
1 minute read
TLU Jongboer-konferensie
from DWN Mei 2022
TLU SA Jongboer-konferensie
Die 2022 Jongboer-konferensie op 10 Junie vind plaas by die geskiedkundige Voortrekkermonument met Jake Stols as spesiale gasspreker. Ander sprekers sluit in Jacob van der Merwe (Diversifikasie), Dawie Brits (2021 Jongboer van die Jaar) en finansiële kenners Johan Kotze en Kobus Oberholster. Die tema van die konferensie is: Diversifiseer Jou Boerdery Praktyk. Volgens Henna du Plessis, TLU SA Jongboer-komitee voorsitter, was dit nog nooit vantevore so duidelik soos nou nie dat Suid-Afrika jongboere broodnodig het vir vooruitgang. “Suid-Afrika kan nie sonder jongboere voortbestaan nie, daar is geen manier nie. Landbou het die afgelope paar jaar – ten spyte van alles – gegroei en dit is danksy die deursettingsvermoë van die land se boere, ook die jongboere,” het Du Plessis met oortuiging gesê. Om die geleentheid by te woon moet belangstellendes teen 1 Junie 2022 RSVP deur die registrasie blad https:// www.tlu.co.za/jongboere/ of by ledesake@tlu.co.za “Ek glo ons gaan wegstap van die konferensie nadat ons lekker gepraat het oor gemeenskaplike uitdagings. Die sprekers sal ons motiveer. En ons gaan weet dat die jongboer ons land uit die huidige moeilikheid sal kry,” het Du Plessis gesê. Die jaarlikse TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie het ook begin. Gedurende die week van 11 Julie 2022 sal beoordelaars die finaliste op hul plase besoek waarna die wenners met TLU SA se kongres op 7 September bekend gemaak sal word. Elke streek moet self drie finaliste aanwys. “Ons is opgewonde oor die pryse wat met groot dank vanaf verskeie borge vir hierdie kompetisie verkry is en sal besonderhede daarvan tydens die Jongboer-konferensie bekend maak. Die toekoms van landbou is gesetel in die hande van die volgende geslag boere en daarom is dit vir ons ‘n baie belangrike kompetisie,” het Du Plessis bygevoeg. Vir meer besonderhede oor die TLU SA Jongboer-konferensie en -kompetisie besoek https://www.tlu.co.za/ jongboere/
Advertisement
