1 minute read

WESKUSJAG-TAK

Next Article
SPORTSKIET

SPORTSKIET

Adri Basson - Voorsitter

Advertisement

WESKUSJAG NUUSBRIEF 4-2020

Weens die Covid-19 epidemie kon geen skietkompetisies plaasvind sedert die inperkingsregulasies aangekondig is in Maart 2020 nie. Daar was ‘n besluit geneem dat die tak ‘n opleidingsessie sou aanbied op Saterdag, 15 Augustus 2020. Weens die weervoorspelling dat dit sou reën moes die opleiding noodgedwonge ook afgelas word.

‘n Paar skuts het besluit om die weer te trotseer en het wel opgedaag die betrokke dag en die kans gebruik om hul gewere in te stel.

‘n Paar skuts het ook gebruik gemaak van die handwapenbaan. Die oprigting van die baan het intussen ook verder gevorder tydens die inperkingstyd deurdat daar verdere muurtjies en tafelblaaie bygekom het om die handwapens op neer te sit sedert die vorige byeenkoms. Kom skiet gerus saam volgende keer. Weskus groete Abri Basson

Die skuts het goed ge-social distance

Dit was maar ‘n koue dag maar dit het nie die lede afgesit van skiet nie

This article is from: