18
DIE BONTEBOK
Toe…vallig in die Moordenaars Karoo
Deur : Herbert Conradie
Ek moet bieg, as jy my dié storie vertel het, sou ek dit maar met ‘n knippie sout gevat het. Maar nou was ek daar, plat op my stêre tussen die karoobossies, langs Chris toe hy die skoot aftrek. Die .270 se loop wip en,....maar wag, laat ek van voor begin.
E
k strompel by die steil koppie af. Die sweet brand in my oë en ek moet kwaai konsentreer om nie te val op die los klippe nie. Die springbokram wat oor my skouers hang voel nou drie keer swaarder as toe ek hom so ‘n half-uur terug bo-oor my rugsak gewip het. Ek moes mooi balanseer om my ou Eusta versigtig op te tel waar ek dit teen ‘n klip
staan gemaak het. Kobus, by wie ons jag hier diep in die Moordenaars Karoo, het oor die radio laat weet hy begin solank die manne wat anderkant die koppie voorgesit het optel, dus sal hy seker oor so ‘n uur of wat duskant wees. Daar is geen paadjie die kant af nie, dus moes ek maar koers kies oor die klippe en bossies. My “werk“ was om die koppie met sy wisselende plato’s te
patrolleer en die springbokke weer af te jaag vlaktes toe as hulle daar bo kom draai. Ek was juis oppad na die verste punt van die koppie, al teen ‘n kontoer langs, toe ek die klippe hoër op hoor rol. Tot my uiterste verbasing was dit ‘n groot alleenloper ram wat reguit teen die skuinste afgekom het in my rigting. Hy het my eers gewaar toe ek my .30-06 van my skouer af