DW Nuus - Aug 2022

Page 9

Augustus 2022

9

De Wildt Nuus

De Wildt Boerevereniging duifjag 11 Junie 2022 Die sonneblomme by Kobus Prins se lande is weens die goeie reën en nat lande eers laat geplant vanjaar en die jagters moes op kort kennisgewing laat weet word dat daar duiwe is. Die belangstelling en navrae wat van heinde en ver was, was egter oorweldigend; want die manne was lus vir ‘n lekker dag in die buitelug en enige verskoning om ‘n klompie lood die lug in te jaag. Toe Phil Louw en Jacques Fourie net na sonop by die lande opdaag, met Wannie Scribante kort op hul hakke, het daar alreeds ‘n paar voertuie gewag om in te gaan by die hek. Later die dag, het Janus kom hand by sit by die hek om die nodige administrasie en finansies te behartig. Deur die loop van die dag het Hester Louw, Gertjie en Lee-Ann ook onder die koeltebome ‘n draai kom maak, net om seker te maak alles is pluis en die oorverdowende geraas is nie afkomstig van onwelkome besoekers nie. 76 Jagters het deur die dag opgedaag om te skiet en almal het dit baie geniet. Daar was pa’s en seuns, (party seuns so klein dat hulle nie eers ‘n geweer behoorlik kon vashou nie), families, vriende en sommige jagters wat alleen opgedaag het, het nuwe vriende gemaak. Tussen die skiet deur is daar natuurlik ook lekker gekuier en ‘n vleisie oor die kole gebraai. So het die De Wildt Boerevereniginglede ook naby die hek weer stelling ingeneem om soos die gebruik al is, ‘n vuurtjie aan te pak en self ook iets vir die binnekant gaar te maak. ‘n Man kan mos nou nie op ‘n lee maag die taak van duifjag aanpak nie. Hou gerus die ore en oë oop vir die volgende geleentheid wanneer ons weer so maak. Dankie aan al die jagters wat elke jaar so getrou kom, sonder julle is hierdie lekker dag nie moontlik nie; Dankie aan De Wildt Boerevereniging se bestuur wat altyd kom help; en baie dankie Kobus Prins dat ons van jou lande (en duiwe) kon gebruik maak.

Dienste en herstelwerk van motors en bakkies Gawie Rossouw 079 196 5445 Hoewe 1, Patryshoek, Akasia ggmotors89@gmail.com Besigheidsure: Ma-Vry 07:00-17:00

ADVERTEER IN DE WILDT NUUS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
DW Nuus - Aug 2022 by De Wildt Nuus - Issuu