4 minute read

KAAPJAG PRESIDENT

Next Article
WESKUSJAG-TAK

WESKUSJAG-TAK

Jag wat ’n geleentheid

Ek het al baie op my plaas gejag, maar nooit ’n groot geleentheid daarvan gemaak nie, tot vanjaar toe ’n goeie klomp vriende van my, my nooi om saam met hulle in die Oos-Kaap te gaan jag, sommer vir ’n week lank. Wat ’n voorreg en ondervinding was dit nie, sommer van die eerste dag af. Ons het die Maandag ons gewere ingeskiet sodat ons die volgende dag kon gaan Koedoes jag. Ek het my 200 jaar oue voorlaaier, met ’n pan (flint lock), saamgevat om te kyk of hy nog sy keel kan skoonmaak. Ons het hom ge-olie, kookwater deur die loop gegooi, die loop geborsel tot dit mooi skoon was. Gelukkig is my een vriend ’n swartkruit kenner en het al sy gereedskap byderhand gehad. Toe is dit tyd vir die eerste skoot, in groot afwagting, kruit is in die loop gegooi, lappie met bal ingesit en met die laaistok vasgestamp. Kruit is in die pan gegooi, die pan is toegemaak en die haan is gespan. Gaan dit werk of nie? Almal staan in afwagting, die selfone reg om foto’s te neem of om die dokter te bel. Ek weet nie. My vriend lê aan en trek die sneller. Dis net rook en ’n hengse knal wat daar uitgekom. Toe wil almal eers ’n kans hê om ’n skoot te skiet. Wat ’n voorreg was dit om met so ’n ou staatmaker te skiet. Die eerste dag het ons niks koedoes geskiet nie. Die aand het ons gebraai en lekker gekuier. Daar was baie goeie kokke in ons geselskap wat lekker kos kon maak. Die volgende dag het ons gaan blesbokke skiet. Ek was gelukkig om drie te kry. Die dag daarna

Advertisement

Johann Strauss

het ons weer vir koedoes gaan soek en een geskiet. Ons moes werk vir hom, want daar mag nog net bulle gejag word. Sal nooit weer ’n swaar loop veld toe vat nie. Hy dra darem te swaar. Die laaste dag moes daar toe vleis bewerk word en is daar toe gewerk hoor. Alles mooi in kratte en biltong klaar gesout. Net vir ophang as jy by die huis kom. Ek besef toe wat jag saam met goeie vriende vir ’n mens beteken en hoekom daar so baie planne gemaak word om ’n lekker jag te gaan. Dit is wel duur, maar vir die siel en jou geestestoestand beteken dit so baie dat dit alles die moeite werd is. Daar sal nog baie baklei word om die voorreg om te jag vir almal wat lief is vir die natuur so te hou. Ons as Kaapjag sal alles in ons vermoë doen om die aanslae af te weer, al is dit deur Chasa waar ons geaffilieer is. Al moet ons hof toe gaan. Ek weet ons lede sal ons ondersteun, want hulle koester dieselfde waardes en is lief vir hulle skietgoed en vir die voorreg om te jag. Jaggroete

“ANSCHÜTZ rifles are not just simple production firearms. They are individual masterpieces that are designed, assembled and tested with the utmost attention to detail.“ – Jochen Anschütz, President, 2020

Model 1782

Model 1712 Silhouette

Model 1761

Registered Firearms Dealer

SUPPLIERS OF BESPOKE PRODUCTS FOR HUNTING & SPORT SHOOTING www.capearms.co.za

Become part of the return of the ANSCHÜTZ center fire hunting rifle. Experience exceptional quality, accuracy and the pleasure of shooting the brand new ANSCHÜTZ Model 1782 rifles, in calibers .243, 6.5 Creedmoor, .308 Win, .30-06, 8x57 and 9,3x62. Guaranteed accuracy, adjustable single and 2-stage match trigger, and various barrel, stock and accessory options.

The ANSCHÜTZ target bolt action, which is also used in 1712 Silhouette .22 LR, dominates at national and international competitions, including the Olympic Games and World Championships in the small bore rifle disciplines.

The Model 1761 is the newest member of the ANSCHÜTZ family of .22 LR rimfire models. In their own words: “You pick it up, and at once you feel: This small-bore rifle is something else! The way you become one with the 1761 will trigger a smile: My rifle!”

Cape Arms is the agent for the exceptional range of ANSCHÜTZ products in South Africa.

Please visit our website for more information on prices, stock availability, ordering bespoke ANSCHÜTZ rifles, and contact details. Please feel free to contact us for more information. Head Office: 021 948 8308 (Cape Town) Store address (by appointment): 274B Brander Street, Silverton, Pretoria, email: jack7br@capearms.co.za Dealer enquiries welcome.

This article is from: