2 minute read

Begraafplase in De Wildt

Next Article
‘n Klipgooi weg

‘n Klipgooi weg

Linda Bester

Die GGSA (Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika) loods ‘n projek om alle plaasbegraafplase te dokumenteer, aangesien grafte gevandaliseer of vernietig word. Dit word op die eGGSA-webwerf geplaas. Op saterdag 26 Maart 2022 het van die Noord-Transvaalse taklede De Wildt besoek. By afrit 59 is die grafte in algehele verwaarlosing en moes hulle skoonmaak om foto’s te kon neem. Van die graftskrifte kon glad nie gelees word nie en ander slegs gedeeltelik. Daar is ongeveer 31 grafte. Van die vanne is Fourie, Horn, Groe-

Advertisement

newald, Booyse, Roets en O’Kelly. By die Lutherse Sendingbegraafplaas daar naby (langs die M21) is die grafte van sendelinge van die Lutherse Genootskap. Die grafte is die van onder andere Niebuhr, Danzfuss en ‘n kind Sylvia Taillard. Daar is ook ‘n Oberholzer begrawe. Op ‘n later stadium sal die begraafplase wat nog nie op eGGSA verskyn nie, ook gedoen word. Grondeienaars waar ou grafte is, word uitgenooi om met Linda Bester by 072 349 1697 kontak te maak sodat die grafte besoek en gedokumenteer kan word.

De Wildt – Wat is daar om te sien en doen / What to see and do?

Rina Bester

Prickly Friends

Prickly Friends is a small family run business and opened their doors to the public on 19 March 2022. Trading hours Thursday to Saturday 09.00-16.00 Sunday 10.00-14.00 Please call to open gate. Any other days available by appointment. Join Prickly Friends for a visit filled with Cacti, succulents, pots and lots of family friendly fun. We showcase our most beautiful plants suited for every garden and every home and have a R10 corner and if you just want to come and have a look feel free. Kids can come and pot their own plant to take home. Beautiful pots and stained glass will be available for purchase. Contact us on email - apricklyfriend@gmail.com or WhatsApp - 072 632 4336 Directions: Plot 32 Patryshoek AH Look out for banners on the M17 and R513. Road 158 from the R513 near the Sasol, Hornsnek

Kobie se Plekkie

Kobie se Plekkie op die R513 langs die Bek se Plek het ‘n bekende baken geword op De Wildt en is sinoniem met gasvryheid en lekker kos. Kobie is Woensdag tot Sondag oop met heerlike wegneemetes en boerekos op Sondag. Elke Vrydag is daar ‘n spesiale aanbod op die vetkoek naamlik koop enige twee vetkoeke en kry ‘n gratis gewone vetkoek saam. Op die eerste Woensdag van die maand is daar ‘n spesiale aanbod op pizzas naamlik koop 2 x 25cm pizzas van jou keuse vir R120 en kry n 1 x 20cm pizza gratis. Stop gerus vir ontbyt en lekker koppie koffie en ondersteun plaaslik. Peuselborde op bestelling ook beskikbaar. Navrae en bestellings Kobie Opperman 0764828513

This article is from: