3 minute read

REDAKTEUR

Next Article
KOUP -TAK

KOUP -TAK

DIE REDAKTEUR

Welkom by die Desember 2021 uitgawe van Die Bontebok. Ja, en in ‘n oogwink is dit die einde van die jaar en ons staan op die drumpel van 2022. Daar het soveel gebeur in Kaapjag sedert ons vorige uitgawe. Van Chasa vergaderings en ook 2 groot Chasa skietkompetisies asook ons eie 9 takke se skietkompetisies met ‘n paar jagte ook ingegooi. Ek het heelwat van die kompetisies bygewoon met my ander Kaapjag hoed op, nl. die van Onder Voorsitter en lid van die Kaapjag Skietkommitee. Ek was so ver soos Rustenburg, Calvinia en so naby soos Durbanville met nog ‘n paar kompetisies in die middel van die provinsie ook. Die skietkompetisies was taai en mededingend, die terrein en omstandighede was uiteenlopend verskillend maar die een ding wat my deurgaans opgeval het was ons Kaapjag lede. Aangenaam, vriendelik, hulpvaardig en niks is te veel moeite nie. Waar ek my ook bevind het in ons Kaapjag provinsie het ek daardie gasvryheid en welkom gevoel gekry. Kaapjag is voorwaar ‘n vereniging waarop ons trots kan wees. Die Kaapjag skietspan gelei deur Ludy Starck, is ook ‘n span waarop ons trots kan wees. Hulle het deelneem aan die jaarlikse Chasa skietkompetiesies gehou te Bloemfontein op 24 September wat ‘n vlakteskiet was, en op 25 September ‘n multigun. Kaapjag se span het hierdie multigun kompetsie gewen en weggestap met die trofee. Die CHASA Interprovinsiale kampioenskap te Rustenburg wat op 22 & 23 Oktober gehou is, was deur myself en die Kaapjag span bygewoon. Die span het onder die vier van hulle met 4 goud, 4 silwer en 3 brons medaljes hulle skietvernuf getoon in die verskillende dissiplines. Verder nuus van Chasa: . CHASA se Dagbestuur het besluit om, soos verlede jaar, toegewyde sportskuts vry te stel van die verpligte twee sportskiet-aktiwiteite vir 2021. Die besluit is geneem weens die beperkende gevolge wat Covid-19 gedurende 2021 gehad het op die aktiwiteite van lede, veral

Advertisement

Francois Rossouw

diegene met komorbiditeite en/of ander mediese hoë risiko kategorieë. Die vergunning sal slegs geld vir Toegewyde Sportskuts. Diegene wie nie aan die vereiste aktiwiteite kon deelneem nie of weens die COVID-19 pandemie verhoed is moet ons Kaapjag kantoor hiervan in kennis stel. Kompetisie wenner: Baie geluk aan JUANITA STEENKAMP met haar wenfoto vir ons fotogallery. Sy kry ‘n R2 500 geskenkbewys by ons borg, Ivan Volskenck van Ells & Co. Ek wil ook ons lesers ‘n geseënde Kerfees en voorspoedige Nuwejaar toewens. Vir die wat op die pad gaan wees in die feestyd, ry versigtig en trek maar af as u moeg raak. Skietgroete en lekker lees.

DIE BONTEBOK: EDITORIAL TEAM

EDITOR: Francois Rossouw francois@salocums.com COPY: N Bertram • A Cilliers DESIGNERS: • Johan Du Toit • Design art studio • Alfred Design DISCLAIMER Die Bontebok makes no representation, endorsements, warranties or guarantees about any of the products and/or services offered or advertised within this magazine. Die Bontebok expressly disclaims any and all liability relating to or arising from the sale, distribution, manufacture, use or misuse of all products and all services offered and advertised within this publication.

COPYRIGHT Both nationally and internationally all material herein is held by Die Bontebok. No reproduction of any nature is permitted without prior written consent of the owner.

INDEMNITY Die Bontebok, its owners, members and staff hereby advise that partaking in any activities, and handling any equipment advertised in, or written about in this publication, involve risk, potential injury or death to oneself or others. Great care and professional advice must be taken when carrying out these activities. Die Bontebok, its owners, members and staff cannot accept any responsibility or liability for any damage to personal property, including, but not limited to loss, financial loss, injury or death.

ADVERTISING & SALES: • Yolande van der Merwe frontpagemedia@gmail.com

CORRESPONDENTS / EDITORIAL: • Matt Relihan • Ludy Starck • Greg Sykes • Schalk van der Merwe PHOTOGRAPHY: • Landi Lombard • Ernst Lombard

This article is from: