8
DIE BONTEBOK
KAAPJAG PRESIDENT ’n Jaar van uiterstes
M
ens kan nie glo dit is al weer die laaste uitgawe van die jaar nie. Wat ’n jaar was dit nie. Ons moes weens die inperking die inter-tak skiet twee keer uitstel, maar nou is ons weer volstoom aan die gang met kompetisies en ander aktiwiteite. Ons as uitvoerende bestuur het die Road Show afgeskop en vir Wynland besoek met hulle vlakte skiet. Ek wil vir Gert Visser en sy span baie gelukwens met die dag se reëlings wat perfek verloop het, en vir Andries wat die kos gemaak het. Matt het die oggend die lede toegespreek en vertel van Kaapjag, van hoe alles in mekaar steek en hoe belangrik die takke vir ons is. Daar was ses van die uitvoerende bestuur wat die dag bygewoon het en die sportskiet komitee was ook baie goed verteenwoordig. Wat ’n belangstelling in die sportskiet. Ons het weer gesien dat die vlakteskiet nie so maklik is as wat mens dink nie. Dit was lekker om weer ons lede, vrouens en
kinders op so ’n skiet te sien en te sien hoe lekker almal weer ’n slag kon saam kuier, lekker gesels en vergeet van die slegte tye toe ons nie kon skiet nie. Ek het die Road Show verder gevat na Namakwa-tak waar hulle die gong-uitdaging gehou het, en was dit nie ’n uitdaging nie. Ek het die oggend die geleentheid gehad om die lede toe te spreek en te vertel hoe belangrik die takke vir Kaapjag is en wat alles aan die gebeur is met die nuwe program en webtuiste. Braham het vir Ivan mooi opgelei en vir hom die verantwoordelikheid gegee om die dag te reël en die baan op te stel. Die dag was baie goed aangebied en alles het glad verloop. Dis lekker om weer jong manne te sien wat so betrokke is by die tak. Welgedaan aan Ivan en sy span. Namakwa-tak is in goeie hande. Dankie Braham. Na die tyd was daar weer soos van ouds lekker gesels en gebraai. Die inter-tak skiet het plaasgevind by Boesmanlandtak. Agt van die nege takke het spanne ingeskryf. Daar was 67
Johann Strauss skuts vir die dag. Boesmanland het hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Die dag het vinnig en goed afgeloop. Die lede van Kaapjag was baie tevrede met die verloop. Ons waardeer die briewe wat ons na die tyd gekry het. Antony, jy en jou span is ’n wenspan. Dankie vir almal wat betrokke was. Na die tyd was daar lekker gebraai. Dankie Sanet vir die gesels en grappe vertel. Veral Gertjie Odendal was weer op sy stukke. Die inter-tak skiet was net vir Kaapjag lede. André het ’n kansie gedurende die prysuitdeling gekry om die lede meer te vertel van die nuwe program en webtuiste en die visie van Kaapjag. Gepraat van visie. Ek is opgewonde oor die nuwe webtuiste en Hunters Portal wat op 1 Desember aktief gaan raak. Dit gaan Kaapjag in die voorste linies plaas wat jagverenigings betref. Dit sal Matt se hande baie meer losmaak van admin sodat hy meer tyd het om by takke uit te kom en dinge te doen waarvoor hy lief is en waarvoor hy eintlik aangestel is. Ek wens alle lede ’n geseënde Kerstyd en ’n voorspoedige nuwe jaar toe saam met hulle families. Groete Johann