
2 minute read
WES-BOLANDJAG-TAK
Kobus Van Niekerk - Voorsitter
mede bestuur en almal wat gereeld hulp verleen met baan opslaan en opruim na die tyd hartlik bedank vir jul bydrae en opoffering om te alle tye net die beste aktiwiteite vir ons lede aan te bied. Niemand se bydrae word misgekyk nie! Volledige uitslae van skietaktiwiteite en jaarprogram vir 2022 is op www. wesbolandjag.co.za beskikbaar. Kyk gerus na die program en bespreek solank die skietnaweke vooruit. Mag die Kersseisoen en Nuwejaar vol vreugde en voorspoed wees vir almal en ons sien uit daarna om almal weer op die baan te verwelkom in die nuwe jaar. Vriendelike groete. Kobus van Niekerk
Advertisement
So kom ons dan by die laaste uitgawe van die immer gewilde Bontebok nuus vir 2021 en ook die einde van nog ‘n jaar wat gevul was met skiet-aktiwiteite, jagte, jaarvergaderings en vele meer. Die jaar was natuurlik nie sonder teenspoed nie en Covid 19, slegte weer en inbrake het sy tol ge-eis deur die jaar. In die vorige uitgawe het ons berig oor die diefwering wat geinstalleer is om inbrake te bekamp, maar daar is weer by ons ingebreek. Ons skietbaan is op 26 September deur NRCS geinspekteer en het voldoen aan alle vereistes en regulasies om gebruik te word vir enige skietaktiwiteite tot op 500 meter. Ons het ook versoeke van ander skietverenigings ontvang wat graag die skietbaan wil gebruik en dit is so goedgekeur. Die .22 Posskiet op 16 Oktober was baie goed verteenwoordig en daar is vir die eerste keer op die nuwe Chasa teikens (dassie, kolgans en ystervark) geskiet en die skuts se terugvoer was baie positief. Die laaste twee aktiwiteite vir die jaar is die gewilde .303 en Big Bore skiet op 20 November en die Chasa vlakteskiet op die plaas Remhoogte te Koringberg op 11 Desember. Graag maak ek van die geleentheid gebruik om alle lede en skuts wat deelgeneem het aan ons aktiwiteite te bedank vir hul teenwoordigheid, want sonder jul deelname kan ons Vereniging nie staat maak op ‘n volhoubare voortbestaan nie. Ons het ook groot waardering vir die bekwame personeel van die Kaapjag kantoor en hul bydrae en interaksie met lede om sake buite Takverband te hanteer. Laaste, maar seker nie die minste nie, wil ek my Wenners van die Standaard Chasa baanskiet op 18 September


Senior en Junior wenners van .22 Standaard Posskiet op 16 Oktober

Wenners van die 3 – skoot Groeperingskiet op 21 Augustus - 10.82 mm was die beste groepering vir die dag deur Henry Bredenkamp met sy .223 maar Henry was ongelukkig afwesig vir die foto