3 minute read

REDAKTEUR

Next Article
WES-BOLANDJAG-TAK

WES-BOLANDJAG-TAK

DIE REDAKTEUR

Welkom by die April 2021 uitgawe van Die Bontebok. Hierdie uitgawe is weer vol jagstories en artikels. Ek en Matt Relihan het besoek gaan aflê by Dr Andries De Klerk, wat Kaapjag se Gevorderde Jagters toekenning ontvang het en lekker by hom gekuier. Die artikel is op bladsy 12. Dawid Rossouw vertel ons op bladsy 14 hoe hy sy hond, Stella, opgelei het. Op bladsy 26 jag Greg Sykes en vriende lekker in die Oos Kaap. Dit was met skok en groot hartseer dat ons kennis geneem het van die onlangse heengaan van vier van KAAPJAG se aktiewe en mees gewaardeerde lede. Hulle het elkeen op hul eie unieke wyse ‘n noemenswaardige bydrae gemaak, oor vele jare, tot die voortbestaan en sukses van die vereniging. Ons eer die nagedagtenis en unieke bydrae deur hierdie ontslape lede:

Advertisement

MOGAMAT NASIR JENSEN (NAZIR) 20/02/1947 – 3/01/2021 PHILLIPUS GERHARDUS BOTHMA 31/10/1950 – 30/12/2020 PETRUS JOHANNES ELOFF (PIET) 7/11/1947 – 30/12/2020 JACOB STEPHANUS VAN DER SPUY LOUW (JAPIE) 13/01/1934 – 12/02/2021

Ons vereniging is baie armer weens hierdie verlies. Die Algemene Jaarvergadering van Kaapjag word vanjaar deur OverbergTak op 24 April by Bredasdorp aangebied. Daar sal ook ‘n lekker skiet en ete wees. Die dag word geborg deur Guns & Bows. Dis amper weer daardie tyd van die jaar, jagseisoen tyd. Ek is ‘n groot voorstander om te oefen by die huis en te gaan jag in die jagveld. Maak seker jou toerusting is reg en jou skietvernuf is opgeskerp. Maak seker jou geweer en teleskoop skiet net so goed soos jy. Dis maar ‘n tragiese jag as jy moet begin soek na gekweste diere. Dis ook ‘n goeie idee om ‘n bietjie oefening in te kry voor die jag begin. Dis nie ‘n lekker jag as jy stokflou na

Francois Rossouw

die eerste dag se stap in die veld is nie. ‘n Jaggeweer raak ook nie ligter soos die dag langer word nie. Ai, en maak maar seker van die skoene, want seer voete stap moeilik. Stap jou jagstewels lekker in voor jy hulle inpak. Iets wat ek aangeskaf het ‘n paar jaar gelede is enkel kamaste. As daar een ding is wat ek haat is dit klitsgras in my sokkies. Jy kry hulle nooit almal uit nie en daar is altyd een wat jou heeldag sal pla. Ons kompetisie wenner: Baie geluk aan Cohen Taljaard met sy wenfoto vir ons fotogallery. Hy kry ‘n R2 500 geskenkbewys by Ivan Volskenck van Ells & Co. Groete en lekker lees.

DIE BONTEBOK: EDITORIAL TEAM

EDITOR: Francois Rossouw francois@salocums.com COPY: N Bertram • A Cilliers DESIGNERS: • Johan Du Toit • Jade Design • Alfred Smidt Design DISCLAIMER Die Bontebok makes no representation, endorsements, warranties or guarantees about any of the products and/or services offered or advertised within this magazine. Die Bontebok expressly disclaims any and all liability relating to or arising from the sale, distribution, manufacture, use or misuse of all products and all services offered and advertised within this publication.

COPYRIGHT Both nationally and internationally all material herein is held by Die Bontebok. No reproduction of any nature is permitted without prior written consent of the owner.

INDEMNITY Die Bontebok, its owners, members and staff hereby advise that partaking in any activities, and handling any equipment advertised in, or written about in this publication, involve risk, potential injury or death to oneself or others. Great care and professional advice must be taken when carrying out these activities. Die Bontebok, its owners, members and staff cannot accept any responsibility or liability for any damage to personal property, including, but not limited to loss, financial loss, injury or death.

ADVERTISING & SALES: • Yolande van der Merwe frontpagemedia@gmail.com

CORRESPONDENTS / EDITORIAL: • Matt Relihan • Hein Aylward

PHOTOGRAPHY: • Landi Lombard • Ernst Lombard

This article is from: