Die Bontebok April 2021

Page 14

14

DIE BONTEBOK

STELLA DOEN HAAR HONDE MATRIEK Deur: Dawid Rossouw

D

Stella word oefen en geniet die oop ruimtes op Rondebosch Common

it vat nou wel nie twaalf jaar nie, genadiglik tog nie, net so twee jaar, om ʼn Labrador retriever op te lei tot hulle ten volle funksioneel kan werk. Ek het ver en wyd gesoek om vir Stella te vind. Sy is van ʼn stamboom vol werkende Labradors. Beide haar ouers verdien hulle brood (vleis eerder) deur vir ʼn professionele jagter te werk. Hy het haar pa uit Skotland ingevoer waar hy op sy beurt van ʼn field trials familie afstam. Dit alles beteken dat ek geweet het ek kry ʼn hond wat skerp gaan wees met baie potensiaal. Maar nes met ʼn vlymskerp mes, moet mens versigtig wees, want sny jy verkeerd met hom dan maak jy hom stomp. Die eerste jaar van opleiding verg gereelde kort oefensessies en ek reken ek het so om en by vyf dae ʼn week daarby uitgekom sedert ons

Stella (Rossouw) in Januarie 2020 gekry het. Aanvanklik was sy in kwarantyn omdat daar ʼn katgriep epidemie in Kaapstad was en sy eers al haar inentings moes kry voor sy met veiligheid uit ons agterplaas gelaat kon word om met ander honde en mense kennis te maak. Natuurlik was dit net betyds vir ons (mense) se Covid19 pandemie level 5 inperking en kon Stella ook tot in Junie weer nêrens gaan nie. In die streng grendeltyd moes ons natuurlik in die agterplaas oefen, daarna, onder level 4, vroegmôre buite op UCT se sportgronde en op Rondebosch Common, wat beide naby genoeg was om van die huis af te stap. By Welgelegen se ou Kaaps Hollandse opstal, het ons die meeste van die bevele ingeoefen en op die Common kon Stella ander honde en mense leer ken. Deesdae wei almal se honde daar, nie meer

hulle perde en osse nie. Vir swem oefening was UCT se dam die ideale plek. Ek dink Stella het meer tyd op UCT se kampus spandeer as wat die regte studente in 2020 gedoen het. Om haar gewoond te maak aan skote wat klap was maklik so lank ons dit met papiersakke wat bars gedoen het en broodplanke teen mekaar geklap het, maar met .22 blanks het dit moeiliker geraak om plekke te vind waar die mense nie aanstoot neem nie. Vir die regte haelgeweer knal moes ons natuurlik uitry Philadelphia toe om op die plaas te gaan oefen. Gelukkig het die inperkings betyds daarvoor verslap. Uiteindelik dink ek die omgekrapte jaar van Covid het my ʼn guns bewys deur my meer tyd te gee om met Stella te werk. Een na die ander het ek vir Stella die bevele geleer en ingeoefen


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Bontebok April 2021 by Die Bontebok - Issuu