DWN Mei 2022

Page 9

Mei 2022

9

De Wildt Nuus

PAMPOENFEES Goliat van Gat

Die TLU SA Cullinan Boere-Unie se jaarlikse Goliat van Gat Pampoenfees het hierdie jaar op 19 Maart by TLU SA se Pretoria Boeremark plaasgevind. Hierdie jaar se wen pampoen was swaarder as verlede jaar se rekordpampoen, Johanna wat 790kg geweeg het. Dit was ‘n kollosale pampoen, genaamd Barbie en het die skaal op 846kg getrek. Dis gekweek deur Wykus Lampbrecht van Meyerton. In die tweede plek was Dirk Smal se 242 kg pampoen en in die derde plek Jackie Smal s’n van 229 kg. Pampoen Barbie is op 8 April opgesny, verwerk en die pitte is geoes. Die pampoen is geskenk vir liefdadigheid.

TLU SA groet en verwelkom Ná byna twee dekades in die diens van TLU SA en voor dit 36 jaar se diens in die Suid-Afrikaanse Weermag, het gen. maj. Chris van Zyl besluit dit is tyd om die diens aan Suid-Afrika aan die volgende geslag te oorhandig. “Dit was ’n besonderse blootstelling wat nie vir almal beskore is nie,” het gen. maj. Van Zyl oor sy 45 jaar in diens van ons land gesê. “Dit was aanvanklik beslis ’n groot uitdaging en aanpassing om by TLU SA te begin werk na die weermag. Ons almal werk egter vir ’n belangrike saak en dit is verseker dat al die uiteenlopende persoonlikhede mekaar vind vir die groter doel waarmee ons by TLU SA besig is. Alle inwoners van ons land moet betrokke wees en daarom is organisasies soos TLU SA van kardinale belang. Die huidige stand van sake beteken een boer se lot, raak ook die lot van sy buurman.” Hy voeg by: “Raak betrokke. Dit is nodig dat Suid-Afrikaners oor kritieke kwessies uit een mond praat. Elke organisasie het sy plek, maar oor dringende kwessies moet ons saam praat.” Met die groet van gen. maj. Van Zyl, verwelkom TLU SA vir dr. Gawie Lötter en Mauritz Lombard. Dr. Lötter het jare se ondervinding in die Suid-Afrikaanse Weermag. Hy het die weermag as kolonel verlaat en daarna in die akademiese wêreld as professor in strategiese kommunikasie sy stempel afgedruk. “Elkeen van ons is bewus van die talle uitdagings wat die Suid-Afrikaanse boer tans in die gesig staar. Ons wat nog kan en oor die vermoë beskik om die boer te help en te ondersteun, hetsy deur die voorsiening van tydige en akkurate inligting, ondersteuning, motivering, advies en goeie oop eerlike kommunikasie, het die plig, as die geleentheid hom voordoen, met lojaliteit en passie so te doen. Hierdie pos maak spesifiek daarvoor voorsiening. Om die lede van die TLU SA se belange te verteenwoordig en te bevorder is die primêre funksie van hierdie pos. Hiervoor het ek ‘n diepgewortelde begrip en passie aangesien ek op ’n plaas groot geword het, en ek glo, ek verstaan. Om in hierdie pos te dien, word die geleentheid geskep om in elke boer en sy gesin se lewe ’n verskil te maak. My persoonlike leuse is: In ondersteuning en samewerking, is ons krag!” het dr. Lotter gesê. Mnr. Lombard het ook in die Weermag spesialis ondervinding opgedoen en uitgetree met die rang van lt. kol. Hy het ook as regspraktisyn gepraktiseer. “Na die jare wat ek as prokureur praktiseer het, bied die pos by TLU SA aan my die uitdaging om ’n sinvolle bydrae tot die gemeenskap te maak deur die belange van die landbou en in besonder die boer, te koester en te bevorder. Ek sien uit daarna om die boerderygemeenskap te dien met my kennis en ondervinding en glo dat ek ’n sinvolle bydrae kan lewer,” het mnr. Lombard gesê.

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
DWN Mei 2022 by De Wildt Nuus - Issuu