Die Bontebok Desember 2021

Page 44

44

DIE BONTEBOK

Wynland tak Saterdag 18 September CHASA Vlakteskiet

Gert Visser - Voorsitter Op Saterdag 18 September 2021 het Wynland-tak die geleentheid gehad om ‘n CHASA Vlakteskiet aan te bied. Die skiet het plaasgevind net buite Robertson op die Kaapjag Wynland skietbaan, wat vir ‘n paar pragtige uitsigte gesorg het. ‘n Totaal van 76 skuts het die dag aangedurf - ‘n ligte lente briesie het gesorg dat die manne nie almal voltalle geskiet het nie. Die verskeidenheid skietposisies het dit vir die skuts moeilik gemaak om te gemaklik te wees. Ten spyte van die uitdagings was die kompetisie straf. Daar is geskiet op ‘n vlakvark in die staande posisie, rooibok uit die sit posisie en springbok uit die lê posisie. Dan was daar ook 5 ghongs wat uit die lê posisie geskiet moes word. Na afloop van die skiet het die skuts lekker gesels en geëet. Ek wil net vir Andries Du Toit en sy vrou Annelie bedank vir die kos wat deur hulle voorberei is. Ook vir Chantel Visser wat gesorg het dat die tellings vinnig en akkuraat gedoen was. Dank ook aan die manne wat die baan vroeg kom bou en dan laat middag weer kom afbreek het. Sonder die staatmakers sal so ‘n skietdag maar moeilik ‘n sukses wees. Dankie aan al die verskeie takke se skuts wat ons dag so mooi ondersteun het. Hoop ons sien julle gou weer hier. Skietgroete Gert Visser

Die manne wag geduldig hulle beurt af om te begin skiet

Skuts lê aan op die 5 ghongs tussen 150 en 200m

Die manne maak reg om die rooibok teiken te skiet op 100m


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.