
7 minute read
KAAPJAG VOORSITTER
ALGEMENE JAARVERGADERING, INTERTAK GHONGSKIET & CHASA RANGLYS As lede van ’n vereniging soos Kaapjag, wat sy bestaansreg daarin grond dat hy die belange van sy lede beskerm en dien, is daar drie wesenlike gebeure vir die Kaapjaglede waarop hierdie artikel fokus die Algemene Jaarvergadering, die Intertak Ghongskiet en die CHASA Ranglys - in dieselfde volgorde. ALGEMENE JAARVERGADERING (AJV)
Die Grondwet van die Kaapse Jagters en Wildbewaringsvereniging word nie. Die kritiese sake is toe met behulp van die elektroniese media afgehandel, sodat Kaapjag bepaal onder die subhoofopskrif BESTUUR VAN DIE VERENIGING by 11.1 hoe die Uitvoerende Bestuur verkies en saamgestel word. In kort bepaal dit dat die persone wat die vereniging moet bestuur, jaarliks tydens ’n Algemene Jaarvergadering verkies word met ’n meerderheidstem van die aanwesiges op die vergadering. Die belangrikheid en die rol van hierdie verkiesing kan nie genoeg onderstreep word nie, omdat dit juis hierdie meganisme is wat verseker dat Kaapjag altyd ’n vereniging bly waar die lede kies wie hulle belange moet dien – daarom kan Kaapjag met trots daarop roem dat ons een van die min jagtersverenigings is wat ’n struktuur onderskryf waar die lede die gang van die vereniging bestuur. Die grootste gevaar vir ’n vereniging is wanneer sy lede nie die erns en belangrikheid van hierdie meganisme reg gebruik en sorg dat die regte persone in die onderskeie ampte verkies word nie. Die Uitgebreide Bestuur het ’n paar jaar gelede ’n besluit geneem om die AJV eerder ’n lede-naweek te maak. Die geleentheid word afwisselend aan die verskillende takke toegeken sodat almal ’n geleentheid kry om as gasheer op te tree. Met verlede jaar se uitbreek van die pandemie en die totale inperking, kon die AJV nie op die normale wyse gehou met sy werksaamhede kon voortgaan. Overberg-Tak het vanjaar uiteindelik hulle kans gekry om die AJV aan te bied en almal wat die geleentheid bygewoon het sal getuig dat die span die reëlings met groot kundigheid bestuur het om ’n spoggeleentheid by “The Dunes at Arniston”, aan te bied. Op Vrydag 23 April het die meeste lede wat vêr moes reis vir die geleentheid arriveer en by die konferensiesentrum of nabygeleë akkommodasie oorgebly. Nodeloos om te sê dat daar altyd ’n aantal ekstroverte is wat sulke geleenthede ten volle benut! Op Saterdag 24 April is die Ghongskiet, wat Guns & Bows geborg het, op die plaas Kleiheuwel, van André ChristieSmit, aangebied. Die moeite, koste en tyd wat ingesit is om hierdie Ghongskiet gereed te kry, was baie duidelik sigbaar. Die resultaat was ’n goedgeorganiseerde, aantreklike en uitdagend ghongbaan wat uit vier afdelings met elk vyf ghonge bestaan het. Met die aankoms by die terrein, voor die voltooiing van die skietbaan register, is alle voorgeskrewe COVID riglyne nagekom en daar was koffie en beskuit om die senuwees te lawe. Die hoof Baanoffisier het ’n volledige inligtingsessie gehou waarby hy veiligheidsmaatreëls en die vier
Advertisement
Andre Duvenhage
verskillende bane verduidelik het. Almal wat deelgeneem het kon dit ten volle geniet – nie dat alle ghonge altyd raakgeskiet is nie. Aan die einde van die dag is dit Gert Visser van WynlandTak wat met die louere weggestap het. Die ghongskiet was teen omen-by 13:00 afgehandel en almal kon terugbeweeg na “The Dunes” waar die Algemene Jaarvergadering om 14:30 begin het. By dié formele vergadering is die sakelys vir die geleentheid afgehandel en die nuwe Uitvoerende Bestuur verkies. (Die inleidende paragraaf onderstreep die belangrikheid van hierdie verkiesing). Na afhandeling van die sakelys word die vergadering verdaag en die lede kon hulleself gaan regkry vir die dinee wat om 18:30 begin het. Die dinee is baie meer as net ’n geleentheid waar almal lekker saam eet. Dit is ter gelykertyd ‘n geleentheid waarby toekennings aan die lede van Kaapjag wat uitsonderlike prestasies behaal het of uitstaande dienste gelewer het, vereer word met die nodige toekennings. As ek ’n persoonlike keuse moes maak van die twee uitstaande punte van die aand, sou dit eerstens die gasspreker, Jokl le Roux, se praatjie oor die migrasie van die koedoes in die Oos- en WesKaap wees en tweedens die erelidtoekenning wat aan Douw Willemse van Overberg-Tak oorhandig is vir sy jarelange diens as sekretaris van die plaaslike tak en die toewyding wat hy tot Kaapjag het. In geheel was
dit ’n wonderlike geleentheid wat jammerlik net deur sowat 4% van die lede bygewoon is.
