3 minute read

KAAPJAG PRESIDENT

Next Article
WES-BOLANDJAG-TAK

WES-BOLANDJAG-TAK

Beste mede-Kaapjag lede, die nuwe jaar is in volle swang. Dit voel soos gister wat ons nog kersbome versier het en hier is ons al diep in Maart. Ons as bestuur was al ywerig aan die werk die jaar en het reeds ‘n bestuursvergadering of twee agter die blad. Een van ons prioriteite vir die bestuur was om al die Kaapjag takke en hul bestuurspanne te gaan besoek.

Ek, Andre Duvenhage en Matt Relihan het die 11de Februarie ’n afspraak met Namakwa-Tak gehad. Wat ’n groot verrassing toe ons die aand by Braam se plek stop en 21 van sy bestuur en lede vir ons daar ingewag. Wat ’n riem onder die hart om so ’n klomp jong en entoesiastiese lede by mekaar te sien en te kon gesels. Andre en Matt het die geleentheid gebruik om mooi te verduidelik hoe Kaapjag funsioneer en inmekaar steek en hoe belangrik die takke vir ons is, asook hoe belangrik dit is dat almal inkoop in die idee. Die aand is daar lekker gebraai en gesels. Welgedaan Namakwa-Tak. Julle is op die regte pad.

Advertisement

Die 12de Februarie was ons by Boesmanland. Daar was vier lede van die bestuur. Twee van die bestuur was nog onder kwarantyn weens Covid, maar die ontvangs was nogtans warm en lekker. Andre en Matt het verduidelik hoe belangrik die takke in Kaapjag is vir sy voortbestaan. Daarna het ons gebraai en lekker gesels. Ons moes gou maak om voor 11-uur klaar te wees. Die volgende dag het ons die AJV bygewoon. Dit het goed afgeloop en ’n nuwe bestuur is gekies. Na die vergadering het ons ’n pistool en haelgeweer skiet gehad. Matt het ‘n haelgeweer baan opgestel wat lekker uitdagend was. Antony het vir ons ’n taktiese pistoolbaan opgestel wat tot die ou manne laat hardloop het, want als werk mos teen tyd. Altwee bane was uitstekend. Welgedaan Boesmanland. Julle weet hoe om mense te laat ontspan en die dag te laat geniet.

Kaapjag se doel

Dit was duidelik by al die takke wat ons besoek het dat skiet die gom is wat die takke en Kaapjag aan mekaar hou. Ons doel moet wees om beter opgeleide jagters aan die jagveld te verskaf sodat ’n bok met die eerste skoot gedood word met so min as moontlik vleisskade en geen lyding. Die jagplaas-eienaars moet weet as dit ’n Kaapjag lid is hoef hy nie bekommerd te wees nie, want dit is ’n goed opgeleide jagter.

Die doel is om meer toegewyde jagters op te lei en toegewyde status te gee deur die eksamen op die website te skryf sodat die lid meer wapens kan besit om verskillende spesies te kan jag.

Sportskut status word ook deur ons aangebied met al die gepaardgaande voordele om meer as een van dieselfde kalibers te mag besit, asook semi-outomatiese gewere.

Daar word skiete by al 9 takke aangebied in verskillende formate. Die lede kan kies waar hulle wil gaan skiet om hulle vermoeëns te toets en te verbeter. By sekere skiete gaan daar ’n ranglys wees sodat jy kan sien waar jy lê in Kaapjag en die beste skuts sal dan uitgenooi word om Kaapjag te gaan verteenwoordig in daardie dissipline.

Johann Strauss

waar hulle ook kan kwalifiseer vir groter kompetisies. Wat handwapens betref: Daar is baie entoesiastiese lede wat goed doen en baie kompeterend is, die sport geniet en aan groot kompetisies deelneem. Wat my bekommer is dat ’n groot klomp van ons lede wat handwapens het nie weet hoe om dit te gebruik nie. Dit lê net en stof vergader. Dit help nie as jy in die moeilikheid is om dan die handwapen uit te haal wanneer jy net sekondes het om te reageer nie. Jy moet ingeoefen wees en die stappe moet outomaties kom, anders is jy dood of jy word oorrompel.

Kom woon ten minste een of twee handwapen skiete in ’n jaar by om in voeling te bly. Dit kan jou of een van jou gesinslede se lewe red. Kaapjag is een van die verenigings wat baie skiete vir hul lede aanbied. Alle Kaapjag lede het inspraak in die vereniging, van grondvlak af, deur sy takvoorsitter en by ons hoofkantoor. Hulle kan die AJV bywoon en die uitvoerende bestuur help kies. Watter ander organisasie kan dieselde sê? Kaapjag se AJV word in Bredasdorp aangebied op 24 April 2021. Kom woon dit gerus by. Ons sien jou graag daar. Skietgroete Johann

This article is from: