10
DIE BONTEBOK
KAAPJAG VOORSITTER OM REG TE KAN FOKUS IS KRITIES OM DIE KOL TE TREF Een van die gewaarwordinge wat my bybly in die besoeke by die onderskeie takke van Kaapjag is die verskillende verwagtige/ voorkeure wat lede binne Kaapjag het. Daar is egter ’n groot stuk middelgrond waar almal saamstem oor wat belangrik is, en dit maak ons sterk.
D
ie moeiliker deel is waar verwagtinge verskil van mekaar – en dis hier waar ons uitdagings lê en waar ons baie deernis en begrip vir mekaar aan die dag sal moet lê. Van die belangrikste sake wat deurgaans in oorweging moet bly is dat ons die ledegelde so laag moontlik moet hou. Die realiteite het tot nou toe bewys dat finansiële oorweging in lidmaatskap-gelde baie swaarder weeg as wat ons reken. Kaapjag kan dit onomwonde stel dat die bestuur en die besteding van die vereniging se finansies ten alle tye deursigtig is. By elke Bestuursvergadering kry die voorsitters van die onderskeie takke volledige terugvoer. Die geouditeerde state van die vereniging, sowel as die begroting vir die volgende jaar, word elke jaar by die AJV voorgelê vir goedkeuring. Dit bring ons terug by die werklikheid van ledegelde – dit is in baie gevalle die beperking op watter dienste gelewer kan word. Om aan alle verwagtinge te voldoen sou beteken dat daar nog personeel aangestel moet word, en dis die een enkele faktor wat die begroting gou die hoogte laat inskiet! Die keuse wat die bestuur tot nou toe hanhaaf is om die fokus op die middelgrond te hou. Dit bring noodwendig baie frustrasie vir diegene wat ander verwagtinge koester. There are three quite fast-
growing developments in the shooting industry that are engaging the minds of a lot of sport-shooters – the different handgun disciplines, the multigun events as well as the extreme long-range shooting. These disciplines have some common ground. The common ground from my perspective is found in the fact that all these disciplines need specific equipment – specific firearms to compete in the competition, a specially designed range and targets, as well as rules to direct the fairness for the competitors. E.g., a handgun with an especially quick-draw holster for certain competitions, windmeter for the extreme long-range shooting, semi-automatic shotguns / pump-action shotguns for certain competitions, etc. These facts are making the different disciplines of the sport-shooting quite costly and you haven’t even considered the cost of ammunition, which is a continuous part of expenses. When taking these facts into consideration it easily adds up to the point where you’ll only find a relatively small group of shooters taking up these disciplines as sport-shooting. At Cape Hunt we had to make a choice as to where we are going to put our focus – being restricted by the facts mentioned in the previous paragraph. Our focus is mainly to try and cater for the larger part of the members who aren’t competing in these specialised shooting-disciplines, but not at
Andre Duvenhage the expense of those sport-shooters who are competing in these events. We therefore would be looking and exploring to find ways that these specialised shooters could be recognized, rewarded and honoured as ambassadors of Cape Hunt due to their membership and relation with us. Daar is groot verwikkelinge en baie werk wat tans binne Kaapjag aan die gang is met die ontwikkeling van ’n geïntegreerde rekenaarstelsel vir Kaapjag. Dit kan vergelyk word met die heel bestes in die industrie. Ek wil my verstout om te sê dat hierdie geïntegreerde stelsel meer gaan bied as ons opposisie in die veld en op die lang duur gaan dit help om die kwessies wat hierbo aangespreek is te help oplos. Intussen doen ons graag ’n beroep die lede van Kaapjag om hulself as etiese bekwame jagters voor te berei deur gereeld op die skietbane te kom, medejagters te help waar moontlik en saam te staan. Die meerderheid jagters jag vir eie gebruik en betaal self daarvoor. Maak dus seker dat jy hierdie jaar voorberei om die beste van 2021 jagseisoen te maak. Ons hoop en vertrou dat julle hierdie jaar met minder hindernisse sal kan jag as die 2020-seisoen waar die Covid-19 virus baie jagte gekniehalter het. Jagtersgroete André Duvenhage