1 minute read

BBV, DWHM-gemeenskap

BBV, DWHM en gemeenskap

Direkteur Risikobestuur

Advertisement

Die gesegde wat lui “die storie versprei soos ‘n veldbrand” is bekend aan almal. Die wat nou al ou hande is met brande, voorbrande en blokbrande sal weet - mens speel nie met vuur nie. Dit is een van die aardselemente wat onvoorspelbaar kan wees. Die wind kan draai, die vuur kan te warm word...daar is soveel faktore wat in ag geneem moet word. Die BBV het inisiatief geneem en besluit om die padreserwes langs die R513 te brand om sodoende die gevaar van brande wat van daar af versprei te verminder. DWHM is gevra om deel te neem aan hierdie inisiatief en op Saterdag 9 Junie het die BBV gesamentlik met DWHM met hierdie groot projek langs die R513 begin om dit veiliger te maak vir alle inwoners tydens hierdie brandseisoen wat reeds in volle swang is. Gemeenskapslede wat bestaan het uit BBV-lede, DWHM-lede, werkers en inwoners wat heeltemal onafhanklik is, het ge- wapen met plakke, rugsakspuite en bakkie-sakkies opgedaag vir bystand. Daar is gelyktydig deur twee spanne vanaf die M17 en die R511 op die R513 gewerk en ‘n groot deel is voltooi. Daar was ook eienaars wat self van die geleentheid gebruik gemaak om hulle eie padreserwes te brand wat die taak verder aansienlik aangehelp het. Dit was verblydend om te sien hoe ‘n gemeenskap kan saamstaan ten spyte van menings verskille. Donderdag 13 Junie het die WOF-span voort gegaan met beheerde brande op die padreserwes om sodoende nog ‘n groot deel af te handel. Ons dank aan die BBV vir hierdie inisiatief. Laat goeie intensies en dade soos ‘n onbeheerde veldbrand versprei - sonder verwoesting...

This article is from: