
1 minute read
VLU nuus
from DWN Mei 2022
Elma Human - Skakelbeampte
Knip-knip deur die lewe
Advertisement
‘n Skêr is so ‘n nederige objek, maar een van die items wat ons heel dikwels gebruik! Dink maar aan die soorte skêre in en om jou huis… Gewone knipskêr, borduurskêr, naelskêrtjie, honderversorgingskêr, snoeiskêr, mediese skêr, naaldwerkskêr en haarsnyskêr. Die oudste skêre dateer uit 400 vC en is deur die antieke Egiptenare ontwikkel. Twee brons- of ysterplate was met ‘n geboë metaalplaat aanmekaar geheg en was ‘n “spring scissor”genoem. Dieselfde konsep het deur die eeue behoue gebly en ons skaapskêr en naaldwerkrafelknipper is voorbeelde daarvan. Die patent waar die 2 lemme op ‘n middelpunt aan mekaar vasgemaak is, en dan oor mekaar beweeg op die punte, was ongeveer 100vC deur die Romeine ontwerp en is ook deur China, Japan en Korea gebruik. William Whiteley & Sons (Sheffield) Ltd het amptelik in 1760 skêre in Engeland begin vervaardig en gaan vandag nog steeds daarmee voort. Die bekende Fiskars-skêre, wat steeds te koop is, was reeds in 1649 al in produksie. China, wat reeds in 1663 skêre vervaardig het, was die vervaardigers wat die langste ononderbroke skêre in die wêreld geprodu- seer het. Hulle voer ongeveer 7miljoen skêre jaarliks uit. Daar is in elke huis ‘n spesiale skêr… in Mary se huis is daar ‘n “moordskêr”… as jy aan daardie skêr raak, is daar moord!
Oorlede
•

Hannatjie Koekemoer het vir ons ‘n uitstalling van haar skêreversameling kom wys en interessante feite oor die skêrbedryf met ons gedeel.
CARE CENTRE SORGSENTRUM
SANDSTONE
Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511 * Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar
Besoek Sandstone Sorgsentrum op Facebook Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500
