2 minute read

VLU nuus

Next Article
DWBV nuus

DWBV nuus

Elma Human - Skakelbeampte

Hanna Scribante spreek ons toe

Advertisement

Hanna is ‘n bekende raakvat vrou in De Wildt! Sy was destyds die stigter van die De Wildt Nuus en is tans die redakteur daarvan. Sy vertel ons ook van die werksaamhede van die TLU en hulle betrokkenheid daarby. Hanna was boonop tot baie onlangs nog ‘n voltydse boer. Hanna is ‘n sprekende voorbeeld van ‘n moderne en dinamiese vrou! Op die foto is Elma Human, Petricia van Niekerk saam met Hanna Scribante.

Kleine Engele

Santie van Rensburg vertel aan ons dames hoe hulle kinders in nood bystaan. Basiese benodighede vir swanger mammas en dinge soos baba- en kinderklere en skoene word ingesamel. Met die unieke uitruilsisteem, wat hulle volg, bring ouers herbruikbare items terug en ruil dit vir ander benodigdhede. Op die foto hou Carlien Retief ‘n kleine engeltjie vas.

Meksikaanse fees

Almal is feestelik aangetrek volgens die tema. Ons skop die verrigtinge af met ‘n glasie tequila en bessiesap. Tequila word gemaak van die agave plant. Die plant is ook in ons land beskikbaar en as ons dit geweet het, het ons nie net pynappelbier in die grendeltyd gemaak nie! Ons eet heerlike maalvleis met rooibone, nacho’s, tortilla chips met avokado, brandrissie room en kaassous. Vir nagereg kry ons klein oliebolletjies en ‘n warm sjokolade- en rissiedrankie. Die ‘Hat Dance’, is die nasionale dans. Ons klap op maat op ons tafels en maak ‘n jolige lawaai… Wat ‘n heerlike internasionale oggend was dit nie!

Elma Human - Skakelbeampte

Moringa… die super groene

Ons proe, ruik en smeer Moringa-produkte aan… Hester Kinnear, van Moringa SA besoek ons tak en deel met ons die wonderlike genesende eienskappe van Moringa-produkte. Dit help vir Cholesterol, diabetes, inflammasie, infeksies en nog baie meer! Dis ook ‘n uitstekende voedselaanvulling en help vir allerhande velkondisies. Op die foto bedank Petrina van Niekerk vir Hester Kinnear van Moringa SA.

CARE CENTRE SORGSENTRUM

SANDSTONE

Between Hartbeespoort Dam + Brits on R511 * Algemene bejaardesorg * Alzheimers * Verpleegkundige gedurende kantoorure * 24h Versorging en toesig * Skoon, netjiese en veilige omgewing * Dag-tot-dag versorging ook beskikbaar

Besoek Sandstone Sorgsentrum op Facebook Kantoor - 082 395 1475 Matrone - 072 767 9500

This article is from: