22
DIE BONTEBOK
ETIKET - ETIEK - VIR JAGTERS DEUR : JOKL LE ROUX FOTO : FLIP VD MERWE
In die bydrae word die deel oor optrede teenoor mede-jagters voltooi, en gaan ons voort met optrede teenoor lede van die publiek en optrede t.o.v. die omgewing. ETIKET VIR JAGTERS: JOKL LE ROUX
W
ees versigtig om gesprekke om die kampvuur te oorheers. Dis dikwels die stiller individue in jou groep wat die meeste kennis en ervaring het, en in die stilligheid glimlag oor die grootbekke se verbale diarree! Los ook maar daai spogpraatjies oor daardie 400 meter kopskoot op ‘n hardlopende springbok. Die ervare jagters wat ‘n basiese kennis van ballistiek het, sal weet daar word spekgeskiet. Deur
te spog oor sulke lang skote, kan daardie persoonlike inligting oor intieme anatomiese probleme wat jy het, dalk ook net verklap word. Slegs mense wat aan aambeie lei, loop sulke besonderse kort treetjies! Verder verklap hulle dat hulle eintlik swak jagters is, want hulle het nie die vernuf om nader aan hul prooi te kan kom nie. Om te praat sonder om te dink is om te skiet sonder om te mik! As jy ‘n kwes-bok in die veld teёkom is dit jou plig om alles in jou vermoë te doen om daardie dier so vinnig as moontlik van kant te maak. As die jagter wat die bok gekwes het by jou is, bied eers jou hulp aan voor jy begin skiet. As hy dit van die hand wys, en jy dink die bok gaan wegkom as jy nie ingryp nie, behoort jy te help. Spaar dan liewer onnodige lyding by die bok as die kwesjagter se ego. Die algemene reёl is dat
die een wat die eerste bloed getrek het die bok moet betaal, al het ‘n medejagter beide die bok se boude in die proses stukkend geskiet. ‘n Ander aanvaarde gebruik kan wees dat die jagter wie die kwes-bok uiteindelik gedood het, die keuse het of hy die bok wil hê (en dan natuurlik daarvoor betaal) of nie. Hy het immers sy kosbare jagtyd opgeoffer om jou kwes-bok te agtervolg en dood te skiet, en het sy duur ammunisie op jou kwes-bok gespandeer. Indien hy nie belangstel nie, is dit die eerste-bloed beginsel wat sal geld. Waak maar altyd daarteen om ‘n reputasie as wild-ot of skietvraat onder jou jagvriende te ontwikkel. ‘n Wild-ot kan nooit genoeg diere te skiet kry nie, en gun dikwels nie sy mede-jagter die geleentheid om in “sy” produktiewe gedeelte van die plaas te jag nie, of op “sy”