matriek vir jaghonde! Stella het met vlieënde vaandels geslaag en altesaam 5 duiwe gaan haal (5 A simbole?). Ek het reeds vroeg opgemerk dat Stella vinnig leer en dit beslis weer gesien. Na die tweede duif het sy reeds uitgewerk dat die belangrike ding om dop te hou die voëls is wat aangevlieg kom, nie die jagter nie. Dus, nou is die konneksie tussen voëls wat vlieg, skoot wat klap, sit, voël wat val en “bring”, duidelik aanmekaar geskakel en die musiek speel sodat die dans kan begin. Werklik ʼn honde mylpaal! groot haakplekke, vat ek dit maar as ʼn nietigheid: Stella het gou uitgewerk dat die duiwe meestal by David uit die lug uit tuimel, want ek het sedertdien altevol vrotsig geskiet. Nou sit sy by my linkerknie en wag geduldig, maar hou die hele tyd net vir David, en die duiwe wat na sy kant toe vlieg, dop. Sy weet duidelik dis waar haar dienste benodig gaan word en waar die pret gaan wees. Vir my wat deesdae meer mis as raak skiet, kyk sy nie eers aan nie! Dis nou wat gebeur as jy ʼn slim hond leer!

Stella sit en hou mooi dop of David raakskiet
