12
DIE BONTEBOK
Matt Relihan, Dr Andries De Klerk en Francois Rossouw kuier saam in die trofeekamer
KAAPJAG LÊ BESOEK AF BY - DR ANDRIES DE KLERK
K
aapjag CEO Matt Relihan het gaan kuier by Dr De Klerk, Kaapjag se nuutste ontvanger van die gevorderde jagtoekenning. Dr Andries de Klerk is gebore in die Colesberg distrik in 1949. Sy pa Dries het geboer met skape en resiesperde so 20km buite Colesberg op die plaas Ysterfontein. As jong seun het sy pa hom veldkuns en skiet geleer soos ‘n plaasseun moes leer. Net raakskiet tel. Mis is mis. Hy het begin met ‘n Tyrol .22 geweer tot sy pa kon sien hy is behendig genoeg daarmee en het toe vir
hom ‘n .243 Musgrave met ‘n Supra Nickel teleskoop laat bou. Hierdie was ‘n groot geleentheid vir die jong man en ons kan maar sê die res is geskiedenis. Die lewe het egter so ‘n paar draaie met Andries geloop voor hy dokter De Klerk geword het. Hy het eers ‘n hele paar jaar gaan boer in Colesberg voor hy besluit het om sy studies aan te pak. Hy kwalifiseer in 1977 as mediese dokter en begin pasiënte in Oos-Kaap en later in Ficksburg gesond gemaak. In 1992 besluit hy dis nou tyd om vir
hom gewere te laat bou waarmee hy amper alles kan jag. ‘n Man moet mos die regte gereekskap hê. Die gewere word pasgemaak deur Musgrave en die kalibers wat Andries gekies het was: ‘n .22-250, 7X64 Brenneke, .300 Win Mag en 7mm Remington. Met hierdie gewere jag hy wyd en syd oor Suid Afrika en sommer verder op in Afrika ook. In 1980 word klein Andries gebore en dis nie lank nie of hy word ook veldvernuf en skiet geleer deur sy pa. Klein Andries is nou al groot