3 minute read

BOESMANLAND-TAK

Next Article
SENTRAAL-TAK

SENTRAAL-TAK

Anthony Swift - Voorsitter

Advertisement

VELDBLOM SKIET 11 SEPTEMBER GEBORG DEUR GUNS & BOWS

Op Saterdag 11 September 2021 het Boesmanland-Jag die jaarlikse Veldblom skiet aangebied ter viering van die Lente! Goeie reën het gesorg vir ‘n mooi groen baan en die plate helderkleurige veldblomme het ‘n klompie skuts gou-gou herinner dat hul éintlik hooikoors-lyers is! Vyf bane het die skuts se vernuf getoets; van staan met ‘n paal as rus tot ‘n standaard CHASA gongbaan met ‘n baie ongemaklike stoeltjie (wat ‘n hele paar manne op hul neuse laat kyk het). Oudergewoonte was dit ‘n behoorlike familiedag, met mans en dames van alle ouderdomme wat deelgeneem het. Sommige Juniors het selfs van die ou manne gewys waar Dawid die wortels begrawe het! Na afloop van die skiet is daar gesmul aan gebraaide hoender en slaaie voordat die wenners tydens die prysuitdeling aangekondig is. In lyn met Ramskop tradisie, was daar weer oudergewoonte ‘n baie spesiale en gesogde prys vir die skut wat “eerste van onderkant die puntelys” was. Vanjaar was hierdie prys deur Koos Louw ingepalm. ‘n Spesiale dank aan Guns & Bows vir hul borgskap - sonder hul ondersteuning sou die skiet nie so ‘n groot sukses gewees het nie. Ondersteuners al die pad van Kuruman af geniet die skietdag

Skuts skuif hulleself reg vir sit en skiet met die 3-poot as rus

Andre en Johann met junior wenners: 1.Nick Zandberg 2. Andre Hanekom en 3. Willem Visagie

Boesmanland-tak

Saterdag 11 November Valplaat skiet - Geborg deur Wildman

Wouter Basson wen ‘n .243 geborg deur Gerhard Van Rensburg van Wildman

Valplaat wenners: (Ope) Andries De Klerk, (Std) Wicus Du Preez en (Bakkie) Bennie Cilliers

Op Saterdag 11 November 2021 was dit weer tyd vir Boesmanland se gewilde Valplaat Skiet. Hierdie skiet het sover nog net gegroei in populariteit. Hierdie jaar het 83 skuts deelgeneem om hul vernuf te toets op Calvinia se berugte Ramskop Skietbaan. Die reëls is eenvoudig: 3 skote vir 3 valplate, en elke suksesvolle skut skuif na die volgende distansie. Die dag is in 3 kategorieë opgedeel volgens geweer-tipe. Die “Bakkie klas” of Veldgeweer het op 200m begin. Die Standaard klas het op 300m begin en die manne met die groot gewere het in die Ope klas op 400m begin. ‘n Lekker warm, winderige dag het op die skuts gewag en die mirage het vroegoggend reeds sy opwagting gemaak en gou-gou ‘n paar slagoffers geëis. Die wenner van die Bakkie klas is op die 600m deur middel van ‘n “sudden death” beslis toe Bennie Cilliers vir Johann Strauss uitgeskakel het. Die skuts het elk ‘n enkele skoot op ‘n papierteiken gerig, en naaste aan die kol het gewen. Die Standaard klas is deur Wicus du Preez op 800m gewen. Hierdie jaar het ‘n rekord getal skuts deurgedring na die 900m, waar Andries de Klerk gekroon is as die algehele kampioen. Andre Hanekom, ‘n Junior skut, het vir ‘n opskudding gesorg toe hierdie jong skut sommer ‘n paar manne op hul neuse laat kyk het deur tot op die 700m merk deur te dring. Hierdie is voorwaar ‘n skut om dop te hou. Gelukkig is hy ‘n Boesmanlander! Na afloop van die skiet is die droë kele gelawe en die honger verdryf met heerlike skaap vanaf die spit, slaaie en outentieke roosterkoek. Te danke aan Wildman kon ons tydens hierdie jaar se gelukkige trekking 2 gewere weggee. ‘n Howa 243 en ‘n Howa 223. Boesmanland wil in besonder vir Gerhard van Rensburg van Wildman bedank vir hul getroue ondersteuning. Hierdie is reeds die 8ste aaneenlopende jaar wat hul ons Valplaat kompetisie borg. Sonder hul borgskap deur die jare sou hierdie skiet ook nie so in gewildheid kon groei nie.

This article is from: