
3 minute read
KAAPJAG LÊ BESOEK AF BY DR ANDIES DE KLERK
by Die Bontebok
Matt Relihan, Dr Andries De Klerk en Francois Rossouw kuier saam in die trofeekamer KAAPJAG LÊ BESOEK AF BY - DR ANDRIES DE KLERK
Kaapjag CEO Matt Relihan het gaan kuier by Dr De Klerk, Kaapjag se nuutste ontvanger van die gevorderde jagtoekenning. Dr Andries de Klerk is gebore in die Colesberg distrik in 1949. Sy pa Dries het geboer met skape en resiesperde so 20km buite Colesberg op die plaas Ysterfontein. As jong seun het sy pa hom veldkuns en skiet geleer soos ‘n plaasseun moes leer. Net raakskiet tel. Mis is mis. Hy het begin met ‘n Tyrol .22 geweer tot sy pa kon sien hy is behendig genoeg daarmee en het toe vir hom ‘n .243 Musgrave met ‘n Supra Nickel teleskoop laat bou. Hierdie was ‘n groot geleentheid vir die jong man en ons kan maar sê die res is geskiedenis. Die lewe het egter so ‘n paar draaie met Andries geloop voor hy dokter De Klerk geword het. Hy het eers ‘n hele paar jaar gaan boer in Colesberg voor hy besluit het om sy studies aan te pak. Hy kwalifiseer in 1977 as mediese dokter en begin pasiënte in Oos-Kaap en later in Ficksburg gesond gemaak. In 1992 besluit hy dis nou tyd om vir hom gewere te laat bou waarmee hy amper alles kan jag. ‘n Man moet mos die regte gereekskap hê. Die gewere word pasgemaak deur Musgrave en die kalibers wat Andries gekies het was: ‘n .22-250, 7X64 Brenneke, .300 Win Mag en 7mm Remington. Met hierdie gewere jag hy wyd en syd oor Suid Afrika en sommer verder op in Afrika ook. In 1980 word klein Andries gebore en dis nie lank nie of hy word ook veldvernuf en skiet geleer deur sy pa. Klein Andries is nou al groot
Advertisement



Dr De Klerk by sy indrukwekende versameling pasgemaakte jaggewere
Andries en die wynmaker by Morgenhof in Stellenbosch. Hy bly egter sy pa se kind en hy jag net so ywerig soos die dokter. Saam het Andries snr en Andries jnr menigte jagte meegemaak. Snr sê juis jy moet sorg dat jy ‘n goeie jagmaat het om mee saam te jag en dit het hy beslis in sy eie seun gekry.
Ons vra vir die veteraan jagter om ‘n bietjie van sy ondervinding te deel. Wat sou hy beskou as goeie advies aan jong jagters? Andries: ”Eerstens moet mens eties jag en dit begin om binne jou eie vermoëns te jag, oftewel skiet binne jou eie vermoëns. Ken dus jou geweer en weet wat jy daarmee kan bereik. Tweedens moet jy skiet om raak te skiet en nie te kwes nie. ‘n Groot kaliber maak nie op vir swak skootplasing nie. Derdens moet jy die “Golden Hour” reël maar altyd volg. Dis die uur voor sonop en laaste uur voor sononder. Jy moet al in die veld wees vroeg oggend, nie koffie op die stoep sit en drink nie. Vierdens moet jy kan geduldig wees en wag vir die regte skoot. Vyfdens en dis ‘n belangrike een: Jy moet sorg dat jy en jou geweer reg is voor die jag. Oefen tot jy doodseker is dat jy gaan raakskiet wanneer jy die sneller trek”.
Wat neem jy saam op ‘n jagtog?
1. Goeie geweer en altyd genoeg patrone in jou sak, ten minste 20. 2. Genoeg water. 3. ‘n Goeie skerp mes. 4. Rangefinder en vêrkyker. 5. Skietstok. 6. Rugsak wat reg en gemaklik sit. 7. Kamera/Selfoon. 8. Hoë-protein energie stafies. 9. Goeie skoene wat sag loop. Stilte in die bos. 10. Breërand hoed wat jou kop en nek beskerm.
Ons neem afskeid van Dr De Klerk, maar na al die jagstories en staaljies wat hy ons vertel het reken ek hy is binnekort weer in Die Bontebok om nog stories met ons te deel.

