Die Bontebok Augustus 2021

Page 50

50

DIE BONTEBOK

Weskusjag-Tak

PD Liebenberg (Oom Flip) voor, lê aan na die teiken tydens ‘n skietdag

Adri Basson - Voorsitter NUUSBRIEF WESKUSJAG

O

ns meeste skietdae het weereens hierdie jaar in die slag gebly weens weersomstandighede of die inperkingsmaatreëls. Van ons lede was gelukkig om gedurende die jagseisoen wel die kans te kon benut om wild vir die pot te kon gaan skiet wat ongelukkig nie verlede jaar moontlik was met die Covid pandemie nie, dus was die ongelukkigheid nie te erg omdat geen kompetisies kon plaasvind nie.

Handwapen skietbaan reg vir lede wat wil oefen

Ons vertrou dat die res van die jaar beter sal wees en dat ons weer bymekaar kan kom vir ‘n paar skote. Ons handwapen baan is ook beskikbaar vir skuts met handwapens wat hul vaardighede wil opskerp en vertroud wil raak met hul wapens. Huldeblyk: Oom Flip Liebenberg Ons moes die hartseer nuus verneem dat ‘n geliefde lid van ons klub onlangs oorlede is. Oom Flip was ‘n gewilde skut by oud en jonk. Hy sal beslis gemis word deur ons. Rus in vrede Oom Flip. Weskus groete Marlene Basson (Vir Weskusjag)

Gelukkig het hierdie Gemsbok die voorsitter se dag gemaak en lank genoeg stil gestaan vir ‘n mooi bladskoot


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die Bontebok Augustus 2021 by Die Bontebok - Issuu