Die Bontebok Desember 2021

Page 24

24

DIE BONTEBOK

AFHORING SE JAG IN NAMIBIË

E

k trek met my wysvinger dwars oor my voorkop en sweepslag ‘n straaltjie sweet op die grond neer. Die son meen besigheid vandag. Ons Wetenskap onderwyser het op laerskool vir ons gewys hoe jy vuur met met ‘n vergrootglas, en vir solank dit ‘n gier was het ons pouses op die speelgronde kompetisie gehou om te sien wie kry dit eerste reg om ‘n blaar aan die brand te steek. Hier naby Dordabis in Namibië, te voet agter ‘n trop blouwildebeeste aan, was ek besig om soos een van daardie blare te voel, en wie ookal die vergrootglas vasgehou het was vasbeslote om ‘n vuurtjie bo my kraag in my nek te begin. My pa en swaer is saam met my in die veld. Hulle is op die bakkie

Deur: Schalk van der Merwe

met die hoop om die trop waarin ‘n klompie ouer bulle beweeg voor te keer. Die trop blouwildebeeste is nie ver voor my nie. Dis windstil. Plek-plek hang hulle reuk nog in die lug. In die hitte styg ‘n verdwaalde warrelwind tussen die swarthaak op en kom blaas ‘n kolom rooi sand my verby. Ek probeer my bes om my geweer te beskerm, maar stof het mos maar ‘n manier om in te kom waar dit wil. Onder ‘n krom ou kameeldoring haal ek my hoed af en maak my geweer teen ‘n lae dwarstak staan. Ek wil hom darem net gou bietjie versorg en seker maak dit wat moet skoon wees is skoon. My waterbottel swaai ek van my skouer af en vat

‘n sluk van die lou water binnein. Daardie warrelwind het my omtrent kom vra om te dans. Die ou .30-06 se slot kraak van die stof soos ek hom werk. Met my hemp se mou vee ek die ergste stof weg en blaas die plekkies waar die lap nie kan bykom nie uit. Met groot sorg herhaal ek die proses oor die West-Germany Schmidt und Bender teleskoop en al langs die grafeerwerk op die loop. Pa het die geweer vir my gegee, die ou Winchester model-70 pre ’64. Dit was op sy tyd sy liefling geweer. Hoeveel keer het ek nie al die storie gehoor hoe Pa destyds in die vroeë 80’s die geweer vir ‘n stuk geelhout stomp by die plaaslike geweersmit op Citrusdal geruil het nie. ‘n Stuk geelhout stomp!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Bontebok Desember 2021 by Die Bontebok - Issuu