DW Nuus - Aug 2022

Page 4

4

Augustus 2022

De Wildt Nuus REDAKSIELEDE Hanna Scribante - Voorsitter 083 417 4699 Suzette Pëtersen - Sekretaresse 081 780 0426 De Wildt Helpmekaar Maatskappy Adéle du Toit - 071 843 8185 Douw van Wyk - 079 424 7411 Elmien Botha - 082 899 7417 Suzette Pëterson - 081 780 0426 De Wildt Boerevereniging Hanna Scribante - 083 417 4699 Phil Louw - 082 335 5910 De Wildt VLU Elma Human - 082 500 4066 Addisionele lede Jan Lemmer - 083 256 8266 Rina Bester - 071 110 6907 Laerskool Vissershoek Lee-Ann Rossouw - 073 817 0323 Drukker: Brits Drukkery 012 252 1370/7148 Epos orders@britsprint.co.za

De Wildt Nuus Bankbesonderhede: ABSA spaarrekening 9235498972 Verwysing: DWN + advertensienaam . Epos betalingsbewys info@dwn.dwhm.co.za Advertensiegeld moet asb vooruitbetaal word, maw sodra die advertensie versoek of gewerf word. Dankie vir julle moeite. Kontakpersone vir advertensies en grafiese ontwerp: Suzette Pëterson - 081 780 0426 Advertensie-ontwerp: R100 Veranderings op bestaande advertensies: R50 ADVERTENSIES IS VOORUITBETAALBAAR Die artikels in die De Wildt Nuus is nie noodwendig die produk van die redaksie nie, maar van individue. Daarom vereenselwig die redaksie hom ook nie noodwendig met alle uitsprake/menings in die artikels nie.

REDAKSIEBRIEF Liewe Lesers Die winter is amper verby en eersdaags vier ons lente. Ons is dankbaar oor die goeie reënbui wat in Junie geval het. Dit het gemaak dat ná die goeie reënseisoen, met vog in die grond, die gras vining begin bot en groei, díe wat nie doodgeryp het nie. Al is die lente en somer op hande is die brandseisoen nog nie verby nie. Normaalweg kry ons eers na die middel van Oktober reën en selfs Oktober kan nog ‘n nagmerrie raak wat brande aan betref. Daarom doen ons weer ‘n beroep op die De Wildt gemeenskap – tref nog steeds voorsorg, sny die gras om julle huise en sny brandbane. Onthou daar is egter nou ‘n verbod op die maak van voorbrande en enige ander oop vure, selfs die brand van asgate. Dankie aan die BBV en die WOF span, asook van die inwoners en van hulle werkers vir die maak van voorbrande langs die R513, dit word waardeer en raakgesien. Rina Bester skryf elke maand iets oor die besighede in ons omgewing. Indien u graag iets oor u besigheid wil plaas,

kontak haar gerus. Linda Bester het in haar artikel oor begraafplase in die De Wildt-omgewing gevra dat grondeienaars, waar ou grafte is, haar kontak sodat die grafte besoek en gedokumenteer kan word. Die Slag van Silkaatsnek het op 11 Julie 1900 plaasgevind, dus verlede maand 122 jaar gelede en grafte van burgers wat tydens die slag gesneuwel het is by die Roos-begraafplaas en nog ander op die plaas van Wannie Scribante. Ons vra asseblief steeds vir interessante nuus, briewe, artikels, advertensies ens. sodat ons gemeenskap betrokke kan raak en om mekaar beter te leer ken. Die volgende De Wildtnuus verskyn in Oktober 2022 en die keerdatum vir artikels en advertensies is 16 September. So begin asseblief solank skryf. Hiermee ook dan baie dankie aan al die gereelde skrywers, nuwe skrywers, redaksielede en adverteerders vir nog ‘n uitgawe. Ek hoop u as leser geniet ook hierdie uitgawe. Gedrukte kopieë van De Wildt Nuus is by die DWHM-kantoor beskikbaar. Groete tot volgende keer. Hanna Scribante namens die Redaksie


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
DW Nuus - Aug 2022 by De Wildt Nuus - Issuu