INTERTAK GHONGSKIET
Die Intertakskiet, wat uit ’n CHASA Senterslag Baanskiet bestaan, is al lank deel van die aktiwiteite op die Kaapjag kalender. Die positiewe ervaring van lede wat al die jaarlikse intertakskiet bygewoon het is al ’n geruime tyd onder bespreking en daar is die behoefte geïdentifiseer om ’n tweede soortgelyke byeenkoms te reël. Die ghongskiet by vanjaar se AJV het Kaapjag Bestuur opnuut weer opgeval en nadat opsies oorweeg is, is daar besluit om die tweede soortgelyke geleentheid ’n Intertak Ghongskiet te maak. Kaapjag kan nie skietbyeenkomste reël of aanbied nie, omdat die infrastruktuur hiervoor by takke gesetel is. Takke kry dus geleentheid om die skietbyeenkomste te reël en aan te bied. Kaapjag Bestuur het dus hierdie saak op die Bestuursvergaderings bespreek en nadat die gasheer tak vir 2022 se AJV, Weskus-Tak, geraadpleeg is, het die wens gerealiseer. Dus, met die volgende jaar se AJV in April, sal daar ’n Intertak Ghongskiet gereël word om op dieselfde dag as die AJV plaas te vind. Die onderskeie takke sal dan, net soos met die Intertakskiet gesubsideer word om elkeen ten minste een span te stuur wat hulle by die geleentheid sal verteenwoordig. Dit beteken dus dat daar nou ’n tweede geleentheid aangebied word waar takke met mekaar kan kompeteer om ook ’n Kaapjag Intertak Ghongskiet kampioenspan aan te wys. Weereens sal hierdie kompetisie uitsluitlik vir Kaapjaglede toeganklik wees waar takke uit eie geledere hulle spanne saamstel. Die Intertak Ghongskiet sal dan meebring dat takke ook makliker verteenwoordiging by die AJV kan hê. Die ideaal is dat die AJV in die toekoms ’n geleentheid vir Kaapjaglede sal wees wat hulle nie graag sal wil misloop nie. Julle kan gerus maar diégene wat reeds ’n AJV bygewoon het vra om hulle ervaringe met julle te deel.
CHASA RANGLYS
Kaapjag het sowat 346 (9,6%) lede wat as Toegewyde Sportskuts by CHASA geregistreer is. Hierdie lede sal hopelik in die nabye toekoms, wanneer Kaapjag se registrasie vir Sportskiet afgehandel is, in eie reg by Kaapjag vir Sportskiet-status kan registreer. (Kaapjag se aansoek om akkreditasie lê al ’n geruime tyd – sedert November 2020 by die Sentrale Vuurwapenregister vir goedkeuring.) Dit is die lede wat in die verkillende dissiplines skiet belangstel en dit ook as ’n sport beoefen. Elke persoon wat skiet sal weet dat die toerusting (vuurwapens, teleskope, ens.) ’n formidabele finansiële uitleg is en selfs die ammunisie wat geskiet word, nie goedkoop is nie. Die kort en die lank hiervan is dat die lede wat dit doen, iewers ook erkennig wil kry vir die toewyding en deelname. Kaapjag het die afgelope jare nie die kapasiteit in die kantoor gehad om hierdie tellings op die CHASA ranglys te laai nie en RankingU wat hierdie funksie moes verrig kon tot nou toe nog nie die tellings op die CHASA Ranglys laai nie. Tans is die maatskappy, Tech Genius besig om aan hierdie program te werk sodat die tellings in die toekoms automaties na die CHASA Ranglys oorgedra kan word. CHASA het by Mei-maand se raadsvergadering toestemming gegee dat hierdie funksie bygevoeg kan word. Intussen is daar gewerk om slegs die top-presteerders van Kaapjaglede se tellings op die sisteem te kry sodat hulle in aanmerking kan kom vir toekennings wat by die Septembermaand se raadsvergadering gemaak word. Dit is egter belangrik om die reëls te verstaan hoe die tellings verwerk word om die ranglys te bepaal. • Eerstens. Die CHASA Ranglys neem die beste twee tellings in ’n spesifieke kategorie en kry dan die gemiddelde om die lid se telling vir die ranglys te bepaal. Dit sou bv. beteken dat wanneer ’n bepaalde skut in die CHASA baanskiet, Senterslag Ope slegs een telling van 580,6 (580 sy telling en die 0,6 sy aantal V-bulls wat hy geskiet het) sou deurstuur, hy ten spyte van sy goeie telling nie in aanmerking kan kom nie omdat hy slegs een telling deurgegee het. Dus is dit belangrik dat persone wat in aanmerking wil kom vir die CHASA ranglys moet sorg dat hulle ten minste twee tellings in ’n bepaalde kategorie het om deur te stuur vir die ranglys. Hierdie twee tellings in elke kategorie is krities belangrik vir diégene wat wel poog om hulle posisie op die CHASA ranglys te verbeter. • Tweedens. Die CHASA ranglys word bereken op tellings wat tussen 1 Augustus van ’n betrokke jaar tot 31 Julie van die daaropvolgende jaar gelaai is. Die SSK het twee spanne gekies om Kaapjag by Bloemfontein op 24 September – Vlakteskiet, en 25 September - Multigun Skiet te verteenwoordig, asook om aan ’n CHASA Interprovinsiale kampioenskap te Rustenburg op 22 & 23 Oktober te gaan deelneem. Baie sterkte vir julle deelname en weet dat ons in julle glo!
Dit bly vir my ’n voorreg om betrokke te wees in die bestuur van Kaapjag en ek wil graag lede nooi om kontak te maak indien daar enige punte van belang is wat julle graag onder ons aandag wil bring. Hopelik kon julle die agelope jagseisoen ’n geleentheid kry om te jag en in die proses ’n stukkie biltong te maak. Jagtersgroete Andre Duvenhage