2 minute read

WESKUSJAG-TAK

Adri Basson - Voorsitter

Advertisement

Weskus-Tak het die laaste paar maande heelwat skiete aangebied en die lede het hul tak goed ondersteun.

Pretskiet 21 Augustus 2021 Dit was ‘n heerlike wintersdag met al die verskillende weersomstandighede in een dag. Lieflike sonskyn, ‘n paar druppels reën en bietjie wind. Daar was 4 bane waar na gongs geskiet is opgestel. Elke baan was uit verskillende posisies geskiet en dit was groot pret.

Baan A vanaf bakkie se klap geskiet. Die rus kon enige posisie ingeneem word, maar geweer moes op kissie rus

Baan C is sittende posisie agter groot tol

Baan B was staande met geweer op boomstomp rus

Skut vd dag - Stefan Esterhuyse (regs) met Trofee

Weskusjag-Tak

Gong Challenge 18 September 2021 Aangesien nie baie lede huidiglik aktief kom deelneem nie is besluit om ‘n maklike baan op te stel.

Daar was 5 skuts wat volpunte geskiet het en daar is besluit dat hulle moes uitskiet na ‘n gong wat op ongeveer 400m opgestel was. Van die skuts het ongelukkig hul kans verloor want hulle het nie genoeg patrone gehad om uit te skiet nie. Party het by mekaar patrone geleen en het dus nie hul gewone ladings gehad nie en dus ront en bont geskiet. Van Links: Koos Brink (3de plek); Johan Esterhuyse (1ste plek en skut van die dag); Abri Basson (voorsitter); Stephan Esterhuyse (2de plek)

Pretskiet 16 Oktober 2021 Dit was ‘n aangename dag en die bestuur was tevrede met die opkoms vir die dag, maar sal graag nog meer lede by ons byeenkomste wil sien. Bring jul vriende en familie en kom geniet die dae langs die skietbaan saam met ons. Weskus groete Marlene Basson

Dagwenners van links na regs - Stephan Esterhuyse (2de) - Johan Esterhuyse (3de asook skut vd dag) en Johan Du Plessis (1ste)

Huldeblyk - Sakkie Boonzaaier (13/7/1958 ~ 11/9/2021)

I.S. Boonzaaier (Sakkie), ‘n geliefde lid en vriend van ons klub is onverwags oorlede op 11 September 2021 na ‘n rugoperasie. Sakkie was sedert 2005 ‘n lid van Kaapjag en het op die Weskus-Tak bestuur gedien vanaf 2013 tot 2015. Gedurende hierdie tydperk het Sakkie wonders verrig met die insamel van borge vir ons afsluitings byeenkomste om sodoende ons skiete te bevorder. Hy het as skut vanaf 2004 jaarliks saam met hulle werkspan in Namibië gejag waar hy die jagters bederf het met heerlike maaltye wat hy vir hulle voorgesit het. Hy sal veral deur sy mede-jagters gemis word vir sy toewyding en lojaliteit. Hy sal beslis gemis word deur ons as Weskusjag lede en die jaggroep. Rus in vrede Sakkie.

This article is from: