2 minute read

BOESMANLAND-TAK

vir skiet, ‘n goeie skeut adrenalien en ‘n lekker bloukol as bewys van haar kleiduif prestasie en ondervinding. Aan die ander kant van die skiet-spektrum het Anthony Swift ‘n taktiese pistoolbaan aangebied wat die skuts se fiksheid getoets het, deur tyd aan die kompetisie te koppel. Dit het veroorsaak het dat die manne so ‘n bietjie moes draf en vinniger skote afvuur indien hulle kompeterend wou wees. Die dag is gewen deur Anthony Swift. In die 2de plek was nog ‘n Ramskop-nuweling, Theo Schutte, wat sy stempel

Advertisement

Anthony Swift - Voorsitter

Op 13 Februarie 2021 het Boesmanland Jag se Seisoen amptelik afgeskop met ‘n lekker Kleiduif skiet kompetisie en Taktiese pistoolbaan. Die Kleiduif skiet was oudergewoonte deur Matt Relihan behartig. ‘n Klompie nuwe skuts het die dag saam met ons kom aanpak, en buiten vir die nuwe ervaring, het ‘n heelwat skuts ook weggestap met ‘n paar blou kolle. Die Kleiduif wenner was bepaal deur ‘n uitskiet tussen Matt Relihan en Anthony Swift, waar Matt Relihan sy staal gewys het en koning gekraai het.

Groot was die verbasing toe van die nuweling skuts hul hand aan ‘n kleiduif skiet probeer het, en ‘n totaal van 9 uit die 12 kleie raakgeskiet het – werklik ‘n prestasie! Een van hierdie nuwelinge was Mariëtta van Rooyen, wat skietbaan verlaat het met ‘n nuutgevonde entoesiasme

Deelnemers staan reg vir die haelgeweer en pistool skiet uitdaging

Boesmanland-tak

afgedruk het om te bewys dat hy ‘n pistool kan hanteer.

Op die 27ste Februarie 2021 het Boesmanland Jag sy eerste CHASA- en Pistool kompetisie vir die jaar gehad. Die wind op Ramskop het oudergewoonte die baan in ‘n uitdaging verander – wat sommer gedien het as ‘n goeie oefenkans vir die opkomende Intertakskiet wat op Calvinia gehou gaan word. Die dag is deur Andries Thiart gewen en die Praktiese Pistool kompetisie deur Hein Aylward. Oudergewoonte was daar na afloop van die kompetisie lekker gesels, geeët en gekuier in die Klubhuis tot die son ondergegaan het.

Andries Thiart skiet CHASA baan in die staan posisie, nie altyd die maklikste ding om te doen nie. Op CHASA 200 meter baan word daar plat gelê om beter te kan mik of so sê hulle wat weet

This article is from: