38
DIE BONTEBOK
DIE FASSINERENDE EN UNIEKE DIERE VAN AUSTRALIË
Deur: Dr Kas Hamman
V
ir bioloë is Australië en sy geassosieerde eilande van die interessantste geografiese streke ter wêreld. Die gebied se fauna en flora weerspieël ʼn bisarre mengsel van primitiewe en gevorderde eienskappe, maar verskaf terselfdertyd waardevolle
insigte van evolusionêre prosesse wat plaasgevind het weens die langdurige isolasie van die kontinent. Beide die geologie en klimaat het bygedra tot die ontwikkeling van ʼn unieke Australiese fauna. Australië was eens deel van die suidelike superkontinent Gondwana , wat ook Suid-Amerika, Afrika, Indië, Madagaskar en Antarktika ingesluit het. Gondwana het ongeveer 150 miljoen jaar gelede begin opbreek. Ongeveer 50 miljoen jaar gelede het Australië van Antarktika begin skei en was daarna relatief geïsoleerd tot en met die botsing verder noord van die Indo-Australiese Plaat met Asië in die Mioseen geologiese era 5.3 miljoen jaar gelede. Evolusie van die hedendaagse Australiese diere en plante is die resultaat van ʼn uitsonderlike
klimaat, geologie en veral isolasie. Soos wat Australië noord gedryf het, was dit in ʼn mate geïsoleerd van die gevolge van wêreldwye natuurlike klimaatsverandering op daardie stadium. Van die unieke fauna wat in die Gondwanakontinent ontstaan het soos, onder andere buideldiere, het in Australië suksesvol oorleef en aangepas by veranderende omgewingstoestande. Ongeveer 15 miljoen jaar gelede het die Australiese klimaat toenemend droëer geword, wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van ʼn groot verskeidenheid van diere en plante wat aangepas het by oorwegend ariede of droogte toestande. Die meerderheid Australiese diere is endemies Alhoewel Australië weens sy