
1 minute read
KOUP -TAK

Jacobus Nel - Voorsitter
Advertisement
Op Saterdag 16 Oktober 2021 het Kouptak sy eerste Vlakteskiet aangebied. Baie lede was aanvanklik baie opgewonde oor die nuwe formaat, maar soos die weervoorspelling bekend geraak het gedurende die voorafgaande dae het die belangstelling al hoe minder geraak. Ons het aanvanklik gedink niemand gaan opdaag nie, want wind van 50km per uur was voorspel. Gelukkig het 8 skuts opgedaag, maar wat ‘n fiasko was dit nie. ‘n Dwarswind met stofstorms het oor die baan gewaai dat die skuts hul oë skrefies moes trek. Gedurende die kompetisie het die manne mekaar raad gegee, maar sonder enige noemenswaardige sukses. Vlakteskiet in die Karoo gedurende somermaande is nie vir sussies nie. Indien julle die fotos van naderby bekyk sal julle sien hoekom die toestande so sleg was. Dit is net sandvlaktes sonder bedekking. Gelukkig was ons bedieningsgebied geseën met goeie reën die afgelope tyd. Ons glo en vertrou die Karoo gaan nou weer na normaal terugkeer. Ons sien ook uit na ons volgende .22 baanskiet op 11 Desember 2021, aangesien ons boere lede se moraal nou weer hoog is. Dagwenners: 1. Jacobus Nel 2. Coenraad Groenewald 3. Ian Botes
Saterdag 16 Oktober Vlakteskiet


