Die Bontebok Desember 2021

Page 34

34

DIE BONTEBOK

DIE HERKOMS VAN HIËNAS eerder as kloue vang. Albei diersoorte eet hulle kos vinnig en neig om bene of stukke prooi te begrawe vir latere benutting. Beide diersoorte het nie-intrekbare naels aan hul pote en die ledemate is aangepas vir hardloop en om vinnig van rigting te verander. Hiënas se gedrag in terme van selfversorging, die merk van territoriums deur hul anaalkliere, ontlastings-gedrag, paring en ouersorg, stem egter meer ooreen met dié van die feliforme groepe.

A

Deur: Dr Kas Hamman

lhoewel fossiel opgrawings deur Paleontoloë toon dat daar ongeveer 70 spesies hiënas oor die afgelope ongeveer 22 miljoen jaar voorgekom het, is daar vandag slegs vier spesies wat oorleef het. Hulle is die gevlekte-hiëna (Crocuta crocuta), wat tot 90kg kan weeg, gevolg deur die bruin-hiëna of strandwolf (Parahyaena brunnea) en die gestreepte-hiëna (Hyaena hyaena) wat tot 55kg kan bereik, en die heelwat kleiner aardwolf (Proteles cristatus), wat slegs ongeveer 12kg weeg. Fossiel-rekords toon dat die gevlekte-hiëna voorheen wydverspreid in Europa en Asië voorgekom het, maar vandag is dit nog net die gestreepte-hiëna wat buite Afrika aangetref word. Hiënas word geklassifiseer as deel van die familie Hyaenidae wat vandag die vyfde kleinste karnivoor familie in die klas Mammalia (soogdiere) is. Ten spyte van aos die Filidae en die Viverridae insluit. Hiënas is filogeneties dus nader aan katte, siwette, muskeljaatkatte en muishonde. Daar is tans ses families, twaalf subfamilies, 56 genera en 114 spesies in die Feliformia suborde. Interessant egter is dat hiënas se morfologie en gedrag in verskeie opsigte meer ooreen met dié van honde as gevolg van konvergente evolusie (wanneer onverwante spesies dieselfde lyk en ekologiese nisse deel). Hiënas, soos honde is effektiewe terrestriële jagters wat prooi met hul goed-ontwikkelde tande

Gevlekte-hiëna/Crocuta crocuta met verspreidingskaart

Gestreepte-hiëna/Hyaena hyaena met verspreidingskaart

Bruin-hiëna of strandwolf /Parahyena brunnea met verspreidingskaart

Aardwolf /Proteles cristata met verspreidingskaart Wat is die oorsprong van Hiënas? Primitiewe voorsate van hiënas het 22 miljoen jaar gelede in die woude van die noordelike super-kontinent Eurasië ontstaan, toe die meerderheid van die vroeë feliforme spesies nog boom-lewend was. Hierdie hiëna-voorsate het waarskynlik baie soos die vandag se Afrika siwette gelyk. Een van die vroegste hiëna spesies, beskryf as Plioviverrops, was ‘n lenige, siwet-agtige dier wat Eurasië 20–22 miljoen jaar gelede bewoon het. Hierdie uitgestorwe dier word geïdentifiseer as ‘n hiënied op grond van die struktuur van die middeloor


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Bontebok Desember 2021 by Die Bontebok - Issuu