10
De Wildt Nuus
Mei 2022
DE WILDT BOEREDAG 8 APRIL 2022 Die sprekers en demonstrasies was van uitstaande gehalte. Ons was egter net teleurgesteld dat nie meer mense dit kon hoor nie. Dominee Thom Schutte het op ‘n baie gepaste wyse geopen. Hy lees die enkele vers van Hosea 14:6 “Sal ek vir Israel wees soos die dou?” Vir Israel is dou baie meer werd as reën. Hulle kry gemiddeld slegs 50 mm reën maar 350 mm dou per jaar. Die dou is vir hulle dus baie meer werd as die reën. Die dou is dit wat die lewe gee vir Israel. Sonder die dou verdroog alles. Ons moet dou wees vir ons naaste en in ons gemeenskappe. Ons moet saamstaan anders sal ons nie oorlewe nie.
Meneer Wannie Scribante, het almal verwelkom en die borge en uitstallers bedank. Meneer Bennie van Zyl, TLU SA se hoofbestuurder het die uitdagings waarteenoor ons te staan kom uitgewys. Hy het ook beklemtoon dat gemeenskappe moet handevat en saamstaan. Meneer Willie Clack, onder andere nasionale voorsitter van die Veediefstalforum en Ondervoorsitter van die nasionale Rooivleis Produsente Vereniging het die veediefstal situasie in ons land opgesom en ook die uitdagings van die huidige bek-en -klouseer uitbrake bespreek. Meneer Phil Rawlins het op sy kenmerkende manier baie waardevolle inligting vir die kleinveeboer, veral oor skape deurgegee en verskeie aspekte prakties gedemonstreer. Phil lewer die volgende dienste: Dragtigheidstoetse waar die dier met ‘n sonar geskandeer word. Algemene gesondheid soos doseer en spuit, stert en onthoring, asook die knip van kleinvee se hoewe ens. Hy kan gekontak word by 072 370 3278. Clearbeam se Nextorch taktiese flitse: Hierdie flitse het ‘n 5 jaar waarborg, is waterdig en is skokbe-
stand. Meneer Werner van der Westhuizen is die verspreider en hy het die flitse bekendgestel en gedemonstreer. Hy gaan in die aande uit na mense se huise om dié produk te demonstreer en kan gekontak word by 082 670 3269. CPI Security:
Meneer Dirk Botes van CPI security het die SPOTBOT bekend gestel. ‘n Enkele SPOTBOT kan tot ‘n maksimum van 8 CCTV kameras hanteer. Die sagteware herken ‘n mens of ‘n voertuig in die kamera beeld en sal slegs dan alarm maak. Dit kan dus tot 99% van vals alarms uitskakel. CPI security is in Safari sentrum in Brits en spesialiseer in veiligheidstoerusting. Dirk kan by 083 321 1495 / 0105959702 gekontak word. Dankie aan al die borge: André Kock & Seun /Son BK Veilingskrale Brits vir die beskikbaarstelling van hulle fasiliteite, asook vir die druk van die pamflette en die skenking van die botteltjies water. Arwald treilers vir die skenking van die skaaphanteringsraamwerk wat op die vendusie opgeveil is. Noordwes Koöperasie vir die skenking van veevoere en veemiddele wat op die vendusie opgeveil is, asook vir hulle uitstalling. Tal-Tec vir hulle kontant donasie asook hulle uitstalling. Dankie aan die ander uitstallers: Brits Pale POMGRA Pomegranates deur Okelbo Boerdery: Granaatsap, granaatpitte , vars granate: Kontak Elmien by 082 899, 7417. Dankie aan Steve Horn vir die hou van die veiling. Dankie aan Jacques Fourie, De Wildt Boerevereniging bestuurslid vir die reëlings asook die verkryging van die borge en uitstallers. Dankie aan al die ander helpers.
De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: 10 Mei 2022 te De Wildt 4x4 om 18:30 vir 19:00