10
DIE BONTEBOK
KAAPJAG VOORSITTER Elke einde van die jaar is tyd vir “Regroup” en “Recharge”
M
et die uurglas wat uitloop op 2021, spoel daar baie gedagtes deur ’n mens se gemoed – jy herleef en beleef weer die gebeure van die afgelope jaar, miskien moet ons praat van amper twee jaar. Die uitdagings wat gepaard gegaan het met die uitbreek van die pandemie het baie aanpassings gevra. Die grootste uitdaging binne Kaapjag was, om die vereniging so te bestuur dat sake “so normaal moontlik” kon verloop in tye wat daar buitengewone inperkinge op aktiwiteite en byeenkomste geplaas is – welliswaar het 2021 minder radikaal as 2020 op ons afgekom. Miskien te danke aan die feit dat die jagseisoen nie soos verlede jaar deur harde inperkinge gekortwiek is nie. Tog was daar steeds groot uitdagings, soos die Intertakskiet wat twee keer uitgestel moes word voordat Boesmanland tak ’n uiters suksesvolle intertakskiet op Saterdag 30 Oktober kon aanbied. Daaroor gaan ek nie veel sê nie omdat daar ander persone is wat breedvoerig daaroor berig. Ek wil graag ’n saak aanroer wat my baie
Andre Duvenhage naby die hart lê, en trouens na my mening is dit krities vir Kaapjag se toekoms om daarvan kennis te neem. In Julie 2020 het die uitgebreide bestuur met mekaar ooreengekom dat die wesentlike van Kaapjag daarin bestaan dat ons saamgestel is uit nege takke wat geografies die hele Wes- Kaap dek. In die beeld van ’n boom met sy verskillende takke, wat uit een stam groei, geanker deur die wortels, het ons ’n metafoor gevind om die eenheid binne Kaapjag te aksensueer en te versterk. Ons het ook met mekaar ooreengestem dat Kaapjag ’n verenging is wat ge-“brand” en bemark kan word omdat dit van die min jagter-verenigings is waar lede die bate is. Kaapjag is ’n vereniging wat op ’n niewinsgewende beginsel berus en die enigste betaalde amptenary is die uitvoerende - en die administratiewe beampte in die kantoor. By baie van die ander verenigings in die industrie, word die lede slegs as kommoditeite beskou wat bydraes maak ten einde die kostes van die produk te dek en ’n wins vir die eienaars te bring. Hierteenoor
kry gewone lede jaarliks met die algemene jaarvergadering (AJV), die geleentheid om insette te lewer en besluite te neem, wat die gang van die vereniging bepaal – iets wat nie gebeur in verenigings waar die lede bloot as kommoditeite gesien word nie. As bewys hiervan kan ons met trots kyk na die ontwikkeling van die nuwe Webtuiste, “Hunters Portal” en “RankingU” wat nou integraal deel raak van die program. ’n Program wat gerig is om aan lede beter dienslewering te bied asook dit makliker en goedkoper te maak om endossemente te verkry en bewys van aktiwiteite te kan druk wanneer daar vir vuurwapenlisensies aansoek gedoen word. En om alles te kroon, is die koste gedek uit die vereniging se reserwefondse en het dit die lede niks ekstra gekos nie. Trouens, ons is in gesprek met lede van CHASA konfederasie wat belang stel om “Hunters Portal” en “RankingU” by ons te koop - wat kan beteken dat ons hopelik die grootste deel, indien nie al ons koste, weer kan verhaal nie. Alles mooi poginge en projekte waarop ons baie trots kan wees! Om nog verder hier by te voeg die funksionering van die plaaslike takke waar lede gereeld aan georganiseerde skietbyeenkomste