
2 minute read
KAAPJAG BAAKENSRUG JAG 2021
KAAPJAG SE BAAKENSRUG JAG 2021
Ons was weereens bevoorreg om die naweek van 9 Julie die tweede Kaapjag Springbok voorsitjag by Baakensrug te kon meemaak. Roland, Lizelle & hul span het soos gewoonlik uit hul pad gegaan om almal welkom en tuis te laat voel. Die nuwe lodge wat staan gemaak is in die plek van die een wat verlede jaar in die brand verwoes is, is ongelooflik mooi met elke kamer wat sy eie ensuite badkamer het. Onwillekeurig het jou gedagtes gedwaal na hoe die lodge voorheen gelyk het… Ons was altesaam 12 Kaapjag lede wat in totaal 53 Springbokke geskiet het. Twee nuwe lede is ook verwelkom, naamlik Francois Viljoen & Linnihan Hanekom. Alhoewel Francois al voorheen ‘n bok geskiet het, was dit Linnihan se eerste bok en het Roland die “inlywing” op ‘n baie spesiale en “keurige” manier hanteer. Ons het soggens met die uitgaan veld toe goed kennis gemaak met ware Karoo-koue, waarna die dag in die veld mooi uitgedraai het. Lizelle se warm sop en vars vetkoeke met die terugkeer was soos manna uit die hemel. Met die saamkuier om die vuur was die koue van die veld gou vergete soos die bloed in die are weer stukstuk warm geword en ontdooi het. Hierdie kuiers bly maar een van die lekkerste, want dis hier waar almal se stories van die dag aangehoor word en heerlike vriendskappe gesmee word. Baie dankie aan Kaapjag vir die organisering van hierdie jaggeleenthede aan ons as lede en nuwe lede. Die pad na die Karoo
Advertisement




Gewere word ingeskiet voor daar veld toe gegaan word, net om seker te maak Lekker leerbanke in die goed toegeruste Bakensrug Lodge



Daniel Viljoen - Die Kaapjag mentor vir die jagnaweek Linnihan Hanekom nuwe Kaapjag lid Pierre Viljoen



Die manne gesels lekker en ruil stories uit Francois Viljoen nuwe Kaapjag lid Francois Viljoen & Linnehan Hanekom

